Oscar skuldig aan moord: Wat gebeur nou?

Oscar Pistorius. Argiefforo: Siphiwe Sibeko/Reuters/Pool

Oscar Pistorius. Argiefforo: Siphiwe Sibeko/Reuters/Pool

Die appèlhof se besluit dat Oscar Pistorius skuldig is aan moord, beteken nie noodwendig dat die voormalige Paralimpiese atleet nou ʼn minimum van 15 jaar tronkstraf gaan kry nie.

Só sê prof. Annette van der Merwe van die departement prosesreg aan die Universiteit van Pretoria. Volgens Van der Merwe is die minimum voorgeskrewe vonnis vir moord nie ʼn verpligte vonnis nie, maar bloot ʼn nuwe uitgangspunt waarvan die hof sal werk.

“Die hof moet bewys daar is wesenlike en dwingende omstandighede wat die hof regverdig om van die minimumvonnis van 15 jaar tronkstraf af te wyk. Die vonnis moet proporsioneel wees tot die misdaad. Indien die hof meen 15 jaar tronkstraf sal ʼn onregverdige vonnis wees in hierdie geval, kan hulle hiervan afwyk,” het sy gesê.

Die appèlhof in Bloemfontein het Donderdagoggend gelas dat Pistorius aan moord skuldig bevind moes word en nie strafbare manslag nie. Die saak is terugverwys na die hooggeregshof vir nuwe vonnisoplegging.

Volgens Van der Merwe kan Pistorius se regspan hulle tegnies gesproke na die konstitusionele hof wend om teen die appèlhof se uitspraak te appelleer deur ʼn grondwetlike kwessie in die saak te opper, maar dit is onwaarskynlik. Sy meen Pistorius is waarskynlik ook nie finansieel in staat om die konstitusionele hof te nader nie.

Sy verduidelik die vonnisopleggingsproses moet nou van voor af gedoen word, maar beklemtoon daar sal nie weer ʼn verhoor wees nie. “Die uitspraak is gelewer en daarom is dit slegs ʼn nuwe vonnis wat gefel sal word. Die proses behoort nie langer as ʼn week te neem nie.” Sy het gesê die vonnisoplegging sal weer voor regter Thokozile Masipa geskied, wat oorspronklik die saak hanteer het, aangesien sy die saak ken en ten volle ingelig is oor al die aspekte wat tydens die vonnisoplegging in ag geneem moet word.

Volgens Van der Merwe is daar verskeie aspekte wat in ag geneem sal word wanneer op Pistorius se vonnis besluit word. “Dit is nou bloot bespiegeling, maar ek vermoed Pistorius se regspan sal swaar steun op die psigiatriese verslag wat getoon het dat hy aan ʼn angsversteuring, byna ʼn paranoia, ly, wat hom minder toerekeningsvatbaar maak. Tesame met sy gevoel van kwesbaarheid weens sy gebrek, sal hulle waarskynlik argumenteer dat dit sy selfbeheer beïnvloed het en daarom moet hy ʼn verminderde vonnis kry.”

Is dit moontlik dat Pistorius geensins weer agter tralies sal wees nie? “Dit is tegnies moontlik, maar dit is onwaarskynlik,” antwoord Van der Merwe. “Dit is nie ʼn vonnis wat dikwels opgelê word met ʼn ernstige misdryf soos moord nie, maar daar is ʼn kans.”

Sy het ook gesê die appèlhof se verandering van die oorspronklike uitspraak is geensins ʼn vingerwysing na Masipa is of haar bevoegdheid nie. “Howe maak elke dag foute en uitsprake word gereeld verander. Die appèlhof het dit ook in sy uitspraak duidelik gestel dat Masipa haar uitstekend van haar taak gekwyt het gedurende die verhoor.”

