Oscar woon oupa (101) se gedenkdiens by

Oscar Pistorius. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die departement van korrektiewe dienste sê die gewese Paralimpiese atleet Oscar Pistorius is deernisverlof gegee om sy oupa se begrafnis Dinsdag by te woon.

“Die versoek is in ooreenstemming met die departementele beleid oor geriewe en gevangenes verwerk, waar deernisverlof toegestaan kan word om begrafnisse of ernstige siektegevalle by te woon waar verwag word die persoon kan sterf,” het Singabakho Nxumalo, woordvoerder van korrektiewe dienste, gesê.

“Hierdie deernisverlof word net toegestaan wanneer dit betrekking het op ʼn naby familielid: ʼn pa, ma, kinders, huweliksmaat, broer, suster, oupa of ouma.

Nxumalo het gesê Pistorius is na die gedenkdiens vergesel en het intussen na die gevangenis teruggekeer. Die wêreldbekende atleet, wat skuldig bevind is aan die moord op sy meisie, Reeva Steenkamp, op Valentynsdag 2013, dien sy gevangenisstraf in Atteridgeville in die weste van Pretoria uit.

Die nuus dat sy 101-jarige oupa, Hendrik Pistorius, op 19 Oktober oorlede is, het Pistorius luidens berigte sleg getref.

Hy is 13 jaar tronkstraf opgelê en sal na verwagting in 2023 vir parool in aanmerking kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

72 Kommentare

LM ·

Baie danki aan Korrektiewe dienste. Ons bid ook vir julle vir julle moeilike taak. Ons bid ook vir elke gevangene dat hulle tot bekering sal kom en sal uitstap as instrumente in God se hand want die oes is groot en die arbeiders is min. Los die veroordeeling vir die Here want net Hy en Hy alleen ken elke persoon se ware verhaal – Hy is in beheer – Hy het n doel met alles. Oscar as jy my kind was dan sal ek nog by jou gestaan het. Mag die Here jou Vertrooster wees.

Boertjie ·

Dit het hom swaar getref dat sy oupa oorlede is, nou het ek als gehoor wat van Reeva se gesin!!!! Hulle moet sleutels van die sel deur weg gooi.

L ·

Reeva se gierigge gesin se millitere wereld. Kom oor jouself. Reeva was gn so onskuldig nie.

Swaar getref... ·

Reeva se afsterwe het vir Oscar NOG swaarder getref. En; laat staan tog asseblief die ewige afgesaagde ou rympie van, ‘gooi die sleutels weg’ – wees oorspronklik.

Don ·

Ja Boertjie, jy sal die selfde sê as dit met jou gebeur. Onthou net ” Mense wat in GLAS huise bly kan nie klippe gooi nie “

Teaan ·

Ek het vandag met my eie oë gesien hoe nederig en opreg Oscar was. Ek was bewoë toe ek sien hoe diep hartseer die man het. Manne, hy het dit nie maklik nie, wat ek vra is dat ons moet probeer vergewe en empatie met ander sal hê. Hoekom soveel haat na een persoon toe kanaliseer? Ek kan jou waarborg hy is ‘n beter mens. Hoeveel keer moet ons nog beledig, boelie en sleg sê? “He who has no sin cast the first stone”.

Verné ·

Hy HET MOORD GEPLEEG. My broer HET bride SY ouers VERLOOR…toestemming is albei kere geweier. “Skoon” rekord in gevangenis. Gewone gevangenis,nie hoë risiko nie meer as helfte van sy straf uitgedien. Geen rede waarom hy kon geweier word nie MAAR HY IS HOEKOM!? OMDAT HY ‘n onbekende gevangenis was…dubel standaarde! JY HET NIE VOORDELE AS JY SKULD BEBIND IS EN JOU STRAF MOET UITDIEN NIE !!!!

Grys ·

Baie mense ontvang klein en los straf vir die tiepe moord, dink hieraan, dis n first time offence en moontlik dat hy nie weer gaan moord pleeg nie, korrektiewe dienste het geen doel om hom daar lewenslank te hou, my tax mors op iemand wat nie eers n gevaar in hou vir die samelewing… hy dien sy korrektiewe dien uit…maar dis geen sin isolation van die samelewing… ooh en hierso in richardsbay het n man sy vrou vermoor, kon haar net nie meer vat nie, was 15 jaar opgelê verstaan wat ek sê? Sleg mense maar nie die resources werd nie…

Elsa ·

101 jaar oud. Hy was baie geseënde om so n hoë ouderdom bereik het. Kan my indink hoe baie dinge hy in sy lewe beleef het. Rus in vrede, Oupa.

