Oscar vandag in hof

oscar-pistorius

Oscar Pistorius op 21 Oktober 2014 in die Pretoriase hooggeregshof tydens vonnisverrigtinge Foto: Themba Hadebe/AP/Pool

Oscar Pistorius sal na verwagting Dinsdag in die hooggeregshof in Pretoria verskyn.

Pistorius, wat verlede week aan moord skuldig bevind is vir die skietdood van sy meisie, Reeva Steenkamp, sal na verwagting aansoek doen om op borgtog vrygelaat te word totdat vonnisverrigtinge vir die nuwe skuldigbevinding begin.

Die hof sal na verwagting borgtog aan Pistorius toestaan onder streng voorwaardes. Pistorius is sedert Oktober onder korrektiewe toesig.

Volgens onbevestigde berigte sal Pistorius die hof Dinsdag inlig dat hy die beslissing van die appèlhof in die konstitusionele hof wil teenstaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Eddie ·

Aai ou Oscar wees n man en vat jou pak soos een. Al wat jy nou doen is om tax geld te mors en weet nie wie seker wat vir jou regskostes gaan betaal se geld ook. Seker maar jou oom wat tot jou reding gaan kom. Sies man hou op om n muis te wees en aanvaar wat jou toekom. Die ding gaan nou seker weer vir maande en jare aangaan. Al wat jy doen is om vir tyd te speel.

Flippie ·

Ek sou net graag wou weet, wat sou die verloop gewees het as Oscar wel ‘n inbreker in daardie toilet doodgedkiet het?

Sou hulle hom oo so vervolg het?

Francois le Cochon ·

@Flippie. Dit is juis wat die Appel Hof se argument was. Dat Oscar gedobbel het met iemand anders se lewe, en dat Oscar dus moes besef het dat hy die persoon in die toilet kon doodskiet, ongeag wie die persoon was. Die regter het ook gese^ dat ‘n mens nie ‘n bom tussen ‘n klomp mense kan ingooi, en dan se^ jy het nie bedoel om ‘n spesifoeke mens dood te maak nie.

Susan ·

Ek begin voel en dink Gerrie Nel het ‘n persoonlike vendetta teen Oscar. Regtig ek voel Gerie Nel dryf dit nou te ver.

Leeutjie ·

Susan ek het jou kommentaar op Oscar se vorige berig gelees en ook daarop kommentaar gelewer. Ek stem saam met Willie dat ‘n mens soms versigtig moet wees wat jy op hierdie forum skryf, alhoewel ek dink dat jy nie noodwendig slegte bedoelings het nie. Meeste van hierdie forumskrywers se uitlatings gee my erger aanstoot. Lees gerus my kommentaar in die vorige berig oor Oscar oor o.a. my persoonlike gevoel m.b.t. wraaksugtige mense!

Martin ·

Dit is mos nou in die hof bewys dit sou die geval gewees het. Dit is bo alle twyfel bewys hy kon voorsien dat enige persoon agter daardie deur in so ‘n klein spasie met daai tipe vuurwapen bo alle twyfel sou sterf agv. sy daad.

Dee ·

Teenstaan in die konstitusionele hof? Sover ek weet is die konsitusionele hof vir sake rakende die grondwet. Nou wil hulle klaarblyklik met die vleg van woorde die grondwet betrek.

DPJ ·

Hi veroordeellaar
Ja, jy wat al die feite tot jou beskiking het en ure tot jou beskikking het, hoe sal jy opgetreë het in die sutiasie waar jy net ‘n paar sekondes het om ‘n besluit teneem?

Kyk na al die aanvalle en hoeveel oorledenes daar is. Mense wat in ‘n paar sekondes het om ‘n besluit te neem.
Die is nie ‘n leunstoel besluit nie.

Willie ·

O Susan,julle is so bevooroordeeld teenoor alles en almal behalwe Oscar. Liewe hemel,hy het iemand doodgeskiet,vier skote met een van die kragtigste handwapens ter wereld, maar volgens hom wou hy nie iemand doodskiet nie. Vier skote in so ‘n klein ruimte!!!???
Gerrie Nel doen net sy werk,en jou aanmerkings is “biased”….julle held het voete van klei en julle kan dit nie hanteer nie…face it…hy is ‘n moordenaar…punt!!! Persoonlike vendetta my g@t….

Ek ·

Sy lewe was nie in gevaar nie, niemand het hom aangeval ni…. hy het nie ees geweet wie agter die deur was nie – wel so se hy -Maar ek dink ons almal weet van beter.

Wil maar Net Weet ·

Wil maar net weet of die saak van die Man wat 2 mense doodgeskiet het in Benoni ook nou na die Hof in Bloemfontein toe gaan!!!!!!! Dit was 2 mense wat koelbloedig vermoor is point blank en hy is skot vry hoe werk dit kan iemand my verduidelik???

