Oscar stil-stil Maandagaand vrygelaat

Oscar Pistorius Foto: Kim Ludbrook/EPA/Pool/Sapa

Oscar Pistorius Foto: Kim Ludbrook/EPA/Pool/Sapa

Oscar Pistorius het Maandagaand sy eerste aand by die huis deurgebring nadat hy ʼn dag vroeër as verwag onder korrektiewe toesig vrygelaat is.

Manelisi Wolela, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, het Dinsdag in die vroeë oggendure bevestig die Paralimpiese atleet is Maandagaand vrygelaat. “Die plaaslike bestuur van die Kgosi Mampuru II-gevangenis het Pistorius onder korrektiewe toesig vrygelaat. Die hantering van die plasing is ʼn operasionele aangeleentheid van die plaaslike bestuur en hoe hulle dit hanteer, is hul volste reg,” het hy gesê.

“Hulle hanteer die saak in die beste belange van al die partye betrokke, die slagoffers, die oortreder en die departement van korrektiewe dienste.”

ʼn Reuse groep joernaliste en fotograwe sou na verwagting Dinsdag buite die gevangenis saamgedrom het in afwagting op die atleet se vrylating.

Pistorius se vrylating volg ná ʼn uitgerekte paroolproses waartydens die oorspronklike besluit om hom vry te laat, aanvanklik teruggetrek is. Hy sou aanvanklik op 21 Augustus onder korrektiewe toesig vrygelaat word. Die besluit is egter op die laaste nippertjie teruggetrek, toe Michael Masutha, minister van korrektiewe dienste, die besluit na die paroolhersieningsraad terugverwys het.

Pistorius is skuldig bevind aan strafbare manslag en tot vyf jaar tronkstraf gevonnis nadat hy sy meisie, Reeva Steenkamp, in die vroeë oggendure van Valentynsdag 2013 doodgeskiet het. Hy was ʼn jaar lank agter tralies. Sy parool sal tot 2019 voortduur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

82 Kommentare

nicolette ·

HY VERDIEN NIE OM VRY TE WEES NIE HY HET n MOORD GEPLEEG EN MOET BOET DAARVOOR

Susan ·

HY VERDIEN OM VRY GELAAT TE WORD. WIE IS ONS, ENIGE EEN VAN ONS OM HOM TE OORDEEL?????

Karen ·

DANKIE SUSAN, EK STEM VOLKOME MET JOU SAAM! EK IS MOEG VIR DIEGENE WAT SO OORDEEL!!

Delia ·

Stem saam Karen en Susan….diegene soos Nicollette tokkel net op een snaar en raak nou vervelig.

Hettie ·

Stem saam! Hy het defentief vir sy meisie doodgeskiet! Hoe kan hy vrygelaat word! Ek is ook gestremde en kry nie hom jammer nie. Dis jammer dat hy vrygelaat is! Hy moet les geleer het om langer by tronk te bly en moet goed goed dink waarom het hy sy meisie doodgeskiet! Lyk hy voel niks daaroor ni!

Chantelle ·

Ek stem saam Hettie. Hoe sal ons voel as dit ons dogter was wat onskuldig dood geskiet is, maar almal dink net aan Oscar. Niemand kan Reeva terug bring nie, sy kan nie haar self verdedig nie. So nou moet almal wat in die tronk is met strafbare manslag vry gelaat word, wat geld vir die een geld vir n ander. Maar wag hy sal eendag voor die Here moet staan en vir Hom moet verduidelik, net hy sal weet wat sonder leuns. Sy dag sal kom glo my die Here slaap nie.

Marie ·

Mense wat oordeel is seker kinderloos. Hulle kinders kan dan nie eendag iets onbesonne aanvang sodat jy skoon radeloos word nie? Niemand KAN ooit se : o my kind is heilig nie!!!!!!

Suzy ·

PRESIES !!! Ek as Moeder stem saam met jou . Geen mens op hierdie aarde is perfek nie ons almal maak foute . Oscar is nie die enigste mens wat n moord gepleeg het nie , wat van al die ander moordenaars wat vry rondloop ? Nicolette steek asb jou hand in jou eie boesem en ondersoek jou self .

