Oscar se appèl vandag aangehoor

Oscar Pistorius op 5 Maart 2014 in die hof Foto:  Mike Hutchings/Reuters/Pool (SAPA)

Oscar Pistorius op 5 Maart 2014 in die hof Foto: Mike Hutchings/Reuters/Pool (SAPA)

Die appèl teen voormalige Paralimpiese atleet Oscar Pistorius se skuldigbevinding aan strafbare manslag sal Dinsdag in die appèlhof in Bloemfontein aangehoor word.

Die staat versoek dat Pistorius skuldig bevind word op ʼn ernstiger aanklag van moord nadat hy sy meisie, Reeva Steenkamp, op Valentynsdag 2013 doodgeskiet het.

Pistorius is verlede maand vanuit die Kgosi Mampuru II-gevangenis in Pretoria vrygelaat en dien die res van sy vonnis onder korrektiewe toesig in sy oom se luukse herehuis in Waterkloof uit. Hy is tot vyf jaar tronkstraf gevonnis, maar het slegs een jaar daarvan uitgedien in ooreenstemming met Suid-Afrikaanse wetgewing.

Indien hy skuldig bevind word op ʼn aanklag van moord, sal hy ʼn minimum vonnis van 15 jaar tronkstraf opgelê word.

Staatsaanklaers sal poog om die appèlhof se regbank te oortuig dat Pistorius met opset deur die deur geskiet het toe hy vier skote afgevuur het wat Steenkamp doodgemaak het. In die hofdokumente wat reeds ingedien is, het Barry Roux, Pistorius se regsverteenwoordiger, gesê die appèl teen die oorspronklike hofuitspraak is onregverdig aangesien die saak prominent in die openbare oog was “wat die objektiwiteit en geloofwaardigheid van die getuies en verrigtinge kan besoedel”.

Roux het gesê Pistorius het reeds die gevangenis-gedeelte van sy vonnis uitgedien ná ’n “komplekse en uitgerekte verhoor waartydens die feite omvattend deurgegaan is”. Hy het ook gesê Pistorius se vermoë om vir nog ’n verhoor te betaal “bestaan nie”.

ʼn Paneel van vyf regters sal die appèl aanhoor, naamlik P Mpati, JA Mhlantla, JA Leach, JA Majiedt en AJA Baartman.

Joernaliste moes vooraf magtiging kry om die hofverrigtinge te dek. Daar sal ʼn beeldsending van die hofverrigtinge by die hof vir die media opgestel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Johann Marx ·

Hoekom laat almal dit klink asof Pistorius weer verhoor gaan word? Eintlik word die regter wat die vorige vonnis uitgespreek het hier verhoor…….want wat dit basies op neerkom is dat die mening bestaan dat daardie vonnis nie korrek was nie? Die regter moet dus hier verskyn, en haar uitspraak verdedig….nie Pistorius nie?

Dee ·

Sinvolle stelling wat jy maak want tensy daar nuwe feite is, kan dit tog nie ‘n eendaagse herverhoor wees nie. Soos jy sê, dit is die uitspraak wat ondersoek word.

Irene Myburgh ·

Hy was nie vry gelaat op parool in Augustus nie want dit was vrouemaand. Ek hoop hy kry vandag ook goeie behandeling want dit is mos die week vir gestremdes.

Nico ·

Ja hy moet verder gedtrem word in ‘n tronksel vir die volgende 100jaar

Joe ·

Ek stem saam met jou ….. Oscar verdien wat hom toekom …. hy IS beslis NIE bo die wet verhewe nie ….. Baie sterkte aan Gerrie Nel …… hoop jy IS & GAAN sukses vol wees …..
Volgens my is OP baie behep met homself , ” trigger happy ” & hy het ook ‘n hoe dink van homself …..

oscar aanhanger ·

Dankie Irene!!! Sterkte Oscar, ons staan by jou!!!!Barry Roux, ons maak staat op jou!!!

rooikop ·

Ozzie ek dink baie aan jou jy is in my hart en nog altyd. Barry ons glo jy sal als reg beveg vi Ozzie.

BUSFARK VAN PLETSEN ·

Sterkte Ozie ek hoop dis noudie laaste van alles

Anti-Haas ·

Pappa wag vir hom……..
Sterkte Gerrie Nel. Hou by die feite van die saak en gebeure daardie dag.
Die “redelike man” toets speel ook hier ‘n baie belangrike rol.

“Nie Moordenaar Aanhanger”

Muller ·

Wonder of julle ook so by hom sou gestaan het as hy een van julle geliefdes op so ‘n wrede wyse vermoor het? Sou julle ook so baklei het vir sy vryheid en aan sy kant geskaar het as hy ‘n dood normale man op straat was wat moord gepleeg het? Nee ek dink nie so nie, NIEMAND is bo die wet verhewe nie, nie eens Oscar nie. Mag die reg sy gang gaan . . .

Net mens soos ek en jy.. ·

Liewe muller….as n familie lid van jou n voetganger doodry PER ONGELUK… maak dit van hom moordenaar??? Nee…dit maak van hom iemand wat n vreeslike ongeluk gemaak het…. net soos Oscar n per ongeluk vir Reeva geskiet het… nie ek of jy mag oordeel nie …God sal dit doen wanneer dit sy tyd is……

Yvonne ·

Die een wat vol van homself en ‘trigger happy’ is is eintlik gerrie nel! Maar nou ja, dis juis wat van hom ‘n suksesvolle aanklaer maak, reg? Oscar is sy ticket na roem, die media se cash cow, die anc vroueliga se verskoning om relevant te wees en die algemene (woedende, gefrustreerde, geweldvoos) publiek se slaansak en regslui se geleentheid om vernuwing in die regstelsel te effekteer.

