Oscar-vonnis: NVG wil hierom appelleer

Oscar Pistorius in die hof (Julie 2014)  Foto: Daniel Born/Pool, SAPA

Oscar Pistorius in die hof (Julie 2014) Foto: Daniel Born/Pool, SAPA

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het Donderdag in sy hofstukke die redes uiteengesit waarom hy teen die moordvonnis van Oscar Pistorius wil appelleer.

Pistorius is vroeër vandeesmaand tot ses jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op sy vriendin, Reeva Steenkamp, wat hy in Februarie 2013 in sy huis in Pretoria doodgeskiet het. Dit kom nadat Pistorius se vorige skuldigbevinding aan strafbare manslag verlede jaar na moord omgekeer is.

In die NVG se hofstukke wat Donderdag ingedien is, het die NVG genoem die hof “was verkeerd om te bevind dat die versagtende omstandighede meer weeg as die verswarende omstandighede”.

Die NVG het die verswarende omstandighede in die saak genoem soos dit aan die hof voorgelê is, onder meer die feit dat Pistorius ʼn dodelike wapen gebruik het en vier skote deur ʼn toiletdeur afgevuur het in plaas van een terwyl hy geweet daar is iemand in die toilethokkie wat nêrens heen kan ontsnap nie.

Die NVG het ook die versagtende omstandighede genoem wat die hof gehoor het, onder meer dat Pistorius gedink het daar is ʼn inbreker in sy huis, dat hy weerloos gevoel het sonder sy prostese aan, dat hy probeer het om Steenkamp se lewe te red en dat hy berou het oor sy dade.

Adv. Gerrie Nel, die staatsaanklaer, het gesê die hof het drie belangrike verswarende faktore nié in ag geneem nie en het dit as volg gelys:

  1. Die beskuldigde het in die slaapkamer reeds die bedoeling gehad om te skiet en toe hy besef daar is iemand agter die toiletdeur, het hy vier skote afgevuur.
  2. Die hoogste hof van appèl, sowel as die hooggeregshof, het die verdediging se argument dat die beskuldigde uit noodweer of selfs vermeende noodweer opgetree het, verwerp. Daar is dus geen regverdiging vir die beskuldigde se optrede nie.
  3. Die hof het nié in ag geneem dat die beskuldigde vier skote deur die toiletdeur geskiet het nie en hy het nooit ʼn aanvaarbare verduideliking gegee waarom hy dit gedoen het nie.

Nel het verder aangevoer die hof het gefouteer deur nie daarop te fokus dat die afvuur van vier skote nié ʼn ongeluk was nie, maar opsetlik. Hy het ook genoem dat die voorgeskrewe minimumvonnis vir moord in ag geneem moet word.

Volgens die NVG-hofstukke het regter Thokozile Masipa te veel klem geplaas op Pistorius se persoonlike omstandighede, veral sy gestremdheid en die feit dat hy weerloos gevoel het toe hy nie sy prostese aangehad het nie. Die staat voer ook aan dat die hof fouteer het deur oordrewe simpatie vir Pistorius te toon.

Nel het ook aangevoer dat Pistorius nie berou het vir sy optrede en die feit dat hy “bedoel het (dolus eventualis) om ʼn ander mens dood te maak nie”. Hy het die vonnis “skokkend onvanpas” genoem en gesê dit reflekteer nie die erns van die misdaad of die woede van die publiek nie.

Lees alle vorige berigte oor Oscar Pistorius op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

82 Kommentare

Johann ·

So…Oscar is weer/steeds die middel om die herhaalde onbevoegdheid van Regter Masipa aan die pen te laat ry. Dis egter EEN saak waar sy voor stok gekry word. Wat van al haar ander uitsprake? En soortgelykes deur haar kolegas?

Johan ·

Ek stem saam dat sy nie bevoeg is nie, dit maak ook nie vir my sin dat sy “weer” die saak aangehoor het nie. Hierdie saak kan regtig ook nie weer aangehoor word nie, eerstens die onodige kostes en tweedens word “Oscar” nou regtig ge- “prejudice” deur die knaende blootstelling. Dit maak verder nie saak wat “Nel” se nie, hy probeer nou sy eie “Marble” polish, wat nonsense is.