Susan ·

‘n laaste kommentaar van my kant af – Op die ou einde van die dag was dit Reeva se keuse om by Oscar oor te slaap of hulle baklei het of nie. Sy was ‘n volwasse vrou wat vir haarself gedink en besluit het. Baie sterkte Oscar!!!!!!

katereena ·

Take note dames. Moet tog net nie oorslaap Nie want dan kan boeta jou maar skiet. Susan lees jy ooit sie twak wat jy skryf of twinkle daai ogies so vir Ozzy dat jy logika verloor het

SkarrelKind ·

Susan – Wat ‘n dwase redenasie. Om by iemand oor te slaap het nie noodwendig ‘n gewelddadige dood tot gevolg nie, my liewe aarde. Dink voor jy kommentaar lewer. As jou dogter ‘n mini aantrek, verdien sy om verkrag te word? Want dis tog haar besluit om ‘n mini te dra. Sy is mos mooi groot. Moenie die man veroordeel wat haar verkrag nie – laat hom aangaan met sy lewe. Nie?? NIE.

Katereena ·

Jy onbesonne gek. Elke misdadiger in hierdie wereld is iemand set kind jy weet sekerlik dit ne?
Dis ‘n patetiese argument om dit te se.
Dis ironies dat julle s “moeders” kan opkom vir Oscar maar geen genade het vir die slagoffer of haar familie nie maar oops sy is seker immaculate conception nie iemand se kind nie. Kry beter argument om julle starstruck houdingtjies te regverdig

nig ·

Katereena jy is darem BAIE beledigend ne. Wat laat jou dink omdat ons vir Oscar “opkom” ons geen genade betoon aan die oorledene se familie! Jy moet mooi lees pop.

irene ·

Nie reg nie nou kan alle moordenaars maat uit kom hy het gemoor hoop hy kty sy dae buite ons land is in sy M met alles

Roepstem van Noorde ·

Stem saam jou Irene. Ek meen waarheen is ons land oppad as jy moordenaars uit die tronk laat na n paar maande en almal “is tog so bly” daaroor. Hy is n moordenaar hy moet sit!!

Johann ·

Marie ek wil net vir jou se dat n ou se kinders se ongeregtige dade nie geregverdig mag word nie hierdie man het wederegtelik en opsetlik iemand “ook een van God se skepinge gemoor” hy verdien die veragting wat hy om om sy eie nek gehang het. Sy vrylating is n tragedie vir ons land en sy mense.

Marie ·

Nie vir een oomblik het ek gese ons kinders se dade wat nie reg is NOU deur Oscar se vrylating geregverdig mag word nie. Eendag sal ons almal voor ons Skepper verantwoording doen. Hy leer ook vir ons : Met die maat waarmee julle oordeel sal julle geoordeel word.

Bloues ·

Marie, sal jy dieselfde sê as n plaasaanvaller en moordenaar hierdie tegemoetkomings kry?

E.K. ·

Bloues vergelyk appels met appels. Mens kan tog nie hierdie tragedie emt plaasmorode vergelyk nie , ai TOG! Nie een plaasmoordenaar wat ek van weethet ooit berou getoon oor hul dade nie (Oscar het,oor en oor). Julle wat so vinnig oordeel hier, kom ek vertel jul wat om met jul vingers te doen eerder as om te beledig en oordeel te vel, speel ‘n paar rekenaarspeletjies om jou vingertjies besig te hou; gebruik die vingertjies om ‘n EFT betaling (skenking) aan een of ander welsynsoragnisasie te doen, gebruik die vingertjies om vir iemand ‘n mooi e-pos te stuur – jy sal TONNE beter voel!

Genis ·

Was daar nie ‘n moordenaar langs Jesus gekruisig nie?
En hy het gevra: “Here, dink aan my…”
Mag ons Verlosser aan Oscar dink. Mag daar baie goeie dinge tot eer van ons Vader uit hierdie verskriklike tragedie voortspruit. Soos ‘n blom wat uit die modder groei. Dit is my gebed en my hoop vandag.

