Oscar wend hom tot konstitusionele hof

oscar-pistorius

Oscar Pistorius op 21 Oktober 2014 in die Pretoriase hooggeregshof tydens vonnisverrigtinge Foto: Themba Hadebe/AP/Pool

Oscar Pistorius het hom nou tot die konstitusionele hof gewend om teen sy vonnis te appelleer.

Pistorius dien tans ʼn vonnis van 13 jaar en vyf maande tronkstraf uit vir die moord op sy vriendin, Reeva Steenkamp, wat hy op Valentynsdag 2013 in sy huis in Silver Lakes, Pretoria, doodgeskiet het. Pistorius is aanvanklik tot ses jaar tronkstraf gevonnis, maar dié vonnis is verlede maand deur die appèlhof in Bloemfontein verleng nadat die staat teen Pistorius se vonnis geappelleer het.

Die staat het aangevoer dat daar geen wesenlike en dwingende faktore was wat regverdig het dat regter Thokozile Masipa van die minimum voorgeskrewe vonnis van 15 jaar vir moord moes afwyk nie. Die appèlhof het Pistorius se vonnis na net meer as 13 jaar aangepas omdat die hof in ag geneem het dat Pistorius reeds tronkstraf uitgedien het.

Volgens die hofdokumente wat Pistorius se regspan vandeesweek by die konstitusionele hof ingedien het, word daar aangevoer dat die appèlhof “wesenlike feitelike bevindinge van die verhoorhof geminag of geïgnoreer het”.

Pistorius voer aan dit is ʼn skending van sy grondwetlike reg tot ʼn regverdige verhoor wat die vonnis-gedeelte insluit. Hy meen dit is ook ʼn oortreding van sy grondwetlike reg om nie na willekeur of sonder rede van sy vryheid ontneem te word nie. In die aansoek word aangevoer dat dié oortredings van Pistorius se grondwetlike regte gelei het tot ʼn mislukking van geregtigheid.

Volgens mediaberigte sal die staat Pistorius se aansoek in die konstitusionele hof teenstaan.

Pistorius was verlede week weer in die nuus nadat dit aan die lig gekom het dat hy geringe beserings opgedoen het nadat hy glo in ʼn rusie betrokke geraak het met ʼn ander gevangene in die Atteridgeville Korrektiewe Sentrum in Pretoria waar hy tans tronkstraf uitdien. Singabakho Nxumalo, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, het gesê Pistorius het glo in ʼn rusie betrokke geraak met ʼn ander gevangene oor die gebruik van ʼn openbare telefoon in die spesialesorg-eenheid van die gevangenis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Speedguard ·

Na wie sal Reeva haar wend om haar grondwetlike reg te beskerm om haar lewe te kan lewe!

Kobus ·

Geldige vraag…maar ongelukkig het die oortreder meer regte as die slagoffer in hierdie land…onskuldiges word uit hul lewe geruk…met pyn en verdriet vir die familie en vriendekring…maar die oortreders word steeds hul lewens gegun…en wil voorregte he wat die slagoffers nie beskore was….

Cherokee ·

Reeva het geen beskerming nodig waar sy is nie; sy LEWE…

Andre ·

Slagoffers word nie beskerm deur die Grondwet nie, maar al die kriminele in SA gebruik ons Grondwet om hulle self te beskerm, hulle leer by die ANC.

Lukie Carelsen ·

Oscar kan bly wees dat die appelhof hom slegs die MINIMUM tronkstraf (15 jaar) minus die tyd wat hy reeds uitgedien het opgele het, en hom nie lewenslank tronk toe gestuur het nie.

Geregtigheid het uiteindelik geskied.

Oscar behoort sy straf te aanvaar en sy vonnis uitdien.

Ek twyfel sterk dat die konstitutionele hof sy vonnis sal verlig. Dit gaan Oscar net nog miljoene rande kos en die Steenkamps se rou wonde weer oopkrap!

Koos Malgas ·

Waar kom jy daaraan? Die appèlhof kon geensins die vonnis met lewenslange gevangenisstraf vervang het nie. Hy is nie aan beplande moord skuldig bevind nie onthou? Hulle kon dit hoogstens na 20 jaar gewysig het.