So gedink ·

So gedink, almal wat so vir Nel opgekom het in die 2 vorige berigte. Hy sit toe agter die hekse jag. Werklik Gerrie Nel, met alle respek, dit gaan te ver, behandel elke saak so en sorteer self erkende moordenaars uit en los plaasmoorde op, dit is die groot gevaar of bereik die nuus nooit jou ore of kantoor nie? In my oë raak jy regtig nou belaglik, het jy al ooit vir ‘n saak sonder TV soveel moeite gedoen? Uhhm dan het daar nie ‘n moordenaar op vrye voete rondgeloop nie, geen tronkstraf, jip jy weet van hom…..

Dirk Breytenbach ·

Dis ongelooflik hoe die saak teen Oscar uitgerek word deur die hoogs geleerde en ervare staatsaanklaer en dat Oscar sonder ophou gejag word. Oscar is aan ongekende druk blootgestel gedurende die saak en hy het gesukkel om sy storie aanmekaar te hou omdat die aanklaer ‘n baie ervare persoon is en waar Oscar nooit ondervinding of blootstelling van kriminaliteit en hof prosedures gehad het nie. Dit blyk nou dat so ‘n saak blykbaar oneindig kan aangaan totdat die staatsaanklaer, die publiek of NVG tevrede is met die straf . Oscar het elke keer sy straf aanvaar en begin uitdien wat wys op sy berou en aanvaarding van sy skuld. Ek glo dat hy nou meer as genoeg gestraf is en vrygelaat moet word. Regter Masipa het uit haar pad gegaan om haar uitspraak en motiverings te verduidelik en tog vergruis die leunstoel juriste en wraak soekers Oscar sonder ophou. Die redenasie dat ‘n normale mens nie sou skiet en eers sou seker sou maak waar alles en almal is gedurende ‘n krisis in ons gevaarlike samelewing hou nie water nie. Gebaseer op die feite wat die hof oorweeg het is ‘n bevinding gemaak en vonnis gevel, het die regter dan geen diskresie of mag om reg te laat geskied nie? Dankie regter Masipa jy gee ons tog hoop dat regverdigheid moontlik is in ons verskeurde en verwronge samelewing en ek salueer Oscar se familie oor die manier hoe hulle die krisis gehanteer het.

Liewe heksie ·

So gedink. Slaat jy die spyker op sy kop Gerrie is n baie slegte verloorder hy is lankal besig met n persoonlike vandeta teen Oscar wat wil hy meer uit Oscar tap seker soek hy Oscar se prostese dan kan hy mos lekker hardloop

Dedré ·

Nee rerig!!!! Gerrie Nel moet nou ophou om ons geld te mors. Hy begin soos Zuma lyk!!!!

Ons moet nie vergeet nie ·

Ons moet nie vergeet nie die gesiggie verkoop koerante, maak geld vir ander mense, so hoe langer hul met hierdie saak aanry hoe meer geld!!!!!!!

linda ·

Ag nee wat Gerrie. Jou optrede grens nou aan die belaglike. Dis nou klaar.

wilma ·

Ai kom ons vergeet van gerry Mel by is op Sy eie stasie. Hoop nel het Verde en vreugde oor allies way hy doen.

Charlotte ·

Kan hul nie nou aangaan met hul lewens en fokus op allerdaagse moorde wat plaasvind nie as om die geld te mors op onbenullighede!! 6 jaar gaan voel soos n leeftyd!!

Ander Koos ·

Ek is geen regsgeleerde nie, maar alles inaggeneem dink ek die regter het haarself baie goed van haar taak gekwyt. Wat Nel en NVG nou doen is onvanpas en dui op ‘n

persoonlike agenda, anders waarom nie alle oortreders met dieselfde yver vervolg nie? In Zuma se geval appelleer hulle om hom nie te vervolg nie. Hoe adsurd!!

Richard van Zyl ·

Ander Koos, jou gebruik van die Afrikaanse taal is pragtig, maar die letters “v” en “w” en ook die “d” en “b” is te ver van mekaar af op ‘n standaard sleutelbord om dit te regverdig as ‘n vinger fout, daarom het jy ywer en absurd verkeerd gespel.

Grapgat ·

Grapgat Gerrie, die straf is skokkend en reflekteer die woede van die publiek nie, what, so dit beteken die publiek het ‘n sê, heeltyd roem hulle daarop dit is die hof se sê… te meer besef almal nou dit gaan oor die show en nie die saak en nog minder Reeva Steenkamp.

