Nando’s, die kitskosrestaurant wat bekend is vir hul skerp en soms omstrede advertensieveldtogte, het Vrydag ontken dat hulle Oscar Pistorius se moordverhoor as ʼn advertensieveldtog gebruik.
“Dit het onder ons aandag gekom dat ʼn advertensie wat na bewering deur Nando’s geskep is, die rondte op sosiale media doen,” het die restaurant in ʼn verklaring gesê.
“Die advertensie lyk baie soos Nando’s se advertensies, en gebruik selfs Nando’s se korporatiewe identiteit.”
Nando’s het gesê die advertensie het die potensiaal om skade aan Nando’s se reputasie te doen. “Ons keur glad nie die ongemagtigde en onverantwoordelike advertensie goed nie, en ook nie die gebruik van ons handelsmerk nie.”
Die advertensies wat die rondte doen, handel oor dr. Michelle Burger, die eerste getuie wat Maandag in die Pretoriase hooggeregshof getuig het. Sy is vir twee dae onder intense kruisondervraging geplaas deur adv. Barry Roux, Pistorius se regverteenwoordiger. In die advertensie is ʼn foto van ʼn hamburger met die woorde: “The Michelle Burger, extra grilled”.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
7 Kommentare
Maak nie saak Nando’s …. maar dis n lekker hammie!!
Oasop, dalk is die michelle burger gedokter!!
Pasop, dalk is die michelle burger gedokter!!
Koop lankal nie meer by Nando’s nie, juis oor hul advertensies.