Nico ·

Kan alle moordenaars en ander misdadigers asb. hul geliefdes se begrafnisse bywoon. Wat reg is vir een moordenaar kan ook reg wees vir ander moordenaars. Hulle noem dit wees konsekwent of het die ander moordenaars se ooms en pa’s nie genoeg geld om te betaal vir spesiale behandeling nie. Die dag as jy gestraf word vir jou sinnelose dade verbeur jy tog jou vryhede ja ook om jou oupa se begrafnis by te woon!

Michael ·

Nico ek stem saam jou. as jy moord pleeg en jy gaan tronk toe moet jy geen regte he nie geen wonder moord word so maklik gepleeg nie. Oscar moet sy straf uit dien sonder voordele. En Alida ek het die saak baie mooi gevolg. Sy straf was baie lig hy was baie gelukkig.

Boertjie ·

Nico en Michael , Ek stem saam met julle,maar lyk my net n klein groepie deel ons saamstaan!Moord is moord en klaar! Die selfde regte moet geld of jy arm of ryk is. Hy is skuldig bevind en daar is steeds mense wat sy kant kies! Ek sal graag wou weet hoe hulle sal voel as hy een van hulle kinders vermoor het…….. per ongeluk

Elsa ·

Wat n hoë ouderdom en so baie wat hy beleef het in daardie 101 jare. Rus in vrede Mnr Pistorius

Genoeg ·

Stom staan ek oor mede Afrikaners se ongenadige uitsprake.

K ·

@Genoeg, snaaks hoe hulle nie so vinnig plaasmoordenaars en hijackers vergewe nie. Moord is moord.

Moord is Moord ·

Wat vir die een geld moet ook vir die ander was dit nou n plaasaanvaller of new kaaper was die komentare heel anders. Omdat jy bekend is maak jou nie minder n moordenaar nie. Hyt n vrou iemand se dogter koelbloedig vermoor sonder om genade te toon. Finish en klaar. Riv Reeva.

Sophia erasmus ·

Hier gaan ons alweer! Al my simpatie lê by Osxar!

Mickey ·

Jesus het die moordenaar langs hom aan die kruis vergewe. Die Here sê ook My grace is sufficient for you 2 Cor 12:9 As die Here al hiedie dinge vir ons doen, wie is ons dan om te oordeel. As hy sy oupa se begrafnis kon bywoon is ek bly vir hom.

$ ·

Solank jul almal se empatieke gesindhede konsekwent toegepas word teenoor alle moordenaars: plaasmoordenaars, huisrowers wat moor, kapers wat doodskiet, transitorowers wat geldwagte en onskuldige lede vd publiek van ‘n geliefde beroof, mnr. Rhode, die Stella-koshuismoordenaar, Henri van Breda en kie.

Phillip Groen ·

Die moordenaar op die kruis langsaan het steeds gesterf. Wat Jesus gedoen het was om sy siel te spaar van die ewige oordeel. Maar sy aardse liggaam moes steeds die straf dra. Hy het nie sy aardse lewe gespaar nie. Die moes die moordenaar aflê vir boetedoening van sy daad. Met Jesus se genade tree die begrip van “double jeoperdy” in. Hy het reeds die hoogste aardse prys betaal vir sy daad met sy doodstraf, daarom is dit net logies dat hy nie ‘n tweede keer vir daardie daad gestraf sou word nie. Sy bekering aan die kruis was wat bepaal het dat sy siel gespaar sou word. Jesus het hom geensins vrygeskweld van sy aardse straf nie..die bewys is duidelik want hy het ook gesterf. Maar oor hy hom bekeer het was genade aan hom betoon. Die twee sake hou nie eens verband nie.

Jou aardse straf MOET jy dra, want iewers moet jy verantwoording doen en as dit nie hier op aarde is nie sal jy verseker in die hiernamaals moet pa staan vir jou dade.

Hoe weet ons dis die Here se genade wat dit vir Oscar gedoen het? Dalk was dit eerder ‘n toutjietrekkery wat dit gedoenhet.