Bloues ·

Vir reg en regverdigheid in ons land. Dankie NVG hou asseblief aan totdat n regverdige straf opgelê word. Moordenaars moet swaar gestraf word.

dirk ·

bloues daar is nie reg en regverdigheid in ons land nie . konsentreer op zuma zuptas sabc motsoeneng en die menseregteskendings van vroue en kinders waarvan daagliks 50 vermoor word/ die staat kan niks bewys nie. ek is siek en sat daarvoor dat die regstelesel so deur die modder gesleep is en word. gerrie se se afstootlike ondervraging in die hof was absurd en sou enigiemand ontsenu. die regter was volgens de meeste kenners reg. lees jou koerante

Pieter ·

Ag nee regtig kan hy nie ander sake kry nie nou moet ons alweer deur als gaan beweeg aan asb Gerrie Nel daar is ander sake wat ook baie belangrik is!!

Petro ·

Masipa jy was ‘n doring met jou uitspraak en Gerrie Nel is soos ‘n kind wat nie sy sin kan kry nie en gooi al sy poppe uit die kot. Word groot Gerrie en besef dat jy is besig om ‘n gek van jouself te maak.

Monas ·

Hoeveel geld wil hulle nog van ons belasting betalers mors!!

Ai ·

Ek stem saam met Gerrie. Ses jaar vir moord en dan kry mense wat bedrog pleeg 18jr?! Waar is die geregtigheid daarin? Oscar se roem en rykdom het hom bevoordeel. Net so moeg van sy naam te hoor, maar as dit geregtigheid sal bring, staan ek bankvas agter Gerrie. Die wet bevoordeel maar nog altyd die super ryk mense.

NEL ·

Gerrie Nel is soos ‘n bulterrier, as hy gebyt het hou hy vas. Gee Gerrie’n kans om die saak suksesvol aftehandel dan kan hy konsetreer op dalk ‘n hoe profielsaak soos die van Zuma en van sy genante

Grapgat Nel ·

Nog ‘n grapgat Nel, dink jy regtig hy gaan Zuma saak aanvat???? Grootste grap ooit. Nee wat gaan lees eers al die ander sake dan weet jy ook……

Piet ·

Goeie genade Wilma! Skryf eers wat jy wil se neer en probeer dit dan tik. Nel se bynaam is nie verniet Bulldog nie. Volg maar sy ander sake ook. Sy toewyding aan geregtigheid en die eed wat hy afgele het is wat hom dryf om sy werk te doen. Oscar is jammer oor wat hy gedoen het, maar wat nog meer jammer is, is die twak wat hy praat. Plaas praat hy die waarheid en se dat hy ‘n woede uitbarsting gehad het omdat hy die sy sin kon kry nie, dan kon hy ook aanbeweeg in die lewe.

regtig! ·

Regtig het jy Nel se ander sake gevolg, seker nie almal nie……

elmarie ·

Presies Piet doen jouself ‘n guns en gaan kyk na sy ander sake, soos bv die Bret Kebbel saak. Daar het hy gevou en vinnig verdwyn. Swak!

Longjohn ·

Al die vorige korrespondente wys die vinger in die verkeerde rigting. Sou julle opinie nog dieselfde gewees het as dit julle kind was? of sou julle ook dan voorstanders gewees het van die toepaslike minimum vonnis van ten minste 15 jaar?

Karma ·

@Longjohn – JA en NOGMAALS JA!!! As dit my kind, my broer, my pa, familielid of wie-ookal na aan my was – dan sou ek sê hy moet sy tronkstraf uitdien, ophou tjank oor hoe sleg die lewe hom tot dusver behandel het e.d.m. Na die uitdiening van die vonnis sal ek hom/haar weer help om sy/haar lewe te hervat en op die been te kom.

peanut ·

Miskien is dit tyd dat iemand in Gerrie Nel se kas van geraamtes gaan krap.

Klink vir my na n man wat op n hoë ouderdom nog smag na aanvaaring vir sy kennis en vermoëns en wat maar n swak verloorder is.

Miskien is dié ‘wetsgeleerde wetsgehoorsame wetstoepasser’ nie wie en wat die publiek sien nie

Sê/vra maar net?

Hey ·

Hey Peanut, ek het nog nie so daaraan gedink nie, maar dit moet wees, wat sal iemand dryf wat alreeds tronkstraf uitdien, ‘n model gevangene was ‘n Staatsaanklaer dryf om so ver te gaan…… daar moet iets wees, kortman is nogal vir manne ‘n groot saak, maar so gedrewe daar moet meer as dit wees!!!!! Hy klink nogal soos sy supporters sê Bullterrier, hul byt en hou vas, hy sien nie die breer prentjie van nog moontlike suksesse nie, sou wat wou gee as hy bietjie by plaasmoorde betrokke raak veral omdat hy vasbyt!