Willie ·

En net vir julle inligting,Gerrie Nel het NIE vir Pistorius skuldig bevind nie….Dit was Regter Leach…nie Gerrie Nel nie,verstaan julle dit nie??? Gerrie Nel het net sy werk gedoen…So Susan, miskien moet jy jou aanmerkings teenoor Regter Leach maak…pasop net wat jy se,ek glo nie hy sal jou aantuigings sonder meer aanvaar nie…jy is besig om mense te beskuldig van dinge….miskien moet Gerrie so ‘n bietjie na jou kant toe gluur Susan….jy maak persoonlike aantuigings wat jou vingertjies lelik kan verbrand…PASOP!!!!

Berhalet Beukes ·

Ag asseblief, hulle almal is voëls van eenderse vere! Dis ‘n klug want geen ander krimineel word so uitgesonder en behandel nie.

Berhalet Beukes ·

Wil maar net weet… Niemand kan jou antwoord nie want hulle is te besig om Oscar Pistorius uit te haal om enige iets anders te doen. Pleks skree hulle net so hard oor presies die punt wat jy opbring, moordenaars wat skotvry daarvan afkom. Dat Oscar skuldig is is ‘n feit, en dat hy gestraf moet word is reg… Maar dan moet dit deurgaans met ALLE kriminele so wees!

Flippie ·

Dus as ek op my plaas aangeval word en ek vermoed die aanvallers skuil arguments onthalwe in my gifkamer, mag ek ek geen skoot daarop vuur voor dat ek doodseker gemaak het daar is niemand in nie.

As ek met ‘n wapen daarop vuur en ‘n persoon word gedood is ek skuldig aan moord.

Hierdie uitspraak maak die verdediging van lewe en eiendom feitlik onmoontlik. Ek begin nou verstaan how die reg in Suid Afrika week.

As jy wit is en jy is enigsins aggresief (binne jou reg) teenoor ‘n swartmens word jy krimineel skuldig bevind aan een of ander wet. Dit sal wissel van Moord met voorbedagte rare tot Crimean injuria.

Wat ‘n plek omin te bly. Dan kom die swartes wat witmense leed wil aandoen los omdat hulle deur die polisie NPG en howe beskerm word.

Sumari ·

@ Willie, ek wens daar was iets om jou kommentaar te “double like”. Stem 100% saam met jou.

Flippie ·

Ek moet aanvaar dat die hof Oscar se weergawe dat hy gedink het dat dit ‘n inbreker was waarop hy geskiet het verwerp het. Anders het ons problems, want as

Ek op my plaas aangeval word en ek vermoed die aanvallers skuil arguments onthalwe in my gifkamer, mag ek ek geen skoot daarop vuur voor dat ek doodseker gemaak het daar is niemand in nie.

As ek met ‘n wapen daarop vuur en ‘n persoon word gedood is ek skuldig aan moord.

Hierdie uitspraak maak die verdediging van lewe en eiendom feitlik onmoontlik. Ek begin nou verstaan how die reg in Suid Afrika week.

As jy wit is en jy is enigsins aggresief (binne jou reg) teenoor ‘n swartmens word jy krimineel skuldig bevind aan een of ander wet. Nie noodwendig die een waarvoor jy aangekla is nie. Dit sal wissel van Moord met voorbedagte rade tot Crimean injuria.

Wat ‘n plek om in te bly. Dan kom die swartes wat witmense leed wil aandoen niks oor nie omdat hulle deur die polisie NPG en howe beskerm word.

alida ·

Waar is die ANC Vroueliga tydens al die vrouens wat op plase vermoor word? Word hulle familie ook so ondersteun? Nee, want dit is hulle eie mense wat moor!!!! Wat maak die Steenkamps so spesiaal. Ek dink hulle het genoeg media aandag gekry en moet nou tot ruste kom. Daar is steeds duisende mense wat elke dag seerkry in SA. Los nou asb vir Oscar en die Steenkamps uit.

Berhalet Beukes ·

Ag asseblief, die hele storie raak nou belaglik. Almal hamer op Oscar Pistorius, die howe inkluis maar wat van die plaas moordenaars, verkragters? Kom nou man,dis ‘n politieke spel en waarom moet ‘n wit man se vonnis so teen gestry word? Ja, hy is skuldig maar word daar iets aan ander kriminele se vonnisse en borg en vrylatings gedoen? Nee, so regtig. Die nvg raak nou belaglik

Berhalet Beukes ·

Ek skaam my dood dat mense hulle eie nasie so uitverkoop… Geen wonder ons land is waar dit is nie…

Leeutjie ·

Berhalet ek dink as daar ‘n krisis kom spat almal uit mekaar is. Daar is bitter min mense wat nog “die sout van die aarde is”. Dis teleurstellend! Net op die forums kan jy onderskei tussen die wat goed is en die wat anders is.

Flippie ·

François le Cochin.
Dankie vir jou antwoord. Ek het ‘ n opvolg scenario geskep waarop ek graag jou kommentaar sou wou hoor. Maar Maroela het in hulle wysheid besluit om dit nie te plaas nie.

Dit is nogal jammer want nou weet ek nog steeds nie how om my lewe of goed te beskerm nie.

Ek ·

Ag shame… kyk die arme ou Jannie jammerg@t gesiggie… nou is hy tog weer borg toegestaan van R10 000.

ja ·

Ek wens hul wil tog net die ou se stories uit die media uit verban…. dit raak nou regtig afgeslaag. ..

