Oscar se appèlaansoek ‘in belang van geregtigheid’

Oscar Pistorius Foto: Werner Beukes/SAPA

Oscar Pistorius Foto: Werner Beukes/SAPA

Dit is “in belang van geregtigheid” dat die konstitusionele hof Oscar Pistorius moet toelaat om teen sy skuldigbevinding aan moord te appelleer.

Andrew Fawcett, wat deel van Pistorius se regspan is, het Dinsdag gesê die appèlhof het “drie regsfoute” begaan in sy beslissing dat Pistorius skuldig is aan moord.

Pistorius is aanvanklik aan strafbare manslag skuldig bevind ná die skietdood van sy vriendin Reeva Steenkamp op Valentynsdag in 2013. Die staat het egter appèl aangeteken en versoek dat Pistorius aan moord skuldig bevind word. Pistorius is verlede maand aan moord skuldig bevind.

Die konstitusionele hof is Pistorius se laaste kans om tronkstraf vry te spring. Die direkteur van openbare vervolging het nou tien dae om aan te dui of die aansoek teengestaan gaan word en indien wel op watter gronde.

Fawcett voer in die hofdokumente aan dat die appèlhof sy “beperkte jurisdiksie oorskry het” en dat die hof “onregmatig en ongrondwetlik opgetree het” deur die bevinding van die hooggeregshof ter syde te stel.

Volgens Fawcett het die appèlhof slegs die eerste komponent van dolus eventualis (voorsienbaarheid en versoening) toegepas en het die hof versuim om die onlosmaaklike verhouding tussen die eerste komponent van dolus eventualis (voorsienbaarheid en versoening) met die tweede komponent van dolus eventualis (wederregtelikheidsbewussyn) in ag te neem. Fawcett het gesê die dolus eventualis-bevinding het nie in ag neem of Pistorius met die “nodige wederregtelikheidsbewussyn” opgetree het nie.

Fawcett het die staat ook daarvan beskuldig dat hy Pistorius se “gemoedstoestand wat in gedrang was” uitgebuit het deur hom onder meer vir sewe dae op ʼn “veglustige en aggressiewe wyse” bloot te stel aan kruisondervraging, deur vir hom ʼn foto van Steenkamp se lyk te wys en deur hom as ʼn leuenaar uit te kryt.

Die konstitusionele hof moet nog ʼn aanduiding gee of hy die appèl gaan aanhoor.

Klik hier vir alle vorige berigte oor die Oscar Pistorius-saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Marous ·

Strafbare manslag kan jy dalk nog mee aangaan …maar moord sit maar sleg op op ‘n CV….

Sonet ·

‘n Mens se eerste instink is om weg te hardloop of pad te gee, as jy iets verkeerds gedoen het. Het Oscar enigsins probeer pad gee van wat daardie aand gebeur het, nee! Ek glo aan sy onskuld en net die Here weet wat gebeur het…

Greg ·

Dankie Sonet, ek is stomgeslaan oor die kritiek wat Oscar al moes verduur van sy eie mense. Ek glo dat die tragedie niks anders as n simptoom is van die huidige misdaad in ons eens wonderlike land. Ek self het n wapen maar bid elke dag dat ek nooit nodig sal he om dit te gebruik nie. Maar baie maak asof hul daar was en alles gesien het, baie tragies dat ons mense mekaar so veroordeel!

At Greg ·

Ek kritiseer Oscar en die feit dat hy amper met moord weg gekom het. Maar ek is nie “van sy eie mense” nie.

annoniem ·

Regtig…. onskuldig aan wat???? Hy het geskiet met die doel om te dood…. hy het kamstig gewaarsku voor hy geskiet het en sy het nie n woord gepiep nie???? Regtig…. as iemand agter n toe deur skree en tekere gaan…. dan gaan ek regtig nie my bek hou nie…. asseblief… natuurlik het sy ook geskree…. hy was blatant arrogant en gedink hy sal wegkom daarmee net soos die vorige kere wat hy drooggemaak het en daarmee weggekom het

Martin ·

Die ding is mos nou al behoorlik deurgewerk. Hoe lank gaan hy nou nog aanhou soek na geregtigheid? Hoog tyd dat hy nou sy vonnis begin uitdien.