Eliza-beth ·

Genis – 1000% – dis wat Christenskap van ons vra. Dermiljonene mense is al deur dieselfde hartseer op verskillende maniere en as mens kan vergewe en aangaan is jou pad na aanvaarding al halfpad. Sterkte aan haar ouers mag hulle daardie pad loop. En die wat so oordeel – hoop hulle kan ook selfondersoek doen oor hul selfgeregtigde oordeel en iets anders kry om op te konsentreer.

Bloues ·

Die moordenaar saam met Jesus met sy kruisdood is vergewe deur Jesus. MAAR hy is nie daar en dan van die kruisdood en pyn ens vrygestel nie, nee hy moes eers die gevolge van sy daad uitsien en toe is hy Paradys toe. DInk hieroor.
Die sogenaamde Christene wat vergifnis verkondig lees blykbaar nie so lekker nie. Jip, vergewe MAAR dra die gevolge en ek dink nie dat Oscar die volle gevolge van sy onbesonne daad gedrae het nie

Rita ·

Hoekom se julle Oscar haters niks oor daar feitlik elke dag n boer of iemand vermoor word en die moordenaars gemors word feitlik nooit gevang nie!! Ons lewe in ons eie tronke uit vrees dat ons dalk volgende kan wees!! Los nou vir Oscar en sy familie in vrede want wat sou julle doen as jul gevoel het jul lewe word dalk bedreig!!

Eish! ·

Jammer om te se, maar almal wat hierdie moordenaar so ophemel, onthou net dat plaasmoordenaars het ook ouers, het ook familie en shame hulle het ook mos ‘n lewe.
Ek voel jy moet boet vir jou dade!

Sollie ·

Eish – niemand HEMEL Oscar op nie. Ons oordeel net nie en ons vergewe – iets wat jy dalk kan leer. Sterkte Oscar!

Roepstem van Noorde ·

Ek stem saam jou. Ek dink dis miskien te maklik om met moord weg te kom in ons land. Dus geen respek meer vir mekaar nie. Dis regtig jammer dat daar soveel ondersteuners is vir hom.

Rupert Ashford ·

Sonder om toe te tree tot die debat oor die meriete van sy vrylating, moet mens darem se dat dit die eerste keer in die paroolproses is waar die regering met deernis en common sense opgetree het – welgedaan.

Bloues ·

Rita, Hoekom verwys jy na moordenaars as moordenaars gemors? Oscr het ook iemand doodgemaak. Die verskil is, Oscar het eers die persoon laat veilig voel terwyl die plaasaanvallers “moordenaars gemors” geen band het met die slagoffers nie.

Stuart ·

Bloues – Reeva het meer as een kans gehad om weg te kom daardie aand. Om tot so laat te gebly het en NIE van haar kanse gebruik te gemaak het laat mens baie vrae vra. Bedaar nou maar, die oordeel kom jou nie toe nie. Sterkte vorentoe ou Oscar, daar is baie mense wat aan jou dink.

Bloues ·

Stuart, met permissie gesê jy dink nie oor wat jy tik nie. Hoekom sou Reeva wou wegkom? Waarvanaf sou sy wou vlug?Volgens Oscar en dit wat deur die hof aanvaar is, was sy rustig en was daar geen probleem nie? Waarom op dees aarde sou sy dan wou wegkom?
Ek dink dat hierdie geval, waar jy iemand veilig en geborge laat voel, en dan doodskiet baie baie erg.

SkarrelKind ·

Stuart – wat beteken dit? Sy kon wegkom? Of sy kon of nie man, mens kan nie net iemand se lewe neem nie. Jy dink nie voor jy kommentaar lewer nie. Dis dus OK vir ‘n hond om jou vrou in die straat aan te val – sy kon mos vinniger gehardloop het dan was die aanval nie so erg nie. Dis hoekom mense so baie vrae – sy het te stadig gehardloop. Nee swaer, nee.