Intussen sal Pistorius steeds sy oorspronklike vonnis onder korrektiewe toesig uitdien totdat die nuwe vonnisverrigtinge begin. Dit is nie duidelik wanneer dit sal plaasvind nie en die saak mag moontlik eers in 2016 voor die hof kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Elmarie ·

Ek wil weet, as daar ‘n inbraak is in jou huis en jy voel jou lewe word bedreig en jy skiet so ‘n persoon, word jy aangekla van moord omdat jy jouself probeer beskerm het?
Dit kan verreikende gevolge wees vir mense wat se lewens regtig bedreig word en jy mag jouself nie beskerm nie.

Donkiebeen ·

Ja Elmarie. Daar word outomaties i moord dosier geopen. Die aanklaer kyk na die feite en besluit of dit selfverdediging was of het jy perke oorsky.Sou die saak na die hof gaan sal die regter die finale besluit maak.

Spogsog ·

Indien daar ‘n skelm in jou huis is en jy is in gevaar moet jy probeer om weg te kom, soos in Oscar se geval kon hy by die balkon uit gaan en om hulp geroep het. Indien daar bewys kan word dat jy nie ‘n keuse gehad het nie en moes skiet sal jy vry kom.

Donkiebeen ·

10 jaar opgeskort vir 5 jaar.
Hy sal 2 en i half jaar uitdien van die oorblywende 5 jaar

Perdebek ·

Donkiebeen jy klink soos a regsgeleerde ek dink ook nie hy sal 15 jaar sit soos wat almal wil heee hy moet sit Ek dink hulle sal hom nog so bietjie straf ,maar ek like jou uit eenseting van die vonnis

Eddie ·

Hierdie ding gaan weer gemelk word tot einde van dae. Kom ek se julle hoe gaan sake verloop. Hy gaan onder korrektiewe toesig bly in sy ryk oom se huis en gaan nie n tronk sell sien nie. Want ai hy het n disability. Hy het niks makeer toe hy gaan jol en skote afgevuur het en medals gekry het toe hy nog kon hardloop nie. Nou vra ek julle wat nou. Nou is hy die arme pateed wat 24/7 sorg moet kry. Ek vir een het geen gevoel vir hom nie. As jy wil moord pleeg dan moet jy vat wat na jou kant toe kom.

Krummeltjie ·

Sorry Oscar…….Maar mense laat nou gebeur wat moet gebeur …… geregtigheid het geseevier!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Johann ·

Ek heg baie meer geloofwaardigheid aan Prof van der Merwe se siening oor die wending in die saak. Ek glo verder dat Regter Masipa nie veel van haar vorige uitspraak sal afwyk nie – dit is nou tov die vonnis. Sterkte weer eens aan Oscar en sy familie.

Liza ·

Ek hoop nie dit ontaard weer in ‘n media sirkus nie. Genoeg van die vorige een gehad. Sterkte aan Oscar en sy familie.

Marthie ·

Ek wonder hoe skree ANC women’s league om Oscar agter tralies te sien , maar is baie stil wanneer dit kom by plaasmoorde en ander moorde,?

Susan ·

Stem heeltemal saam. Hulle is ‘n klomp raas bekke.
Hoekom gaan hulle nie tekere wanneer die krimenele ‘n ander kleur is nie?????
Waarom net Oscar.

Donkiebeen ·

Die feit is ons mense is bang om hulle self te verdedig juis oor die verwarring wat heers. So 2 weke gelede is i man van Benoni,ek dink sy van was liebenberg vry gespreek nadat hy sy dogter se kerel en die se pa in sy huis dood geskiet het. Hulle het hom aangerand en hy het uit noodweer geskiet.
Tog is daar i moordsaak teen hom geopen en hy is in hegtenis geneem. Na 2 jaar van hel is hy vrygespreek.
In i ander geval word die man gehijack voor sy hek. Hy gooi sy kar sleutels op die grond. Toe die rower buk om hulle op te tel pluk die man sy eie pistool uit en skiet 10 skote deur die rower. Die hof beweer hy het sy perke van selfverdediging oorsky en hy kry 18 maande tronkstraf.
Die wet is baie onduidelik wat die term”selfverdediging ” betref. My vraag is moet die rower my eers skiet of steek voordat ek mag terug vuur? Dit lyk my so.