Linda Fourie ·

Het julle mense al werklik mooi gedink oor jul uitlatings? As ‘n mens se lewe slegs ses jaar in die gevangenis werd is, wat sal gebeur as almal wat kwaad word en rusie maak mekaar “per ongeluk” doodmaak en net ses jaar sit? Gaan dink daaroor as dit jy was wat vermoor is, sou jy geregtigheid wou hê of as dit jou kind, jou suster of iemand na aan jou was. As jy verveeld is, hou op lees daaroor. Ek haal my hoed af vir iemand met Gerrie se deursettingsvermoë en durf. Ses jaar is ‘n skande, ek hoop hy slaag.

Mens is net so ignorant as wat jy wil wees ·

Ai mens gaan lees weer alles en kyk na die hofsaak, regtig daar is omstandighede wat ‘n rol speel, ek wil nie graag Vleis Visagie & ander ins elfde omstandighede se saak opbring nie, maar hul het geen tronkstraf gekry nie, ek was saam met hulle bly, dit was ‘n ongeluk en jy moes ook gewees het, jy het nie opgestaan, hand opgesteek, inteendeel nie Gerrie, nie NVG, nie Anc, niemand, hulle het verstaan. Ons weet Oscar het meer keer die sneller getrek, die geluid was nader en hy was bang, onthou hy het bedreig gevoel, Vleis sin was buite by die huis, by die kar, meer diefstal as bedreiging, ek is regtig bly julle het nie so oor Vleis aangegaan nie, maar ek dink julle oordoen werklik in Oscar se saak. Werklik slaan jy jou kinders 20/30 keer oor dieselfde ding. Bedoelende as hul dit nie herhaaldelik doen nie, hy het 1 keer oortree en vat nog elke pak.

DEE ·

Die belaglikheid hiervan is dat hy waarskynlik weer net n jaar sal sit. Daarvan het Masipa seker gemaak, Gevangenes wat 5 jaar of minder oor het in die tronk kom in aanmerking vir ontslag. Ek dink daar is mense wat moet besef dat elke saak wat deur die hof gaan in die toekoms gebruik word in ander moordsake en so word n presedent geskep vir vonnisoplegging. Gerrie is nie die NVG nie. Die NVG het besluit om die saak aan te spreek en uit die aard van die saak sal dit dan na Gerrie se kant toe kom. As Masipa die saak reg van die begin af reg hanteer het het Oscar al amper sy vonnis uitgedien. Sy was tot dusver die rede dat die saak aanhou en van die een hof na die ander verwys word.

Poplap ·

Julle bly Visagie en die ander geval opbring.
Het Visagie soos die Lone Ranger voor die tyd uit karre se dakke of in restaurante geskiet? NEE
Het Visagie 4 skote geskiet? NEE.
Daar is enormous verskille hier miskien moet julle eers daar op focus voordat julle die mense onder dieselfde kamp skeer as Pistorous

Liewe heksie ·

Ja Linda en jy sal weet jy was mos daar pasop never say never

Amanda ·

Ek weet van geen mens wat al so erg en aanhoudend vervolg is as Oscar nie. Lyk my Gerrie Nel het n persoonlike vendetta en hy mors die belastingbetalers se geld. Ek is seker daar is ander sake wat hy kan hanteer maar hy hou van die “shine” wat hy kry. Ander sake gee hom nie kollig nie.

Jackie ·

Van wanneer af gee hulle om wat die publiek dink? As dit die geval is, hoekom bring hulle dan nie die “doodstraf” wat die publiek so graag wil he, terug nie?? Ek was nooit in gunste van Oscar nie, maar kan almal nie nou maar die ding laat vaar nie? Dit raak belaglik en n geld gemorsery!!!

Lida ·

Ag Jackie ek stem saam met jou. Wat gaan aan met die mense hulle karring aan op dieselfde deuntjie maar lewer nooit kommentaar oor die ander moorde wat gepleeg word nie. Dit lyk my die mense het ‘n obsessie met Oscar. Aanvaar tog nou maar wat gebeur het en sluit die hoofstuk af.

Tinktinkie ·

Ten minste word hierdie belastinggeld vir iets goed aangewend!!!