Abe ·

Mickey,
Die “misdadiger”(volgens Lukas) was nie ‘n moordenaar nie.

Guve ·

Los di mam uit,kindermishandeling,dwelms,dis vandag aan die orde van di dag,so asb!!!

Abe ·

Mickey,
Of hy ‘ n moordenaar was of nie verander nie aan die geldigheid van jou argument nie. Dis maar net ‘n interessantheid wat ek opgemerk het. Ek stem saam met jou argument. Vergewing/vergewingsgesindheid is ‘n opdrag in die Bybel.

Oordeel ·

Die een wat nie sonde het nie. Tel asb n klip op en gooi hom. Maar almal wat hier kommentaar lewer kan nie. Mense wie is julle om te oordeel? Besef jul dat die maat waarmee jy meet sal jy mee gemeet word? Besef jul dat wanneer jy jou sonde voor God erken en hom as jou saligmaker aanneem Hy jou sonde vergeef en nooit weer daaraan dink nie? Maar julle klou vas en gooi klippe? Ek sal baie versigtig wees oor wat ek sê. Woorde dra krag. Bid eerder vir die mense en help om siele vir die Koningkryk te wen as wat jul in so n oordeel gees leef.

Pietman ·

Ons moet beslis oordeel, en die man was ook deur die regsbank veroordeel. Almal wat nie self moordenaars is nie, mag hom oordeel.

Skerpioen ·

Of jy nou n plaasboer vermoor het, jou vrou, jou stiefkind jou buurman of n vreemdeling. Sodra jy gevonnis word moet jy daai tronkstraf uitdien. Selfs al vergewe almal in die wereld jou vir jou dade, jy moet jou teonkstraf uitdien. Anders kan alle misdadegers en moordenaars wie reeds vergewe is deur die mensdom vrygelaat word. Van hulle sal weer misdade pleeg, van hulle sal hul les geleer het…. hoekom want wanneer jy tronk toe gaan vir n bepaalde tydperk verbeur jy AL JOU VRYHEID vir daai termyn. Ek is jammer maar ek stem nie saam dat een gevangene n nabye familielud se begrafnis kan bywoon encdie ander een nie. Ek voel persoonlik nie hulle moet nie. Maar mens sal altyd mense beide kante van die draad kry asook n hele paar draadsitters.

Elize ·

Al julle “vergewe mense”, kyk eerder oor julle spelling in die boodskappe dan sal dit ook beter gaan. Hy het gekry wat hy verdien – finish en klaar

Mickey ·

Ek hoor jou Philip Groen en ek verstaan wat jy sê maar daar is ander gevalle ook soos die straatvrou wat Jesus gered het toe die mense haar wou stenig. Mense moet hul straf uitdien. Maar as jy tot bekering kom en jou sonde waarlik bekeer het die Here jou vergewe. Die wet sê mos hulle kan begrafnisse bywoon ens van naaste familie. En ja, omdat ek n Godvresende kind is kry ek alle moordenaars jammer (natuurlik die slagoffers ook, moord is n bitterlikke slegte ding) want in die hel gaan daar n gekners op tande wees.

lolla ·

hy kry nog altyd voorkeur behandeling…. en die vermoorde is nog altyd aandadig aan haar moord en die oorsaak daarvoor en sy verdien dit want sy was geensins n onskuldige engeltjie nie…..en haar ouers is nog elke slag die teiken vir beledigings as geldgierig en soek aandag ens ens ens ….alles wat sleg is…. want hulle is nie ryk nie……. ons mense moet regtig dink hoe sou jy voel as jou kind wat vir jou help sorg het vermoor is……. . die moordenaar het baie minder straf gekry as ander na hoeveel appelle…. ander hoor sommer dadelik dat hulle nie mag appelleer nie…. en dan glo mense nog hy verdien nie om in die tronk te wees nie en moet vrygelaat word…..en hy kry deerlike verlof vir sy ouma en oupa se begrafnisse….. daar is min bewaardes maar hy kan een vir n dag net vir homself kry… en om alles te regverdig word glashuise en klipgooi met Bybelversies en aanhalings gegooi as jy nie saam stem dat hy nie uitsonderlinge behandeling moet kry nie…… ek kry hom jammer maar hoekom word hy uitgesonder…. ek wonder hoeveel beskerming hy kry teen ander wat hom kan te na kom in die tronk ….want hy is spesiaal…… o jinne nou gaan iemand se kop waai want die voortrek was in die media…