Weskaper ·

Ek se weer, ‘n saak het 2 kante. Reeva is seker ook nie so onskuldig as wat voorgegee word nie. Hoekom het sy as ‘n ongetroude meisie by Oscar gaan slaap, om handjies vas te hou.
Los nou vir Oscar uit sodat hy sy lewe kan optel en voortgaan. Hy het betaal vir skuld.
Gerrie Nel het seker nie kinders nie. Indien ja moet hy elke aand bid dat so iets nie met sy kinders gebeur nie. Die staat teken ook te maklik appel aan, op STAATS koste natuurlik. Indien Gerrie se aansoek misluk moet hy persoonlik vir alle koste aanspreeklik gehou word, dan sal die staat nie vir elke geleentheid appel aanteken nie.

Susan ·

WESKAPER!!!!! Jy is in die kol!!!! Yippee.
Los nou vir Oscar uit.

Streicher ·

Susan. Kom ons probeer weer. En as jy voel jy wil weer die rapporteer knoppie druk omrede jy nie hou van wat jy hoor nie, doen gerus. Ek sal jou hier op Maroela kom opsoek nadat hy deur die apelhof die vonnis opgele is wat hy verdien. Praat weer vorentoe.

sannie groenewald ·

Ek kon dit nie beter gestel het nie. Kan net se AMEN

sannie groenewald ·

Ek kon dit nie beter gestel het nie. Kan net se AMEN

SkarrelKind ·

Weskaper, omdat Reeva op ‘n wyse oorgebly het vir redes wat jou nie aanstaan nie, regverdig nie haar dood nie. Appél is goed. Ek hoop hy kry ten minste 18 jaar.

Streicher ·

Weskaper. Indien die staat meer advokate van Gerrie Nel se formaat gehad het, sou baie meer rondlopende moordenaars baie langer vonnisse uit gedien het. In elk geval kos al hierdie buitelandse sluipers, jou, my en die staat miljoene. Snaaks dat die kostes van net een saak jou so onstel, selektief sou ek se.

Zhara ·

Oscar mag genesing werklik nou begin, laat die een wat die eerste oordeel gooi geen verkeerde tree getree het in sy of haar lewe nie.

Harry ·

Stop die lorrie. Oscar het Reeva geskiet maar die feite voor die hof het hom nie ‘n moordenaar gemaak nie. Hy is skuldig bevind aan Strafbare Manslag en nie Moord nie. Hy het die straf uitgedien soos deur die wet vereis en parool verkry soos deur die wet vereis. Die appèl wat voor die hof gaan dien, sal bepaal of sy skuldig bevinding en straf regverdig was. Hy is nie onskuldig nie maar het met die parool binne die perke van die wet beweeg. Die mense wat kwaad vir hom is moet eintlik kwaat wees vir die regsproses. O ja ek is nie ‘n Oscar “fan” nie maar dink nugter genoeg oor die saak. Hy het gebruik wat tot sy beskikking was en dit het gewerk vir hom!

Vic ·

Manslag – so nie iemand vermoor nie? Of net n teoretiese verskil? Probleem is, Reeva is dood. En sy het nie haarself doodgemaak nie. En die hekwag het haar ook nie doodgemaak nie.

Maar daar was nie genoeg bewyse om hom aan moord skuldig te bevind nie – nie dieselfde konsep as ” hy is nie n moordenaar nie” ne.

Harry ·

Vic. Ek het die regsoogpunt verduidelik. Kom ons probeer gou weer sonder om die hele wet hier te bespreek.
Strafbare Manslag: ‘n persoon word gedood ……..maar nie met opset nie.
Moord: ‘n persoon word gedood ……. met opset. (Strafreg deur Snyman)
So om jou te antwoord nee hy is nie ‘n moordenaar volgens wet nie en Reeva is nie vermoor volgens wet nie.
Ek het geensins gese dat wat gebeur is reg is nie, maar net probeer oordra dat die wet (wat ek nie geskryf het nie) en ons algemene spraak nie die selfde betekenis het nie, en dat die wet dit wat gebeur het, anders sien as wat leke en selfs “deskundiges” dit sien.