Lukie Carelsen ·

Koos Malgas. Jy vra waar kom ek daaraan. Hulle noem dit “gesag”. As jy nie regte gestudeer het nie sal jy nie weet waarvan ek praat nie. Daar is defitief prima facie getuienis dat daar moontlik voorbedagte rade (of soos jy dit noem “beplande” moord) wel was.

Die bottom line is Oscar het baie lig weggekom en hy moet ophou karring en sy vonnis aanvaar en aanbeweeg.

Finish en klaar.

Poplap ·

O my aarde die keyboard prokureurs is weer uit in volle swang en dis nogal lagwekkend (sommige dalk gegoogle of is daar ‘n moontlikheid dat dit eerder is na gelang van ‘n episode van LA Law/Suits? Maar regte het ons mos geswot)
Bewyse van voorbedagde rade sê jy nogal ne. Wat vertel jy ons nou……..

Pop ·

Ag Oscar, jy het nie n einde nie het jy?? Eintlik moes jy lewenslank gekry het. So hou nou op kerm. Erken liewer jou skuld en toon berou.

Monique ·

Oscar is die enigste persoon in die HELE Suid-Afrika wat so baie gevonnis word…. genade vir die wat kommentaar lewer het julle enigsins die trial gevolg? Nee ek dnk nie so nie. So los vir Oscar uit! Hy word net so behandel oor hy Oscar is.

Lukie Carelsen ·

Jammer Monique maar baie van ons HET die “trial” gevolg en weet waarvan ons praat. Klink my die enigste persone wat nie die “trial” gevolg het nie is jy en regter Masipa!

Lukie Carelsen ·

Nog ‘n vragie. Jy se “Oscar is die enigste persoon in die HELE Suid Afrika wat so baie gevonnis word”.

Wat van die beskuldigdes in die doodskis-saak? Hulle het 14 jaar en 11 jaar tronkstraf gekry en hulle het NIEMAND vermoor NIE!

Dink jy dit is regverdig?

Lukie Carelsen ·

Finale opmerking. Die appelhof het ook die saak gevolg en die logiese, regverdige uitspraak gelewer. Geregtigheid het geskied. En ons vertroue in die regstelsel versterk!

Ek hoop en vertrou dat die appelhof ook die doodskis-uitspraak en vonnis sal regstel.

Zorro ·

Ai Oscar. Hoekom moet jou straf dan nou minder wees as enige ander mens se straf? Jy het nooit genuine jammer gesê nie.

LV ·

Dit sal goed wees as die hoogste hof in die land n finale beslissing in hierdie aangeleentheid maak sodat alle partye afsluiting kan vind.

Toy ·

Almal wat se hy moet sit in di tronk, wag tot een van jul engeltjies daar beland.

Kobus ·

Toy…ongelukkig sal jul my as n hardvogtige Pa afmaak…maar as een van my “Engeltjies” skuldig is aan n misdryf…moet hy die gevolge dra …hoe lief ek hul het…die beste opvoeding in my vermoee hul gegee het…en hul trap verkeerd…sal ek hul ondersteun waar ek kan deur my liefde…maar as hul skuldig is…dan sal hul moet boet vir die misdryf…jul gaan my slag…maar niks gaan my van my standpunt laat afsien….

Leeu ·

My “engeltjies” pleeg nie moord nie, hulle is beter as dit groot gemaak.

LHS ·

Haai oe die regsgeleerde is darem slim, behalwe totaal oneties om die uitspraak te maak dat n regter van die hooggeregshof nie die saak gevolg het nie. Hoop vir jou part sy hoor nie van jou uitsprake nie.

Jannas ·

Amen op dit Toy. Sommige kommentare baie hard. Hy ht verkeerd gedoen. Maar onthou ons almal woon in huise van glas. Oordeel kom God toe.