Piet ·

Ja Regtig ek volg sy ander sake ook, maar ek kan sien jy weet niks van hierdie man af nie. Gaan lees die boek “Killing Kebble”, dan sal jy sien in watter tipe dinge Nel hom begewe. Hierdie man was al in gevegte met politieke figure vir wie geen ander mens sou kans sien nie. Bly nou liewers stil en dank die Vader vir Nel, want daar is nie baie van sy soort oor in hierdie land nie.

regtig! ·

Mis geraai. Ek volg sy werklike sake en ek weet hy is goed in sake en minder goed in ander sake. Ek hoef nie stil te bly omdat jy sê nie, ek hoef nie stil te bly omdat dit jou opinie is dat hy al ou staatsaanklaer is nie, dit is ‘n demokratiese land en hy is behep met Oscar, maak nie saak van watter kant af mens kyk nie. Ek ken nog goeie staatsaanklaers, wat regtig oor die saak gaan en soveel moontlik probeer afhandel, in die land is dit nogal die uitdaging. Die geharde misdadigers loop vry en vermoor daagliks mense. Elke landsburger het die reg op lewe, nie net 1 vrou nie!

regtig! ·

Hi Piet gaan kyk gou die saak – vermeende wapen smous vrees vir sy lewe. Ons moet praat van vermeende – die outjie het saam met die hooggeplaaste polisieman (vuurwapens uit die polisie kluis gesteel) besigheid gedoen en die goedjies vir ‘n paar rand aan moordenaars verskaf wat hoeveel mense noual vermoor het, in stede, in bende geweld en plaasmoorde, almal is vir my ewe erg, die gewone ou het geen kans, vuurwapens is ingehandig op aanmoeding van die Polisie en nou word gewone mense daarmee onverhoeds gedood. Die Polisie beampte sit reeds, maar die moontlike verkoper is nog vry, hy is bang vir sy lewe, wat van elke mens se lewe wat met daai vuurwapens gedood is. Ek sê nie jy nie (ek kan sien jy kommentaar nie om krapperig te wees nie), maar die bree publiek gee regtig nie om nie, so what dit is ander mense. Ek voel Gerrie Nel jy wat kan vasbyt maak ‘n verskil. Oscar sal in sy lewe nie weer aan ‘n vuurwapen vat nie, hy sal in sy lewe nie weer die dood van iemand veroorsaak nie, gaan vir die wat elke dag nog moor!!!!!! Wat vuurwapens verskaf om onskuldige mense uit te wis. Kyk Jade Panaiyotou se saak, sy het geen kans gehad nie, daar was 4 mense by haar dood betrokke, dit is mos net nie reg nie, sy het net so mense reg soos Reeva.

Koos ·

Dee en Pket, die eerste verstandige antwoorde. Die res net ‘n emosionele gebrabbel.
Wat Oscar se gebrek betref kan ek se dat Douglas Bader ook sy bene verloor het en tog een van die top vegvlieeniers van WO 2 was. Maar hy was ‘n man.

Regtig sad ·

Dit is regtig sad dat jul hierdie jong man wat van die begin af gese het ek het haar geskiet, alle gedoen het wat van hom verwag word, hy is soooo jammer daaroor, hy kan nie in publiek kom en wys hoe jammer hy is nie, die publiek is soooo opgesweep met media hype dat dit eenvoudig nie moontlik is nie. Hy het regtig swaar gekry onder Gerrie Nel, al is die hoe magsbehep is hy ‘n goeie staatsaanklaer, wens net in alle sake. Oscar het sy gevangenis uitgedien sonder probleme, die dame wat probeer sê hy het haar gedreig was belaglik en jul weet dit, my kind het ook al vir my geskree gaan weg en my kind het geweet dit is ek, hy het net gevoel om vir 1 dag bietjie laat te lê, iets waaroor ons elke dag kan besluit. Hy het niks geld oor, hy is werklik verneder tot op die laagste punt oor die afgelope 3 jaar , hy het geen beroep, hy moet ‘n nuwe een neem en hy het nie een van julle of Gerrie skuld gegee nie, hy weet dit is die oorsaak van sy tragedie, iets waarmee hy moet saamleef en deurwerk. Wat wil julle nou hê, moet hy in stukkies gekap word. Julle maak my regtig bekommerd, daar is werklike haat by julle wat by Oscar ontbreek.