Vic ·

Harry – en ek verduidelik die werklikheid, nie die wet nie. Want die wet is n teoretiese konsep, wat in baie gevalle bitter min met feite of werklikheid ooreenstem.
Maar per toeval stem ek saam met regter Masipa – nie dat hy onskuldig is nie, slegs dat daar heel moontlik nie genoeg bewyse is dat hy doelbewus of met voorbedagte rade opgetree het nie, omdat ons nie kan mind read nie, en nie mag raai nie.

kallie ·

Ek ht oscar se saak van di begin af gekyk en almal ht gese hy ht geweet dis reeva agter daai deur,maar na di hele hofsaak kan mens ni wonder was hy maar net regtig vreesbevange ni,ja hy moes ni net geskiet het ni maar in vandag se vreesbevange lewenstyl in ons land kan mens ni anders as om so op te tree ni ek voel baie jammer vir reeva se ouers maar as n ouer self sal ek ook my hande af baklei ht en my laaste sente uitgegee ht om my kind uit di tronk uit te hou.En wie is ons om te oordeel dit gaan eendag n saak tussen God en oscar wees.

oscar aanhanger ·

JIPPPEEEEE!!!!!!!!!!! 1ste nag by die huis en jou wonderlike familie!!!!! Nou gaan almal seker weer iets te sê hê oor die feit dat jy ‘n paar uur vroeer vry gelaat is, maar hulle sê NIKS van dat jy al 2 maande terug moes uit gewees het nie!!!!! Is SSSOOO bly vir jou part!!! Geniet elke oomblik tuis, NET ons LIEWE VADER kan en MAG OORDEEL!!!!!!

Henk ·

So lees ek deur die berig en die kommentaar wat daarop volg. En noodgedwonge kom ‘n paar vrae by my op. Wie was daar die aand van die voorval? Wie kan met 100% sekerheid se dat Oscar se weergawe nie die waarheid is nie?
Aan die wat so mildelik oordeel en verwys na God wil ek ook die volgende se, dieselfde God waarna julle verwys waarsku ons deur die Bybel oor ‘n paar aangeleenthede. Eerstens dat daar nie iets soos ‘n groot en klein sonde is nie. Sonde is voor God een. Of jy lieg, steel, moor, begeer of wat ookal, in God se oe is dit presies een en dieselfde ding en dit is sonde. God se ook dat hy skynheiligheid voor Sy oe nie verdra nie. En God se ook dat ons hier op aarde geen reg het om te oordeel nie. Dat oordeel Hom en Hom alleen toekom, want hy is God en dat die oordeel wat ons oor ander spreek ‘n oordeel is wat ons oor onsself spreek.
Dus, los nou vir Oscar uit en grou daai boomstomp uit jou eie oog voor jy na die splinter in Oscar se oog soek.

BM ·

Moenie vergeet Gerrie Nel was die een wat ‘n ooreenkoms aangegaan het met Shabir Sheik en die ander jafels – en is dit nou nie Shabir wat gereeld gholf speel en so nie? Nou gaan almal seker vra wat het dit met Oscar te doen? Go figure. Los vir Oscar uit – oordeel soos wat julle sou wou geoordeel word. Ek stem so saam met Harry en Weskaper.

Letitia ·

Genade! Wens die mense kan so tekere gaan oor die arme onskuldige kindertjies wat eers verkrag, gemartel en dan vermoor word! Die oortreder wat die groot vrees in hul oë kan sien, maar voortgaan en nie ‘n duit omgee of voel nie. Dit is in my oë by vêre VEEL erger as hierdie aangeleentheid en wat BAIE meer aandag moet geniet as hierdie saak! Want niemand was daai aand by om te kan oordeel wie wat gedoen het of wie die situasie laat vlam vat het nie. ‘n Kind kan NOOIT ‘n situasie waarin hy/sy hulself bevind laat vlam vat voorkom of sien kom nie.