Gesie ·

Die Oscar-sage is nou tot vervelens toe bespiegel en uitmekaargetrek. Oscar se lewe – skuldig of onskuldig, hoe sal ons tog weet – is reeds verwoes. Hoekom is dit nie genoeg vir almal wat tog so graag vingers wys nie? Die Steenkamps ingesluit. Kom ons span eerder al daardie opgehoopte energie en passie in om uit ons leunstoeltjies op te staan en saam te staan teen ons Volk wat uitgemoor word. Wie weet, ek of jy is dalk volgende…

Willie ·

Gesie….Lees my lippe: DIE….STEENKAMPS….SE…DOGTER…IS…..DEUR….PISTORIUS….DOOD….GESKIET…..KWA KWA KWA KWA!!!!! VERSTAAN JY DIT?……..Enige moordenaar verdien die doodstraf,swart wit pienk geel of flippen pers!!!…Oscar het haar vermoor…..het jy ‘n dogter????

Leeutjie ·

Willie, Gesie kan nie jou lippe sien nie! Wat sy se maak sin! Lees net mooi wat sy skryf!

Willie ·

Leeutjie
Sy se “hoekom is dit nie genoeg vir almal wat so graag vinger wys nie…die steenkamps ingesluit..” en dit is my probleem. Die Steenkamps het nog nooit vinger gewys nie. Mense haal hulle uit asof hulle self die sneller getrek het. Die arme mense het ‘n dogter verloor,dit is die punt van die saak. Al het hulle vinger gewys sou ek hulle nog steeds ondersteun,want hy het per slot van sake die sneller GETREK….VIER KEER LEEUTJIE….dit is my probleem….die steenkamps word oor die kole gehaal en uitgekryt asof hulle self ‘n misdaad gepleeg het…en sover ek kon vasstel het hulle niks gedoen behalwe om ‘n dogter aan die dood af te staan nie….los die steenkamps uit…..hulle verdien elke regdenkende mens se simpatie….dis nie nodig om hulle aan te vat nie….ek wens eintlik hulle wil vinger wys,want dit is wat hy verdien.
Verstaan jy nou Leeutjie?

Leeutjie ·

Willie, ek het dit al in die eerste skrywe verstaan! Ek dink wat sommige mense kwaad gemaak het is dat daar geldelike gewin uit Reeva se dood gemaak is. Ek weet nie of jy dit ook gelees het of na Radio Jakanranda geluister het ‘n tyd gelede toe daar melding daarvan gemaak is nie! Sommige mense stem nie saam met die feit dat geld ook ‘n rol gespeel het aan die Steenkamps se kant nie. Geld kan nie ‘n lewe terugkoop nie, en omdat alles deesdae oor geld en roem gaan het ‘n mens jou bedenkinge!

Leeutjie ·

Bach, nou hoekom is jy so ongelukkig? Ek lees niks verder van jou nie, net dat jy vir Susan kwaad is! Siestog man…..mens moet praat oor wat jou pla! Ons is almal mos maar net mense.

Peet Schabort ·

Ek reken dat ‘antwoord’ ook moet verskyn waar iemand iemand antwoord. Hier sit Bach se antwoord heel op ‘n ander plek waar hy Susan antwoord wat se kommentaar heel bo iewers verskyn. Dis wanneer dinge bietjie deurmekaar raak.

Willie ·

Reg so Leeutjie, ek verstaan jou argument nou beter.
Dit mag waar wees, maar ek verkies om liewer my aandag op hul verlies te vestig….ek is self Pa van ‘n pragtige dogter,en daarom voel ek simpatie met hulle.
Groete Boeta
Willie

Leeutjie ·

Willie, niemand het gebaat by hierdie onnodige dood nie! Aan beide kante, Oscar en die Steenkamps is daar pyn. Moenie Oscar se familie uit die oog verloor nie!

Gesie ·

Willie, al die oordeel in die wêreld gaan ongelukkig nie die pragtige Reeva terugbring nie. Om die sage uit te rek, en selfs Oscar terug in die tronk, gaan ongelukkig ook nie die Steenkamps se rouproses vergemaklik nie. Nie eers my swaer se dood, wie indirek verantwoordelik was vir my suster se dood, kon my ouers berusting bring nie. Die rouproses hou nooit op nie.
Wat ek wel sê is dat almal wat die sage uitrek (elkeen van ons, regters, prokureurs, ens.) eerder al daardie energie moet gebruik om op te staan vir ons Volk wat elke dag gemartel en uitgemoor word. Jy besef seker ook hoeveel hartseer en trauma dit vir hierdie mense bring wat ook ‘n dogter, seun, ma, pa, broer of suster verloor? En LEES MY LIPPE… DIT… HOU…NIE… OP… NIE!

Willie ·

Gesie
Ek hoor wat jy se,ek verstaan wat jou argument is…en ek lees jou lippe…en ja,dit gaan nooit ophou nie,dis hoe siek ons wereld en samelewing is…sterkte met jou hartseer,ek dink aan jou
Groete
Willie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.