Peter ·

Sommige mense is baie partydig in hierdie saak. Aan die een kant eis hulle dat reg en geregtigheid geskied vir plaasmoorde en aan die ander kant stenig hulle Gerrie Nel juís omdat hy veg vir reg en geregtigheid vir ‘n moord op ‘n onskuldige, WEERLOSE jong vrou wat in ‘n klein hokkie vasgekeer was – sonder enige wegkom kans – en KOELBLOEDIG doodgeskiet is deur ‘n jong man wat nou voel die lewe skuld hóm iets. Wát van die lewe wat hý deur sy eie toedoen geneem het? Hy woù as ‘ n “normale” persoon behandel word….wanneer dit hom gepas het…..ook in sy sport het hy aangedring om teen ander ongestremde atlete mee te ding. Dan moet hy mos ook bereid wees om nie sy geamputeerde bene as verskoning vir sy optrede te gebruik nie. VIER skote deur ‘n toe deur in ‘n klein hokkie waar daar géén wegkom kans was nie TERWYL hy gewéét het daar was iemand agter die toe deur.

Duidelik ·

Duidelik het jy nog nie ‘n besoeker in die nag gehad nie, dan sal jy dalk kan verstaan.

peanut ·

Peter
Jy het heeltemal reg dat moord is strafbaar, maar kom ons wees eerlik, die grootste getal moordenaars sit daar buite en lag lekker.

Ek is oortuig as Mnr. Pistorius nie n obenbare figuur was, met baie geld en aardse besittings wat in likiede bates omgesit kan word vir n ‘fooitjie’ nie, was hierdie saak al laaaaankal afgehandel.

Indien Mnr. Nel werklik vir reg en geregtigheid is; laat hy die sake wat hy pro bono, uit eie oortuiging, aangevat en afgehandel het, en waar hy hart en siel in dieselfde maat ingesit het, openbaar maak, dan sal mens kan sien of hy is wie hy voorgee hy is, en of dit net groot en welaf aksies is wat sy oor en oog trek.

……..en mense, moet my nie aanval nie, ek probeer dialoog aanwakker, ek ken nie een van die partye nie en is nie bevoeg om n opinie te lug, ek vra vrae…..

Peter ·

DUIDELIK: Jy is duidelik Verkeerd in jou aanname oor my. Ons hét al besiekers in die nag gehad. My geliefde kind is in ‘n ander land omdat ons en sy en haar man deel vd misdaad statistieke was. Feit is dat ek séker gemaak het my gesin was almal veilig saam in dieselfde vertrek tydens die “nagtelike besoek” soos jy dit stel voordat ek opgetree het. Een skoot sou reeds genoegsame waarskuwing gewees het.

KP ·

Gerrie SA kan trots wees om nog n aanklaer soos jy te he. Van hierdie mense wat hier kommentaar lewer moet dalk eerder leer spel en jou uitlos.

E ·

Iemand gaan nog ń hartaanval kry. As hulle so aanhou kan dit dalk nog lei tot selfmoord. Hoe kan enigiemand van vlees en bloed so aanhou? Iewers gaan iemand krack.
Dit is belaglik.

PJ ·

Stem KP die wet se 15 jaar minimum vir moord nou wat verstaan die mense nie?

Carel ·

Daagliks moorde op onskuldige mense, lees maar op Maroela. Dis hoogtyd dat Gerrie Nel sy boodskap deurkry, mense sonder vermoë soos Masipa water geregtigheid af en mors almal se geld, ook die klomp hierbo wat Gerrie slegsê. KP is reg, ons is trots op Gerrie Nel, hy hoort in die Parlement. Gaan voort Gerrie, Suid Afrika ondersteun jou!!

Callie ·

6 Jaar. Dit moes net soos enige ander moord die doodstraf gehad het. As moordenaars bly wegkom met ligte strawwe, kom laat ons hulle glad nie meer straf nie, dan kan die wet van die natuur(Sterkste oorleef) geld. Kyk waar beland ons dan. Dankie Gerrie Nel
0

Amanda ·

Ek weet van geen mens wat al so erg en aanhoudend vervolg is as Oscar nie. Lyk my Gerrie Nel het n persoonlike vendetta en hy mors die belastingbetalers se geld. Ek is seker daar is ander sake wat hy kan hanteer maar hy hou van die “shine” wat hy kry. Ander sake gee hom nie kollig nie. Die meerderheid moordenaars loop in elk geval buite rond en moor aanhoudend. Het Annie Dewani of Jade enigsins n beter kans as Reeva gehad? Hoekom kerm julle nie daaroor nie.