Yvonne ·

Vleis Visagie het sy geliefde dogter doodgeskiet omdat hy haar aangesien het as ‘n motordief. Dis maar een voorbeeld. Sou die wet nou anders toegepas word kan hy maar bly wees dat sy saak nie na vandag voorkom nie!

Riets ·

Ek stem Yvonne en Vleis Visagie het ook nie eers gaan seker maak of sy dogter in haar kamer is voor hy geskiet het nie en die “so called intruder” of dief was buite wat nie regtig n gevaar vir hom of sy gesin ingehou het nie….. wonder maar net!!

Tammy ·

Yvonne ek stem 100% saam met jou. Jy is beslis n nugter denker. Baie mooi!!!!!

Eddie ·

Ek wens dat alle moorde in ons land so baie aandag kry en die staat wil toesien dat moordenaars agter tralies bly. Net jammer ons bly in n land waar daar voorkeur gegee word aan roem en Celebrities. As al die moordenaars onder een kamp gesit word glo my dan sal die tronke vol wees. Hoekom word daar meer aandag gegee aan een se dood en die ander word maar gelos om weer te moor. Oscar verdien wat hom toekom. Hy het gemoor maak nie saak wat hy se wat gebeur het nie. Miskien moet hy ophou gil soos n girl en sy pak vat soos n man.

Hanna ·

As dit ‘n gewone lid van die publiek was sou daar moontlik ‘n berig in die Media gewees het en dan was dit oor en verby. Omdat Oscar ‘n bekende atleet was hou dit net aan en aan en ek glo dit is regtig onregverdig teenoor hom. Hy sal vir die res van sy lewe met sy gewete moet saamleef. Hoop die saak word nou vir eens en altyd afgesluit. Hy het sy vonnis uitgedien en hoop regtig Gerrie Nel slaag nie in sy doel nie. My eerlike opinie is dat Gerrie Nel sy naam bollie maak en dit gaan net oor HOM en nie oor Oscar nie.

Muller ·

So om 4 skote deur ‘n toe badkamer deur te vuur met ‘n ander persoon toe gesluit aan die ander kant is reg, sorry ek stem nie saam nie. Hy het geweet iemand is daar binne en willens en wetens ‘n lewe geneem. Nog nooit van ‘n inbreker gehoor wat hom toesluit in die badkamer nie. Misgis ek my of is inbrekers gewoonlik aggressief en aanvallend?? Reeva het gevrees vir haar lewe, so ja dit maak dit seker nou haar skuld ook?

Johann ·

Aan almal wat so teen Oscar te velde trek: wat sou julle reaksie gewees het as dit julle seun was? Dink goed en nugter daaroor na. Sterkte aan alle betrokkenes.

Henry ·

Ou Ossie gaan voort om die reg op lewe te geniet en om sy gedeelte van die aaklige verhaal te vertel.

Reeva het toe nie so ‘n geleentheid gekry nie.
Waarom? Pistoors het haar dood geskiet.

Volledigheids- en redelikheids-halwe moet jy veel eerder die volgende graag gestel het:

Wat sou julle reaksie gewees het as dit julle DOGTER was.

Henry ·

Om een of ander rede wat vir my onduidelik is wil Maroela nie my antwoord aan jou plaas nie, daarom probeer ek weer ‘n keer met ‘n poging wat eintlik presies dieslfde trant as joune volg – met ‘n klein wysigingen weglating .

Aan almal wat vir Oscar verontskuldig: Wat sou julle reaksie gewees het as dit julle DOGTER was? Dink goed en nugter daaroor na.

Bloues ·

As ek die tweets van die hof af bekyk, lyk dit my reg en geregtigheid gaan seevier. Die regte vrae kom nou na die oppervlak.

Johan as dit my seun was sou ek gehuil het, hom volkome ondersteun het, maar ek sou moes aanvaar dat hy sy straf moet kry. Dis die lewe hoe seer ook al

andre ·

Dit gaan my verstand te bowe dat daar nog soi baie grootmense is wat aan kersvader en die tandemuis glo. Want dis in my oe wat oscar se storie is. N fabel. Ek word naar net om sy naam te hoor of sy gevreet te sien. Mag hy kry wat hom toekom

Hannelie ·

Aai ek is eitnlik maar nuuskierig om te weet wat die uitslag gaan wees hoor!!
Ek kies nie kant nie, maar what will be will be!!

The game is not over untill the fat lady sings :):):)

Eugenep2410 ·

Jy skiet nie wat jy nie sien nie.
Hy en elke ander persoon wat daai fout gemaak het is skuldig aan nalatige moord. Oscar was oneerlik. FEIT. Oscar het iemand dood geskiet. FEIT. Oscar het nie n straf ontvang wat sy oortreding regverdig nie. FEIT.
Die wiel van geregtigheid draai stadig maar hy draai en die prys sal jy betaal.
We will never let you forget!!!

Lewies ·

Andre, ek stem heelhartig saam.
Ek glo hy gaan nog buk en sy pak slae kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.