Abe ·

Lolla,
In watter sin is “die vermoorde aandadig aan haar moord”? Ek verstaan nie.

thea ·

ag asb dit is vergunning van korrektiewe dienste. dit is vir alle gevangenisse. dit hang ook van die gedrag en omstandighede. daar is gevangenisse wat op naweek pas gaan voor hulle vrylating. hierdie is niks met Oscar te doen nie. moet asb nie altyd vir Oscar wil slaan nie. he bietjie menslikheid. wonder as dit Reeva was of dit ook so n gekla so wees

honourable member ·

Aangesien ander gevangenis ook baie regte het is dit seker ook net regverdig dat Oscar sy familie lid se gedenkdiens bywoon. Wat vir die een geld moet maar vir die ander een ook geld. Die tronk het mos nou meer van n hotel as rehabilitasie sentrum geword.

vra net ·

As Oscar nie ‘beroemde atleet was nie sou daar nog steeds so ophef gemaak geword het, sou elke beweging wat hy doen met valk oe dopgehou word. Hy is ‘n mens soos ek en jy en word gestraf vir wat hy gedoen het. Ek glo hy word elke dag herinner aan wat hy gedoen het en moet die res van sy lewe daarmee saamleef. Oscar is nie ‘n bedreiging vir die samelewing nie so hoekom mag hy nie sy oupa se diens bywoon nie. Los die man in vrede. Hy kry swaar genoeg.

treurgrond ·

Oupa Pistorius wat op 101 jaar oorlede is. Rus in vrede Oupa.

jakes ·

Oscar is gestraf vir wat hy gedoen het. Hy het homself nie verlof gegee om sy oupa se diens by te woon nie. Korrektiewedienste het sy aansoek goedgekeur nadat hy aan die nodige vereistes voldoen het. Nadat hy wel eendag vrygelaat word sal hy vir n langtyd gemeenskapdiens moet doen. Min mense is bewus darvan dat gevangenis met goeie gedrag selfs vir n naweek mag huistoe gaan voor vrylating.

TLC ·

Ek sien n paar kommetare van mense wat nog nie hul brug voltooi het nie
Bou hom klaar en kom oor jouself
Oscar jy sal altyd n baie special plek in my hart he
Ek is trots op jou en wens jou alle sterkte toe vir die toekoms
Nou gaan ek seker hoor “wat as dit jou dogter was”
Of dit of dat
Whatever
Oscar hou jou kop hoog ?

Willie ·

Ag vra net… Oscar is aangekla vir moord..dis n baie erenstige misdryf.. almal weet van sy arrogansie en selfsug.. ongelukkig as jy moord pleeg, en in die tronk is, verbeur jy sulke voorregte… dis iets wat hy ongelukkig op himself gebring het… invoedryke mense se familie word maar net anders behandel… Dis ongelukkig nie reg nie…

Pandora ·

@ Pietman hoeveel moorde pleeg ons met ons tong? Kom ons sê dankie vir die genade wat ons daagliks ontvang dat ons nog nooit tot die werklike daad van moord gedryf het nie. Ons

linda limbo ·

gooi my dood met klippe maar ek’t ‘n soft spot vir Oscar
ja ja ja oor sy verlede het jy nie EEN?
wat hy gedoen het sal God hom oor judge dis nie een van julle se plek
ek hoop die man kan eendag weer die lewe in die oë kyk en mag God
gee dat dit wat oor is vir hom wonderlik mag wees!
sterkte !!!!!!!!!!

christa ·

hy het gans te veel regte. Hy het ander nie daardie regte gegun nie

Anair ·

TLC en Linda Limbo ek is saam in julle kraal.. moord word beplan hy het niks beplan nie .. my gebede is met jou Oscar en weet ook dat God ook hierdie toegelaat het met n doel..hou vas aan Hom Hy is die enigdte regverdige.. Love youOscar

Anoniem ·

Ek stem saam met die mense wat se dit moes nie gebeur het nie. Die tronke is vol misdadigers en as daar vir een n guns gemaak word dan geld dit vir ander ook. Dit wil vir my voorkom die tronk bevoordeel hom en hy hou nou vakansie daar terwyl ander gevangenes dit uitsweet. Ek veroordeel hom nie maar hy is en sal vir altyd die klad op sy naam dra as moordenaar dit is waarvoor hy gevonnis is. Wit moordenaar of swart moordenaar bly moordenaar.

