Oscar-verhoor: Straat buite hof afgesper

Oscar Pistorius buite die hooggeregshof in Pretoria in September 2014. Foto: Ihsaan Haffejee

Oscar Pistorius buite die hooggeregshof in Pretoria in September 2014. Foto: Ihsaan Haffejee

Talle joernaliste, fotograwe en uitsendingsbussies het Maandag reeds vanaf 05:00 die straat voor die Pretoriase hooggeregshof afgesper in afwagting op die moordveroordeelde Oscar Pistorius se voorvonnisverhoor.

Beamptes van die Tshwane-metropolisie was ook buite die hof om die vloei van die verkeer te reguleer. Die reënweer het geensins verslaggewers gestuit wat van buite die hof regstreeks verslag gelewer het oor wat die dag in die hof verwag word nie.

Pistorius sal dié week hoor hoe lank hy agter tralies sal deurbring nadat sy vorige skuldigbevinding aan strafbare manslag na moord omgekeer is. Hy is skuldig bevind dat hy sy meisie, Reeva Steenkamp, op 14 Februarie 2013 in ʼn badkamer in sy huis doodgeskiet het. Pistorius het tydens sy verhoor volgehou dat hy Steenkamp met ʼn inbreker verwar het en bloot na die badkamerdeur geskiet het uit selfverdediging.

Regter Thokozile Masipa het Pistorius aanvanklik aan strafbare manslag skuldig bevind en tot vyf jaar tronkstraf gevonnis. Hy het ʼn jaar van sy vonnis in die hospitaalvleuel van die Kgosi Mampuru II-gevangenis in Pretoria uitgedien voordat hy in huisarres vrygelaat is.

Die staat het hom egter tot die appèlhof gewend wat Pistorius aan moord skuldig bevind het. Masipa sal die voormalige atleet vandeesweek weer vonnis op grond van sy nuwe skuldigbevinding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Gesiggie ·

Hopenlik sal ons teen vandag….. goeie nuus ontvang…hierdie storie…draai nou te lank… soek nou n uitspraak”’of gaan dit nog n week vat?

Snip ·

MOORD IS MOORD! !!!!
As ander lewenslank kan sit, kan hy ook maar gaan sit. … self verdediging se alie, teen wat???? N toegesluite badkamers deur??? Nee wat, ek hoop hy sit, dit sal nie vir Reeva terug bring nie maar sal beter wees as hy vir ewig agter tralies is.

siek en sat ·

Soos mense darem hieroor kan aangaan. Terwyl HOPE erger, wreder en voorafbeplande moorde gereeld gepleeg word en daar word nie so dae en maandelank daaroor aangegaan nie. En die handjiegevryf en lekkerkry en oordeel…Tsk, tsk…kry tog ‘n lewe.

sannie ·

Amen daar word so aangegaan oor sy velkleur en hy bekend is. Soos jy sê siek en sat…hoeveel erger dinge gebeur en niemand steur hul daaraan. Bou nou n nasie met die klomp!

Eliza-beth ·

Ja-nee siek en sat – ek sien bv NOOIT kommentare van sekeres by mooi berigte of onder die gedigte nie. Sal hul baat om iets moois te lees sou ek sê – kyk bietjie onder “Goeie Goed” julle klompie – julle weet wie jul is!Dalk verander jul siening van ander, jul oordeel en selfgeregtigheid.

louis ·

Ai toggie! Julle wat so maklik oordeel onhou dat julle saak nog verhoor moet word voor GOD. Die maat waarmee julle oordeel sal net so op julle wees as jul vandag voor GOD tereg moet staan. As jy iets goed wil doen gaan op jou knieë en bid vir hom en sommer ook vir jouself dat God jou tong in bedwang sal bring. Met liefde van n vriend.

E ·

Mag God met hom wees. Dankie Vader vir wat U vir ons aan die kruis gedoen het.

Promtu ·

Nee ons oordeel nie die HOF het dit reeds gedoen. Seker julle het nie daai titbit gemis nie maar net vir ingeval: OSCAR SKULDIG AAN MOORDE. And so says the SCA. Nie ons nie DIE HOF Jy weet daai plek waar jy sweet SO HELP ME GOD.

christine ·

Nel maak n paar Adv. baie ryk. Lyk ook of Gerrie Nel se naam nou self oral uitpop. Wys nou net moet nie n gat grou vir ander nie. Verlekker my liewer nie

Promtu ·

Nel doen sy werk. As dit ‘n plaas moordenaar met een been en een arm was wat net ‘n Tolkien op pieter vingers gekry het sou julle steeds Nel so veroordeel het of sou julle dan staan en chant GOD Gergiev?

Promtu ·

Goeie genade predictive text het iets heeltemal ander geskryf as wat ek gese het. Kom ons probeer weer.
Nel doen net sy werk. As dit ‘n plaas moordenaar was met een arm en een been wat net ‘n tikkie oor die vingers gekry het sou julle Nel steeds kritiseer of sou julle staan en cheer GOD NEL?

sdp ·

Ek stem, die rugbysirkus vergete. Als in die land vergete, skielik weer iets om op te floreer

alida ·

Ag mens asseblief los nou ASB vir Oscar uit. Gaan julle nooit ophou nie?

Simon ·

Vonnis hom en kry klaar. Die sirkus raak nou uitgetrek met sensasie en tv onderhoud ens… ens… ens..Daar erger misdade in die siek land en hope kriminele om te vonnis, hopenlik gebeur dit vinniger.

Antimens ·

Sielkundiges staan reg elke krimineel gaan nou kom met ‘n storie oor hulle harder lewens wat gelei het tot die misdaad.

Veritas ·

Antimens dit is niks nuuts of uniek dat sielkundige verslae aan die howe voorgehou word vir versagtende of verswarende omstandighede nie. Dit is net so deel van die regstelsel as wat ‘n aanklaer of advokaat deel van die stelsel is en word al jare lank gebruik.

Connie ·

Oscar, ek dink aan jou en mag ons God van Liefde jou behoed en bewaar. So ook Reva se mense. Dit is ‘n vreeslikeding wat gebeur het. Live and let live.

Poplap ·

Connie live and let live really???
Miskien as Oscar let live het sou hy nie nou innie box gestaan het nie.
ASB CONNIE DOEN MY ‘N GUNS MET DIE VOLGENDE PLAAS MOORDENAAR BYL MOORDENAAR ETC ETC SE OOK DAN LIVE AND LET LIVE. ‘N GOUE MEDALJE OF TWEE (JA EK WEET HY HET HORDES) PLAAS JOU NIE BO DIE REG NIE

Anoniem ·

Oscar het nie met die moord van Reeva gevlug soos ander lafaards nie. Daar was oorgenoeg tyd, maar eerder by haar gebly! Hou op klippe en rotse na Oscar gooi, en beweeg aan…

Poplap ·

Jip ons wil almal aanbeweeg maar Ozzie just won’t let go. Hy klou aan sy kamstige onskuld soos jy weet wat aan ‘n wolkombers. Pleit onskuldig, appeleer, dit werk nie gaan na konstitusionele hof slaap nie, gaan na sielkundiges. Oooooi

saartjie ·

hi,,,lyk my die mense bly almal in glas kaste

EK HOOP RERIG SO

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.