Genoeg ·

Dit is ‘n skande dat ons mense hulle so verlustig in Oscar se omstandighede. Daar was beslis omstandighede gewees wat ‘n ligter vonnis regverdig. Dit is die rede hoekom ek my Afriforum bydraes staak, hoe kan hulle die Afrikaner hater Gerrit Nel werk gee, ek beslis nie help betaal nie. Daar is ook die feit dat almal aangaan asof die Reevaluate vrou ‘n engeltjie was, sy was maar een wat wat van die een bed na die ander gespring het. Sy verdien geen vrede waar sy is, ek is seker sy brand.

zeno ·

Genoeg, Niemand sal ooit die regte omstandighede ken nie. Reeva is dood en Oscar,ons weet nie of hy die waarheid praat nie. Was jy by toe Reeva van die een bed na die ander gespring het,vra maar net. Die Oscar besigheid is al vervelig,hy moet sit en dit aanvaar.

Hans ·

Gerrie nel het net sy werk gedoen en goed gedoen ook daarby. Jy is die een wat sê ander moet hul nie verlustig in Oscar se omstandighede en hier kom jy en oordeel RS oor iets wat jy nie eens in n hof kan bewys nie. Dit is wat ek skandelik noem.

alwyn burger ·

Daar is te veel teenstrydighede wat in Oscar se guns behoort te tel.
1. Prof. Vorster en Weskoppies oor Oscar se geestesgesodheid weerspreek mekaar.
2.Prof. Grant e Srafregprokureur se opinies oor regter Masipa weerspreek mekaar.
3.Internasionale menings : Trump : “die regter is ñ totale moroon. Kanada: . Nel se optrede word beskryf as “Prosecutorial misconcuct”.
4. Nie moord nie maar “Strafbare manslag” volgens Prof . Snyman.
5. Ooglopend publieke venyn tee oor Oscar en die swart regter het sober nugterheid onmoontlik gemaak.
6.Hier word gewag gemaak van die “staat”. Is dit die staat per se of is dit Gerrie Nel se persona?
7.Hoe hard die staat ookal probeer, kan dit nie bewys word dat dit moord met opset was nie.

LHS ·

10 uit 10 vir n feitlik korrekte skrywe. Mense vergeet maar te gou dat Oscar gevonnis is vir n moord maar nie die moord op die persoon RS nie. Tegnies klink dit snaaks maar alles gaan omrede daar geen defnitiewe bewyse is dat hy persoon RS doelbewus as persoon wou vermoor nie.

Mariaan ·

Oscar….jy het presies geweet wat jy daardie aand gedoen het…woedeuitbarsting! Plaas dat jy jammerte toon…erken jou groot fout….Reeva moes n nagmerrie baie groter as jou ou paar jaartjies beleef het toe jy haar so wreed vermoor het…sit en hoop jy kry berou wat jou vir altyd opvreet

Sam ·

Nou sal ek myself verwonder hoe lank is vir hom en sy ondersteuners genoeg vir moord pleeg.

Jakalas ·

Laat hy dit doen. Ek hoop die Konstitusionele Hof verhoog sommer sy fonnis terwyl hulle besig is. Hy het al klaar te lig daarvan af gekom.

Raponsie ·

En dit lyk my of hy nou sy ” geringe beseerings” wat eintlik ‘n blou kol is wil gebruik om hom vinniger uit te kry… HAHAHA! Wat ‘n grap. Ons mense buite kry ook blou kolle en gaan nie so aan daar oor nie. Nee, my ou jy moet maar sit en jou straf uit dien. Jy is nie besonders omdat jy Oscar is nie…

Lui ·

LOL ek stem @Raponsie, Oscar Porselein poppie wil voorgetrek word omdat hy Oscar is, en só n moeilike lewe gehad het. Hy moet sit! Veronderstel om lewens te wees. Laat jy sit tjom!