UJ ·

Mooi so Gerrie Nel ek is trots op jou. Wil ook graag weet hoekom 4 skote?

pieter ·

FOON LUI JOU DOGTER IS NOU NET VERMOOR,GESKIET.MY ARME SWAER IS DOOD ,,DOOD GETREUR.N UUR GELEDE HET SY ONS GEGROET TOE MOES EK HAAR GAAN UITKEN N FAMIELIE IS IN ROU NOOIT SAL ONS ONS MIESIEKIND WEER SIEN NIE. JULLE WAT DIE MOORDENAAR VERDEDIG MAG DIT NOOIT OP U PAD KOM NIE.

Stem saam ·

Pieter ek stem saam met jou dit is hartseer en mag dit oor NIOEMAND se pad kom nie, maar sê gou is jou suster se moordenaar ook so behandel, of wag is die moordenaar al gevang, hoeveel geld en tyd is in die moordsaak gesit. Weet jy dat jou suster, iemand se dogter, Ma, dogtertjie almal het dieselfde reg op lewe, almal Oscar Oscar nou, hy het erken is gevang en gestraf, wat van die wat elke dag moor en borg kry om nog te verkrag en moor. Wie baklei vir daardie vrouens, julle is soooo hooked op Oscar dat die hele prentjie verlore gaan, mense baklei vir elke persoon, kind, vrou, man, oupa, ouma, lees hoe word bejaardes wat vir hierdie land gesorg het deur boerdery, kos op die tafel, aangerand, vekrag en vermoor, baklei asb met dieselfde erns vir hulle ook! NIe neerhalende rassisiese aanmerkings en verder boggorol nie, staan op kry die NVG, Gerrie daar!!!!!!

Floors ·

Gerrie mors nie ons geld…zuma doen hallo. GO GERRIE.. en goed gese Linda Fourie

Floors ·

Oscar en Berrie lieg lekker saam….hy het geweet Reva was aan die ander kant van daai deur…

Versigtig ·

Versigtig outjie, dit is nie in ‘n hof bewys nie, jy kan jou ook aan die verkeerde kant van die gereg bevind met so stelling.

Eddie ·

Los vir Oscar sodat hy kan sy vonnis uit dien en met sy lewe kan aan gaan. Plaas die NVG konsentreer op die al die korupsie sake en ons belasting betalers geld nie so mors nie .Dit lyk eerder vir my die ego’s het n bietjie pak gekry het in die saak .

Uiltjie ·

Hoe verkeerd kan mense wees, vanaf die beriggewing tot kommentaar! Dis NIE Gerrie Nel wat WIL vervolg nie, maar wel die NVG!

jaco ·

So die wit Afrikaanse man wat nog uit die apartheidsjare kom beweer eintlik dat die swart regter onbevoeg is… Hy behoort eerder sy mond te hou on dankbaar te wees hy het nog werk met sy wit vel.

Loretta van Wyk ·

Ek lees in die Huisgenoot van die pyn waardeur die families die afgelope jare moes gaan. Het hulle nie al genoeg gely nie. Het enigeeen van ons ‘n idee hoe dit voel om daardie mense se skoene vol te staan EN hoe moet hulle afsluiting kry en aangaan met hulle lewens. Ek gee nie om wie daaraan glo of nie maar daar is iets soos vergifnis. Laat die saak met rus genade hoeveel geld moet daar nog gemors word en hoevele ander belangriker dinge is daar wat op gefokus moet word. Hoeveel geld wil almal nog maak uit hierdie saak. Ek is mens verstom R E R I G !!!!

Topster ·

Die regtervget nie haar werk gedoen nie en moet die vonnis toestaan vir die oortreding gepkeeg dis so maklik soos dit maar dis sy wat ons gewone landsburgs se geld vreet jaag die sleg ding weg en gee die regte vonnis

Catherine ·

Al was Oscar vir 10 jaar gevonnis sou Gerrie Nel weereens gekla het. Dit gaan nie vir meer vir Gerrie oor die dood van Reeva nie, dit gaan daaroor dat hy nie kan of wil verloor nie en aanhou sal baklei tot Oscar 15 jaar of meer kry. Gerrie Nel wil n punt bewys want hy het nie tyd vir Oscar nie. Wie het Reeva se ouers finansieel versorg na haar dood? Wat was haar ouers se reaksie toe dit in die hof uitkom??? Hul sou glo al die geld wat hy aan hulle betaal het terugbetaal, is dit gedoen – glo nie so nie. Hierdie hele saak gaan net oor geld, geld, geld en ons belastingbetalers gaan nog lank betaal. Haal my maar uit as julle wil maar dit is hoe ek al oor hierdie hele saak voel.

