Oscar se paroolbesluit wéér uitgestel

oscar-pistorius

Oscar Pistorius op 21 Oktober 2014 in die Pretoriase hooggeregshof tydens vonnisverrigtinge Foto: Themba Hadebe/AP/Pool

Die besluit of Oscar Pistorius op korrektiewe toesig vrygelaat sal word, is Vrydag vir die soveelste keer uitgestel, hierdie keer om Reeva Steenkamp se familie kans te gee om insette te lewer.

Die paroolhersieningsraad het Vrydag die saak tot Donderdag uitgestel by ʼn verhoor wat deur Pistorius en sy regsverteenwoordiger bygewoon is. Die paroolraad konsulteer tans met Steenkamp se familie en hulle sal na verwagting vroeg in volgende week ʼn voorlegging indien oor die moontlikheid om Pistorius op korrektiewe toesig vry te laat.

Die paralimpiese atleet wag al sedert 21 Augustus om te hoor wanneer hy op korrektiewe toesig vrygelaat sal word, nadat die oorspronklike besluit op die nippertjie teruggetrek is. Pistorius dien tans ʼn vonnis van vyf jaar tronkstraf uit nadat hy sy meisie, Steenkamp, op Valentynsdag 2013 deur ʼn badkamerdeur doodgeskiet het.

Intussen sal die staat se appèl teen Pistorius se skuldigbevinding aan strafbare manslag op 3 November in die appèlhof in Bloemfontein aangehoor word. Die staat wil hê Pistorius moet op die ernstiger aanklag van moord skuldig bevind word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Francois ·

Nee wat hulle speel net kat en muis met hom. Mev Steenkamp is seker weer in die buiteland om ‘n “ounderhoud” te voer.

Justa ·

Kan iemand dalk lig werp of hierdie hele oor en weer uitstel volgens wet is? Die hele ding is n klug soos die res.

Manie ·

Jy is reg Justa. Die klug verander nou in ‘n Sirkus met die parool raad wat besluitloos is. Dit is seker weer kaders wat nie die pot wil roer en die regte besluit wil neem nie
SWAK !! SWAK !!

pop ·

Francois jys baie lelik. Mag die genadige Vader jou vergewe en jy nie so iets oorkom nie. Oscar het eintlik n vonnis om uit te dien, sover ek weet. Hy is nie iemand spesiaal om gunsies te wil verwag nie.

Francois ·

Ja Pop! En wat as hy regtig onskuldig is – wat gaan Pop dan sê?

Piet ·

Francois
Volgens eie erkenning het ou Ossie die skote deur die deur geskiet.
Op watter wyse kan hy onskuldig wees???

Gerald ·

Maar hy is skuldig Francois, so sy kan sê net wat sy wil. Hy verdien geen gunsies nie. Net sy straf om uit te dien. Dit is deur die hof beslis, daar is nie meer “wat as” nie, hy is skuldig en het ook so erken. Word wakker man.

Streicher ·

Wat maak dit saak waar Mev Steenkamp haar bevind!?!? Al staan sy 40 onderhoude oorsee toe is dit haar reg. Sy is tenminste die een wat die seerste gekry het in hierdie gemors. En as die parool raad besluit om nog drie maande voete te sleep, sien ek dit as net nog n deeltjie van die vonnis wat hy behoort uit te gedien het.

Erasmus ·

Een ding verstaan ek nie, hoekom moet daar vir hom enige spesiale versorging en voorwaardes wees – daar is n pragtige vrou dood omdat hy die sneller getrek het – n ma en pa sonder n dogter en sy familie wil hoeha’s maak oor hoelank hy in die trunk moet sit terwyl daardie ouers hul dogter nooit weer op hierdie aarde sal sien nie – sorry ek dink hy kan maar bietjie wag soos al die ander gevangenisse is die trunk – hy is glad nie beter as enige ander nie.

may ·

Hy het moord gepleeg. Hy is gevonnis vir 5 jaar. Laat hom sit vir 5 jaar. Wat van ander boere wat hulle gesinne wou beskerm weens regte inbrake. Hulle sit vir 18 jaar en meer. Oscar het niemand beskerm nie. Hy wou moord pleeg. Hy moes eintlik lewens lank gekry het.

Hettie ·

May, stem saam! Hy moet voel dat gevonnis is geen grap nie. Hy moet besef dat hy nie weer moet doen om weer dood te skiet nie! Sterkte Oscar

Jeanette Visser ·

Ek het een vraag om te vra vir May. Is dit werklik so dat boere in die tronk moet sit vir 18jaar of meer omdat hy “iemand” doodgeskiet het omdat hy sy familie wou beskerm? Ons bly op ‘n plot en my man gaan al kwart voor vyf uit die huis oppad werk toe. Nou gestel iemand wil of is besig om in te breek wat as ek hom doodskiet uit selfverdediging gaan ek ook tronk toe of net omdat ek ‘n vrou is dalk nie? Of hang alles af van wat die omstadighede was? Enige regsgeleerde dalk ‘n antwoord?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.