danie ·

Ek dink jy moet jou self die vraag vra, wat sou enige ander persoon in die omstandighede doen het. Die neem van n lewe moet altyd n laaste uitweg wees. almal het die reg tot lewe, ongelukkig die krimeneel ook. as hy een skoot gevuur het sou dit dalk n ander uitkoms gehad het. Dit is baie moeilik om na die gebeure dit te probeer uit redineer, en te verduidelik. Dit is meer soos dobbel, partykeer wen ons en partykeer verloor ons.

Louise Angel ·

Los die ou uit, sy lewe is in elk geval verby. Spandeer eerder geld om die ouens vas te keer wat plaasmoorde doen……

marianne ·

AMEN!!!!! Mag lieflike Reeva nou rus kry en mag Oscar nou weet HY IS NIE “above the Law” NIE. EK HOOP DIE OWERHEDE SLUIT JOU TOE EN VERLOOR JOU CELL DEUR SE SLEUTEL.

Yvette ·

Dit is net jammer Winnie Mandela het nooit tereg gestaan op Stompie se moord nie. Toegesmeer… ons regstelstel is in elk geval in sy glory in.

Opleiding is Baas ·

Donkiebeen het sekerlik ok nie in die klas opgelet nie. Vaardigheids opleiding vir Bevoegheid vir wapen eienaarskap spreek die regsbeginsels en vereistes in die toepassing van geweld in ‘n Noodweer situasie duidelik aan. Kry kundige opleiding en hou op om jouself te
verbeel dat jy nie kan optree nie.

Flippie ·

As iemand wat die hofsaak gevolg het was dit duidelik dat Leach bevooroordeeld was teen Oscar.

Wat hom verder belaglik maak is dat hy Masipa loof vir haar hantering van die Oscar-hofsaak, maar dan bevind hy dat sy kritiese regsfoute begaan het.

Hoe moet ons gerus wees met sulke mense as regrets? Dan praat ek nie eers van hoe dit op magistraatsvlak gaan nie.

Kan ons werklik staatmaak op onbevooroordeelde regspraak in hierdie land. Ek glo nie.

Koop ·

Siek siek siek!!!!!! Ons regstelsel waaroor ‘n bohaai maak oor Oscar!!!!! Liewe hemel hy is net soos ‘n mens soos ek en jy!!!!! Plaasmoorde????! Wat gebeur net nog moord!!!!!
Ons kan nie saam staan nie!!!! Dit is ons fout!!!!!

Thysh ·

Ek stem saam met Elmarie en Donkiebeen oor die uiters gevaarlike situasie wat hierdie uitspraak skep vir mense wat in hul huise aangeval word. Jy sal nou nie kan skiet alvorens daar op jou geskiet word nie – en as jy gelukkig is om die skietery te oorleef en jy skiet net een van die aanvallers dood, kan jy dalk in ‘n hof skuldig bevind word aan moord in terme van dolus eventualis – en die howe gaan nou hierdie beginsel baie strenger toepas.

Aan diegene wat steeds impliseer dat Oscar aan MOORD op Reeva skuldig bevind is: Julle lees verkeerd. Die Appelhof het nadruklik bevind dat dit nie so is nie. Die hof het net bevind dat hy “iemand” “vermoor” het in terme van die konsep van dolus eventualis.

En die appelhof en die minister kan niou maar verduidelik soos hulle wil: die appelhof HET bevind dat Masipa drooggemaak het!

mariaan ·

Ek hou van Realis se opinie. Sommer baie. Ou Oscar sal elke dag ñ ander weergawe vertel en dan sal die “naarheid” hom weer oorval wanneer hy in ñ hoek is.