Hans ·

Sjoe daar word baie gesê. Kom ons kyk na n geval van n swartman wat die selfde oorgekom het, hy het nie so lang verhoor gehad nie want daar was nie geld nie. hy het lewenslank gekry. die feit bly staan wat ek van die begin af gesê het, Oscar het n vuurwapen afgevuur in n gebou in n rigting waar hy nie kon sien wie hy gaan tref nie, of wie agter die toe deur is nie. Dit opsigself is teen die wapen wet sover ek verstaan. ek moet ook net by sê dat ek geen kenner op enige van die gebiede is nie, net opleiding baie jare terug en toe was dit deel van jou opleiding. Hoe kan enige regdenke mens n vuurwapen afvuur en jy kan nie jou teiken sien nie. Dit is toetaal en al onverantwoordelik. Hy het bedoel om die wat agter die deur is dood te skiet. Ek sal ook 1 van die ouers wees wat gecrucify sal word, as een van my kids die wet oor tree op welke wyse ook moet die sy staf vat wat na hom toe kom. wanneer jy die speod grens oortree en uitgevang word moet jy maar jou straf vat. So ja ou Oscar sit maar en dink oor wat jy gedoen het.

Minnie ·

Jy’s n leuenaar en n moordenaar, jy moet eerder dankie sê vir die belaglike kort vonnis op moord.

Domvraag ·

Alles gaan net oor homself. Was te lafhartig om aanspreeklikheid vir sy dade te aanvaar. Moes geen versagting ontvang het nie en eintlik 20jaar sit. Mazeppa het nie net vonnis verkeerd opgelê nie maar ook staatsgetuies geïgnoreer dat daar gille en geskreeu was..wonder of Oscar ook in die tronk soos n vrou gegil het oor die gebruik van die telefoon..hy praat mos soos n man en gil soos n vrou.

Martin ·

Poplap, sommige van ons ís regsgeleerdes.
Die res is goed ingelig.

Magda ·

Hy moet sit sonder spesiale behandeling. My man werk vir korrektief, talle gevangenes ervaar rusies en agressie 24/7, en hul vat hul lot soos ‘n man. Oscar moet ophou om ‘n sissie te wil wees en jannie jammerbal speel. Dit irriteer wetsgehoorsame burgers. Onthou net, Reeva kon enige een van ons se dogter gewees het. En ja, ek voel dieselfde al was die moordenaar enige iemand anders – my standpunt bly dieselfde. Die hele debakel moet nou net end kry en hy moet ophou kerm om hemelsnaam – hy het iemand verwyder uit die samelewing – haar ouers het haar eerste tandjies, eerste tree, eerste alles beleef en hier kom hy, high en mighty en speel God oor haar lewe – maak nie saak wat die omstandighede was nie hy moet BOET vir sy daad. Punt.

Dirk ·

Snaaks hoe die Nasionale Vervolgings Gesag n swaarder straf vir hierdie internasionale persoonlikheid gesoek het, maar glad nie die moeie doen as n “nobody” vermoor word en die moordenaar slegs 8 jaar kry.

LHS ·

Korrek, as die slagoffer n vaal ou muisie was en Oscar n gewone onbekende persoon, was die kanse baie goed dat hy op die ergste net vir strafbare manslag n ligte vonnis sou kry.

LHS ·

Hans, ongelukkig is daar ten minste 6 soortgelyke sake al gewees waar die beskuldigdes skotvry daarvan afgekom het. Een hartseer so n voorval was die van die oud rugby speler wat sy eie dogter doodgeskiet het omrede hy gedink het dit is n inbreker. Nee wat Hans, as al hierdie klipgooiers self n parapleeg sonder bene was wat hulself nie fisies kon verdedig nie, in sy posisie was, dan kan hulle miskien iets kwytraak.

Hans ·

LHS maak nie saak hoeveel soortgelyke sake daar is, onreg sal daar altyd wees. Die waarheid weet net Oscar en dit is net die waarheid wat hom sal vry maak. Die feit bly staan hy het n wapen afgevuur na teiken wat hy nie kon sien of nog minder kon identifiseer nie. Dit is basie wapen opleiding. Die feit dat hy n parapleeg is gee hom nie die reg om willenskeur te skiet nie. LHS kom ons draai die bordjies om as dit jou kind was wat dood geskiet was. Ek veroordeel nie die persoon nie sy aksie het hom gebring waar hy nou is, nou wil ons op ons mense regte speel om ligter straf te kry. Dit is wat net te veel is vir die meeste mense. Neem verandtwoordlikheid vir jou aksies en wonder bo wonder sal jy opmerk dat mense dan geneig is om jou meer beganadig te wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.