Hoekom ·

Wat van al die plaas moorde? Die kinders wat vermoor en ontvoer word? Wat van die ou mense wat vermoor word? Hoekom word daar nie soveel aandag aan hulle moord sake gegee. Hulle het ook families wat deur die pyn en verlies moet gaan.

Jan ·

Hoekom het hy nie die securiteut ontbied hy bly dan in n kompex ?????? .Hoekom het hy nie net een skoot geskiet nie ??????? .Sy lewe was nooit ooit bedreig nie .Hoekan jy net skiet as jou lewe bedreig .! Hoekom het hy nie een skoot deur dak of venster geskiet nie???????? Hoekom het hy nie met die skelm probeur praat niie ?????? Wat is die afstand na kamer en wat is die astand na voor deur ????????? .wat is die afstand na die naaste buurman???????

Liewe heksie ·

Ja Jan hoekom was jy nie in die getuiebank nie ooooo jy het vir niemand gesê jy was daar nie

Alrea ·

Ek het die boek “behind the door” deur Barry Bateman vandag klaar gelees. Ek het ook die hofsake en alle nuusberigte gevolg. Ek staan by die NVG. Doen wat julle kan.

WitBlits ·

Alrea – die boek is deur ‘n joernalis geskryf wat wil geld maak en was hy dalk die oggend van die voorval daar om te weet wat die waarheid is? Die NVG het alreeds met die Vrystaatboere saak hulle ware kleur gewys en Nel is een van hulle “puppets”!

M'Lady ·

Wat verstaan julle nie van die vonnis nie? Daar was versagtende omstandighede. Dis hoekom Oscar nie 15 jaar gekry het nie. Die drie verswarende omstandighede is belaglik. Hou op om my belasting geld te mors Gerrie Nel en die NVG. Dis nou n persoonlike vendetta. Om van siek te word. Almal gaan nou weer probeer geld maak hieruit.

Geregtigheid ·

Dis Oscar wat ons belasting geld vermors. Hy kon sy fout aan die begin erken het en sy straf begin uitdien het soos enige ander moordenaar in Suid Afrika. Dankie aan Gerrie Nel wat as staatamptenaar ‘n voorbeeld vir ons almal is wat net sy werk 100% wil doen. Ek wonder of die mense wat so kla oor Gerrie Nel hulle werk 100% doen of probeer doen.

Lida ·

Shoe maar ons het baie regters, prokureurs, sielkundiges en aanklaers in ons geledere. Skoenmaker hou jou by jou lees.!!!!

Piet ·

Mense, glo dit of nie, maar ek verlekker my nie in Oscar se vervolging nie, maar om met Nel omgekrap te raak is net soos om stopstrate te blameer vir ongelukke. Die man verdien respek. Oor die inhoud van Oscar se verweer sal ek my nie wil uitlaat nie. Groetnis en lekker naweek, Piet (Alias)

Petrus ·

Julle almal vergeet van Don Steenkamp.Sy versagtende omstandighed het nie n rol gespeel in sy vonnis nie. Moord is moord. Oscar het ook moord gepleeg en verdien die minimum van 15 jaar. Hy wou iemand doodskiet daardie aand.

Floors ·

Versigtige outjie…..maak jou oe oop!! En as dit jou dogter was..

Kobus ·

‘n Verkragter van ‘n kind het in die week 25 jaar trokstraf gekry.

Bring die skaal julle, kom vertel wat julle na Oscar se 6 jaak dink.

En veronderstel hy het nie gemoor nie, maar die daad soos in die eerste sin, watter straf sou hy dan gekry het?

L J ·

Die hartseer in die saak is dat dit voorkom kon word. As O P se wapens van hom weggevat is, en onbevoeg bevind is toe hy vorige kere glo skote afgevuur het soos in die media bekend gemaak is, was hier nie moord gepleeg nie. Iemand het drooggemaak.

sartjie ·

Die man het n fout gemaak los hom om sy straf uit te dien. Pleks bepaal julle jul eerder by erger dinge as om een mens soveel sleg te se en skade aan te rig . Ag nee man get a life.

Elize ·

Ek lees uit pure verveeldheid julle almal se kommentaar. Ek is nie snaaks nie mense, maar het julle die grade en geleerdheid van die mense oor wie julle nou almal iets te se het? Ek is seker simpel maar glo my nie Masipa of Nel gaan hul tyd mors om die snert wat julle hier kwytraak te lees nie. Wie ookal bereid is om in enige van daardie bekwame mense se skoene te gaan staan…go for it! Damn man!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.