Greg ·

Oscar ek is bly vir jou! Nie almal verdoem jou nie! Sterkte vorentoe!

ELSA ·

LOS NOU VIR OSCAR……. HY MOET ELKE DAG MET DIE WETE LOOP REEVA IS DOOD EN DIT DEUR SY TOEDOEN,DIT IS OPSIG SELF ERGE STRAF/GEWETE,STERKTE VORENTOE VIR REEVA SE OUERS EN OSCAR EN FAMILIE.

maggie ·

Oscar, baie geluk met jou vrylating. Tel op jou kop en gaan aan met jou lewe. Ek is bly vir jou part.

DEE ·

Ek wens Oscar niks sleg toe nie, maar enige iemand wat die hofsaak gevolg het, sou met n stok kon aanvoel hoe blatant hy in die hof gelieg het. Hy het gehuil en naargeword ja, maar om dit nou as berou te sien oor sy daad is naief. Hy was net jammer omdat hy homself soveel skade aangedoen het. As hy regtig berou gehad het sou hy die waarheid vertel het. Hy was baie gelukkig om n regter te kon he wat nie die die volle betekenis van die wet reg toegepas het nie. Dit is hoekom Gerrie Nel appel aangeteken het. Dit was n bespotting van die SA regstelsel.

Genis ·

Dit help nie julle sê “1000%” en “goed gesê Genis” nie. Niemand weet wat ek gesê het nie. My kommentaar is uitgevee deur Maroela. Al was daar niks lelik of aanstootliks daarin nie.

Sune van Heerden ·

Dagsê Genis

Ons het die kommentaar teruggeplaas. Dit is nie Maroela wat dit verwyder het nie, maar wanneer ‘n paar lesers die rapporteer-knoppie op ‘n kommentaar druk, dan word dit in die mandjie gegooi waar ons dit weer per hand moet goedkeur. Ons het jou kommentaar dus aanvanklik goedgekeur, dis deur ander lesers afgekeur.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

FJD ·

en noudat almal gal gebraak het vuur gespoeg het mekaar beledig het is die vraag voel julle better het julle bankbalanse opgegaan – die antwoord NEE want julle hou julself besig met dinge wat nie verander kan word nie – ek wil voorstel raak betrokke by julle gemeenskappe help die mense om julle – regtig kry n lewe en lewer kommentaar oor dinge wat julle nou kan verander en Pappas en mammas bid dat julle bloedjies heilig bly en die wat nog nie kinders het nie bid DAT julle heilige bloedjies kry!!

Streicher ·

Kan die man dan nie ook maar stil-stil verdwyn nie? Ek dink die meeste mense het teen die tyd genoeg van hom gehad. Ek sien al volgende week se Huisgenoot opskrifte.

SI ·

Sjoe!! Almal wat hierbo so oordeel …. die oordeel kom julle nie toe nie. Pasop! Ek het soveel kere in my lewe ‘n eier te lê gehad op ander mense se misdrywe van hoe ek dit sou hanteer, tot ek in dieselfde situasie beland het, en glo my, dit verskil hemelsbreed van jou aanvanklike opinie. Nie een van ons weet wat daardie aand gebeur het nie, en wat maak dit ook saak. Ek voel jammer vir Reeva se ouers, verskriklik jammer! Ook daar kan jy jou nie die intense hartseer en woede indink totdat jy self in so situasie beland nie. Bid liewer vir albei partye en vra die Here om jou hart te bewaar teen die veroordeling.

Tanya Meissenheimer ·

Hierdie storie is nou al so holrug gery. Niemand van ons weet of dit nou werklik moord was of nie. Diegene wat beweer dat wanneer jy iemand doodskiet, dan is dit moord, praat loutere twak. Dit beteken dat elke boer wat ‘n plaasaanvaller doodskiet en waaroor hulle dan in hulle kommentaar juig, is ook ‘n moordenaar. Ek is 11 jaar gelede aangeval en verkrag deur ‘n man wat in my woonstel ingekom het. As ek daardie nag ‘n vuurwapen gehad het sou ek hom ook vrekgeskiet het. En wat dan? Was ek dan ook vandag ‘n moordenaar! As jy wil gal braak, doen dit dan liewer vandag oor die klomp studente wat soos barbare aangaan. Baie van ons het nog kinders wat eendag wil gaan swot en teen hierdie tempo sal jy nie meer jou kind na ‘n universiteit toe kan stuur nie en dis ‘n groot bron van kommer. Los nou maar vir Oscar – ek glo hy boet elke dag vir wat gebeur het.