Sunette Nel ·

Vir jou informasie het hy al sy vonnis begin uit dien n jaar al……..maar GN en sy trawante wil hom vir goed weg bere. Dit gaan nie gebeur nie.

Kersie ·

Net so Martin! En hy gaan gebere word. Ek hoop vir meer as 15 jaar

Jorrie ·

Hi Greg ek het nie gewees dat jy daar was nie, hoekom het jy nie vir Oscar getuig nie. As Oscar ruggraat gehad het en eerlik was, was hy al uit op parool, volgens the getuies voor die hof, is my bevinding SKULD. Vat jou 15 jaar!!!!!

Liewe heksie ·

Dankie DAT daar ander mense is wat ok verstaan dankie

klatter ·

Jip Heksie, ek verstaan ook, dat daar meer is wat Oscar ons nie van vertel nie…

Piet Snot ·

Maroela, julle moet dié een regstel. Die eerste element van dolus eventualis is nie “versiendheid” nie, maar “voorsienbaarheid”.
Die eerste woord het waarskynlik iets te doen met die afstand wat jou oë kyk. Die tweede woord het te doen met die vraag of jy die gevolge van jou daad kon voorsien het (vandaar “voorsienbaarheid”).

Sune van Heerden ·

Dagsê Piet

Ons vra om verskoning vir die flater. Die berig is gewysig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Jaco ·

Daars een ding wat ALMAL buite rekening laat: Reeva het 2 dae voor die moord saam met ‘n ex-boyfriend na ‘n coffeeshop toe gegaan. Sy was ook so voorbarig en onsensitief om vir Oscar te sê daarvan. Met sy geweldige besitlikheid, jaloesie en woede-uitbarstings, is die kanse goed dat Oscar haar die nag van die moord oor hierdie openlike ontrouheid van haar gekonfronteer het en dat daar toe ‘n argument tussen hulle ontstaan het, waartydens Oscar totaal geoorreageer het en haar geskiet het. Sonder ooggetuies hou Oscar egter natuurlik hierdie storie stil…

Wysheid van Salomo ·

Jaco met jou wysheid van Salomo was jy die vlieg op Reeva se skouer! Jy weet so alles,pleks jy net lankal by Gerrie Nel aangesluit dan was alles mos lankal sonder al die onnodige kostes uitgesorteer! Dalk net dalk moet jy eers die regstelsel oplees, na al die dokumentasie kyk,

Doeffie ·

En …. Oscar het kort voor die moord porn gesurf… JIP, beslis is daar meer as net dolus eventualis hier ter sprake….

ploeffer ·

Jaco ek dink dis hoe ek dit ook verstaan. En, ek sal graag Hougaard se storie wil hoor….

Jaco ·

Regter Masipa het self tydens die verhoor erken dat sy nie Afrikaans verstaan nie. As sy nie eens Afrikaans wat ‘n maklikerb taal is nie verstaan nie, is dit net logies dat sy geen clue van Latyn het nie en dus dolus eventualis verkeerd geïnterpreteer het.

Sjoe ·

dit is baie sad en onnodig om die regter so af te kraak en ongegrond.

MM ·

Goeie vriende van my het ook iets in hul huis gehoor en eerste het die man eers seker gemaak waar sy vrou was en dit was ook in die middle van die nag gewees. Gelukkig het hul inbreker hom nie self in die badkamer toegesluit nie.

Dit was nie die eerste keer wat Oscar met die gereg bots nie, en elke keer was daar ‘n vuurwapen by betrokke.
Ek gaan nie in die middel van die nag badkamer toe, sluit dit en sit op my selfoon nie.
MAW hy het ook nie ‘n waarskuwings skoot geskiet nie, want na die 1ste skoot sou sy gegil het, maar die Oscar aanhangers wil dit mos nie hoor nie. Wag tot dit met een van julle gebeur dan praat ons weer.

En Reeva was nie onsensitief gewees nie sy was net eerlik met hom gewees en as jy saam mt iemand gaan koffie drink maak nie saak wie nie is dit nie te se jy is ontrou nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.