Oscar-saak: Nando’s verwerp Michelle Burger-“advertensie”

Die veelbesproke "advertensie"

Die veelbesproke “advertensie”

Nando’s, die kitskosrestaurant wat bekend is vir hul skerp en soms omstrede advertensieveldtogte, het Vrydag ontken dat hulle Oscar Pistorius se moordverhoor as ʼn advertensieveldtog gebruik.

“Dit het onder ons aandag gekom dat ʼn advertensie wat na bewering deur Nando’s geskep is, die rondte op sosiale media doen,” het die restaurant in ʼn verklaring gesê.

“Die advertensie lyk baie soos Nando’s se advertensies, en gebruik selfs Nando’s se korporatiewe identiteit.”

Nando’s het gesê die advertensie het die potensiaal om skade aan Nando’s se reputasie te doen. “Ons keur glad nie die ongemagtigde en onverantwoordelike advertensie goed nie, en ook nie die gebruik van ons handelsmerk nie.”

Die advertensies wat die rondte doen, handel oor dr. Michelle Burger, die eerste getuie wat Maandag in die Pretoriase hooggeregshof getuig het. Sy is vir twee dae onder intense kruisondervraging geplaas deur adv. Barry Roux, Pistorius se regverteenwoordiger. In die advertensie is ʼn foto van ʼn hamburger met die woorde: “The Michelle Burger, extra grilled”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Slim Daan ·

Stem. No big deal. Inteendeel…..ek dink ek sit sommer af Nando’s-toe. ( Vry reklame. Weet nie waaroor hul ” moan ” nie!? )

Slim Daan ·

Die bietjie peri-peri te veel vir ons fris anti-libtard seuntjie ? Steers = dons snorretjies. Nando’s flaming peri-peri vir hardebaarde.

MartinSc ·

Koop lankal nie meer by Nando’s nie, juis oor hul advertensies.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.