Vic ·

Ja, as jy iemand doodmaak is jy n moordenaar, wat ookal die rede. Daar mag wel versagtende omstandighede daarvoor wees.

Harry ·

Nou wat dan as iemand selfmoord pleeg, is die persoon ‘n moordenaar, of genade dood? Of wat van die lede van die SAPD of SANW wat jou bestaan moet beskerm. As hulle iemand dood wat jou wil skade berokken, wat word hulle dan, ook moordenaars? As ‘n lid van die polisie ‘n persoon dood skiet wat besig is om ‘n bom te plant, en voorkom die dood van honderde mense, is hy of sy dan ook ‘n moordenaar? ek wil graag die hoof opskrif van so ‘n scenario in die koerante lees : “Moordenaar SAPD lid voorkom die dood van honderde.” nee wat jy moet jou seining verander .

Vic ·

Harry – jy sien, meeste mense wat ander mense doodmaak vind n rede daarvoor. Dit hang net af of daardie rede inpas by ons lewenssiening of nie – soort van soos om te praat van ” collateral damage”, ne. Of aborsie. Of genadedood. Doodmaak is doodmaak. Die wet van elke land bepaal dan of dit binne of buite die wet val, en afhangend van verswarende of versagtende omstandighede, watter indien enige straf toepaslik is.

Genis ·

Dagsê Suné – dankie vir die terugvoering. Ek was nie bewus daarvan dat sommige mense so laag sal daal deur ‘n ander se regmatige opinie te rapporteer omdat hulle nie daarmee saamstem nie. Mens moet darem regtig vertraag wees om die rapporteer knoppie te druk as jy van iemand se kommentaar verskil.

Johann ·

Ag vader Genis,Marie en al julle ondersteuners wens julle wil die bybel raak lees,daar staan nerens dat n moordenaar saam gekruisig is nie, maar die volgende “Hulle het ook twee rowers saam met Hom gekruisig, een aan sy regter- en een aan sy linkerkant.” Hou tog op om in n gekke parradys te lewe

Genis ·

Moordenaars, rowers, kwaaddoeners, sondaars… Dit hang maar af waar jy lees en hoe wyd jou teologiese kennis en geestelike insig strek Johann.

Roels ·

Baie mense sien die Tien Gebooie verkeerdelik as ‘n stel reëls, wat indien dit nagekom word, toegang tot die hemel na die dood sal verseker. In teenstelling hiermee, is die doel van die Tien Gebooie om mense te laat besef dat hulle nie in staat is om die Wet stiptelik na te kom nie (Romeine 7:7-11), en dat hulle derhalwe God se genade en seën nodig het. Ten spyte van die ryk jongman se aanspraak in Mattheus 19:20, is niemand daartoe in staat om die Tien Gebooie stiptelik na te kom nie (Prediker 7:20). Die Tien Gebooie bewys dat ons almal gesondig het (Romeine 3:23) en derhalwe God se genade en seën nodig het, wat ons slegs kan kry deur geloof in Jesus Christus.

pop ·

Oscar, jou lewe is verby. Die oomblik toe jy daai sneller getrek het was die laaste wat jy weer normaal sou kon lewe.