Frans ·

Oscar jou dag het gekom jy het seker gedink jy blaf almal met jou gejank ma nie vir Gerri ni sterkte vorentoe vir jou

renette ·

Het iemand al gevra hoekom het Reeva Oscar kwaad gemaak. Niks word gese nie. Daar moet tog n rede wees.

wondermaarnet ·

Ek vra ook daardie vraag! en dan kan n mens net die volgende ook net se: Wys n kind se ouers en jy ken die kind ook! en ook dat opvoeding n rol speel in jou keuse van vriende

marnel ·

So wat jy se as iemand my kwaad maak mag ek hulle deur ‘n deur dood skiet. Dan sal ek al ‘n reeks moordenaar wees.

Sune van Heerden ·

Dagsê Paul

Kommentaar word verwyder wanneer die nie aan ons bepalings en voorwaardes vir lesersdeelname voldoen nie. Vergewis jouself gerus van die inligting (veral punt 5) om te voorkom dat jou kommentaar afgekeur word.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Willie ·

Plaasmoorde plaasmoorde flippen plaasmoorde….julle klink soos n bleddie plaat wat vasgehaak het…ek het baie simpatie met die plaasmoorde maar julle mense wat so bly kerm daaroor klink soos ‘n ou “seven single” plaat wat vasgehaak het!!! MOENIE ONE TRACK MINDED WEES NIE ASB!!!!!!

Annelie Wessels ·

Ek kan my oë nie glo nie! Willie, dink Jy regtig die verwysing na plaasmoorde word oordryf? In watter land lewe jy, my vriend? Jy is DUIDELIK nog nie deur hierdie kwessie geraak nie. Ja daar is ander tragedies ook, maar hoe kan Jy Sommer aanneem mense is ‘one track minded’? Wie sê vir jou dieselfde mense wat oor plaasmoorde kla is nie ook ewe ontsteld oor ander gebeure nie?

michelle ·

My ouma °̩s al 3 keer aangeval op haar plaas, sy °̩s 87 ȇȠ boer steeds, sy voorsien werk aan 8 plaaswerkers ȇȠ behandel hulle goed. Sy het die laaste aanval met n haar brede oorleef ȇȠ °̩s amper verkrag, nog niemand °̩s gevang nie. My skoonpa °̩s in sy kop op sy plaas geskiet toe hy van n begrafnis afkom, hyt oorleef na 3 maande in die intensief. Ȅk◦°˚° het 3 klein dogtertjies ȇȠ °̩s meestal alleen op die plaas, ȇȠ moet altyd waaksaam wees want jys afgesonder. ȇȠ skelm het die reg om op jou grond te kom, soek water, petrol, skaap om te koop.. Al verkoop jy nie skape nie.J̶̲̅ÿ mag nie net skiet nie, hulle kom altyd meer as 3 ȇȠ gewapen ȇȠ gereerd somer helder oordag. Daar word n helse storie van Oscar gemaak, los die man uit, hy moet met homself saamleef. Maar die mense ϖӐȾ verkrag ȇȠ gemartel word en mense wreed vermoor word, word nie eers gevang nie , die saak word die eers behoorlik ondersoek nie. Ȅk◦°˚° °̩s baie jammer vir oscar ȇȠ reva se familie. Mens se lewe kan in n oogwink verwoes word.

Hester ·

Soos gesê, dis maklik om klippe te gooi as Jy nie in daai persoon se skoene staan nie. Volgens die Woord mag ons nie oordeel nie. Daar is baie onregverdigheid in die regstelsel en onsekwentheid, soos ook sekere skeidsregters. Oscar, ek bid vir jou en jou familie. Mag reg en geregtigheid geskied..

Dee ·

Hester, is jý wat Hester is, besig om klippe te gooi na die apèlregter(s) wat Masipa se besluit verwerp, afgekeur en omgeswaai het? Onthou jy, dat jy nie klippe mag gooi nie!

sarie van heerden ·

Indien regter Masipa so ‘n groot fout gemaak het met Oscar se fonnisoplegging moet daar mos nou deur die owerhede aan die publiek bevestig word dat hul onbevoegde regters aanstel. (sover bekend is sy ‘n baie goeie regter).

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.