Michiel ·

Wens Maroela wil alle kommentaar stop net soos meeste ander internet media. Sommige mense kan nie wag om gal te braak en ander skryf pleinweg snert. Die wysneusigheid van sommige, die oordeel van ander, die persoonlike aanvalle, ai tog ek dink ons kan regtig net Maroela geniet sonder mense se slimmighede

Riana48 ·

Wat my pla, is die volgende: Wat maak Oscar anders as enige ander persoon wat skuldig bevind is aan mansslag? Ek weet van iemand wat skuldig bevind was aan mansslag, nog n jong man, hy is 7 jaar tronkstraf opgele sonder die kans op parool. Hy het n onskuldige meisie se dood veroorsaak toe hy beheer verloor het oor sy voertuig.
2: Mag ons nou maar al die wat nog in die tronk sit wat perongeluk iemand doodgemaak het, laat uitkom?
3. Die plaasrowers gaan om te roof en skiet of maak die eienaar dood oor hy pp hom afkom.Hy het dit nie beplan om iemand dood te maak toe hy met n vuurwapen n plaas betree het nie. Mag hulle ook nog vry loop?
4: Die skelms wat ons vrouens en dogters doodmaak en “claim” hulle het dit nie bedoel nie want dit was n oomblik van waansin, kan ons hulle ook maar vrylaat?
EK VRA NET, VERSKOON ASSEBLIEF ENIGE SPEL FOUTE.

Streicher ·

Asseblief Maroela!!! Ek eis n verduideliking, op grond van wat verwyder julle kommentaar? Of was dit Susan en haar gevolg wat maar net die rapporteer knoppie druk indien hulle nie van die terugvoer op hulle kommentaar hou nie? Ek wil graag n antwoord he, aangesien ek tevore so n probleem gehad het, en julle in n email gevra het om te verduidelik, waarop julle tot en met vandag nie geantwoord het nie.

Sune van Heerden ·

Dagsê Streicher

Ons het jou kommentaar verwyder omdat dit nie voldoen het aan ons bepalings en voorwaardes nie.
Let asseblief daarop dat ander lesers en kommentators nie persoonlik aangeval en/of verneder mag word nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Verveeld met kommintaar ·

Het een van julle ooit gesien die lekker skonresep onder resepte? Wie het die mooie gedigte onlangs gelees of die reisartikels? Ja, daar IS nogals iets anders as Oscra op Maroela, so laat staan die man en lees bietjie WYER.

Gerda Pistorius ·

MENSE MOET LEER OM OP TE HOU OM MENSE TE OORDEEL. OSCAR HET SY STRAF WEG EN HY GAAN SWAARDER GEBUKKEND GAAN VORENTOE! ONS MAAK ALMAL DAAGLIKSE FOUTE, WIE OORDEEL DÍT? SONDE IS SONDE!! MAAR AS JY DIE HERE VERGIFNIS GEVRA HET MET OPREGTHEID IS JY SKOON GEWAS MET SY BLOED EN JOU SONDES VERGEWE, HÝ DINK NIE EENS MEER DAAR AAN NIE! HY’T N OORDEELSFOUT BEGAAN EN DEEL REEDS SY STRAF UIT.. MENSE, KYK NA JUL EIE LEWENS EN BESLUIT OF DIT OOK VIR JESUS AANVAAR SOU WEES.. KOM ONS KYK NA DIE OË VAN JESUS NA OSCAR, OOK SY GELIEFDE KIND EN WEES HOM GENADIG. HY HET KLAAR VREDE MET GOD GEMAAK, VERGIFNIS ONTVANG. DOEN AAN HOM WAT JUL OOK AAN JUL SELF GEDOEN WIL HÊ. AAN DIE EINDE VAN DIE DAG SAL GOD ALLEEN REKENSKAP OOR ALMAL VAN ONS KAN GEE! MAAK DUBBELD SAAK JOU LEWE IS REG VOOR DIE VADER, VERGEWE EN LAAT LEEF. HOU OP AFKRAAK, DIT GAAN NIKS VERANDER NIE. OSCAR HET GENOEG OM NOU MEE TE DEEL.. WEES HOM ASB GENADIG SOOS ONS VADER ONS MAAR OOK NET GENADIG IS.. KOM ONS WEES LIEF VIR MEKAAR – JESUS VERWAG DIT VAN ONS..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.