E.K. die eerste ·

Ek kom sit hier met vrede in my hart en voel gelukkig na ek klomp kersgeskenkies toegedraai het vir minderbevoorregtes en dan kom lees ek weer al die nare opmerkings. Ek is al so moedeloss met mense wat net nie hulself kan weerhou van aaklige goed skryf nie. Daar is ook ‘n groot verskil tussen dit wat Oscar gedoen het en baie ander moordenaars wat alles vooraf beplan en uitgevoer het so hou op om te sê ons moet almal ook vergewe wat moorde gepleeg het. As hulle werklike berou het is dit in elk geval nie vir my om hul NIE te vergewe nie – glo my God kyk na elkeen van ons se harte en weet wat daar aangaan. Ek glo en weet Oscar het berou en dis nie vir my of meeste hier om te bly vinger wys en gal te braak oor iets wat geensins ons lewens beinvloed nie. Daar’s hy – ek wag vir die gewone aanvallende aanmerkings en klippe – sticks and stones can break my bones but words can never hurt me

VanAfrika ·

Bla, bla, bla aan julle wat so klippe gooi. Beteken dit dan dat hy nie berou mag toon nie, sy hele persona was berou regdeur die hele ding. Nie een keer was hy arrogant teenoor enige iemand terwyl hy tot terme moes kom oor wat hy gedoen het nie. Kyk na die man wat vir die hof tong uitsteek nadat hy skuldig bevind is met Hannah se moord. Kyk dan na Oscar wat sy gevoelens nie kon beheer en self siek geword het. Ek het nie Oscar se loopbaan gevolg nie en was nie so n groot “fan” nie. Het sy oorwinnigs net so in die verbygaan gesien. Maar toe ek daardie gesig sien van iemand wat opreg berou getoon het, kon selfs ek sien dat hy diep beskok was die gebeure. Ja in sekere opsigte was hy dalk arrogant, dit beteken nie dat hy n doelbewuste moordenaar is nie. Hy betaal nou n duur prys vir daardie arrogansie, iemand vir wie hy lief was is dood, sy sosiale lewe is niks van oor nie, hy mis sy daaglikse aktiwiteite, sy naam en handels naam “Oscar Pistorius” is aan skerwe. Gaan lees en koop Isaiah Reed se DVD en kyk bietjie wat God vir hierdie “pimp” gedoen het na hy herhaaldelik deur bendes geskiet is en vir dood agtergelaat is. God het hom vir sy dade vergewe en vandag dien hy hoog op in die Huis van die Here. Wie is julle om klippe te gooi?????

Anoniem ·

Sterkte en innige simpatie ! Ek gun Jou weer ‘n lewe na 2023 Onthou net God kan vergewe en genees ! Jy het SA trots gemaak toe Jy die golf gery het Dankie ????

Jay ·

Maar tog oordeel almal hier plaasmoordenaars? moord is moord. Hy geniet te veel voordele.

Riouna Martin ·

Moordenaars het baie voordele in vandag se tronk! Dis hoekom dit so gaan in ons land. Ons sorg vir hulle in die tronk en dan het hulle nog voordele ook. Dis hoekom die vrot skuldiges nooit sal leer nie en die wat daarin dink om misdaad te pleeg sien al die voordele en die lekker lewe in die tronk. Dis dinge soos die wat veroorsaak dat misdade en misdadigers geweld toepas en hulle weet hul sal niks oorkom nie.

Elsa ·

Pietman, nêrens in my Bybel staan jy mag oordeel nie. Bid jou aan, as jy nie self ‘n moord gepleeg het nie, dan mag jy oordeel? Wat van julle wat met woorde hoeveel moorde pleeg en mense se siele met jul woorde en oordeel doodmaak?

Elsa ·

Nog nooit in my hele lewe het ek gesien dat mense ‘n moordenaar so haat soos wat Oscar deur sy eie mense gehaat word nie. Hoekom is die jong seun wat sy ouers en sy suster by Griekwastad vermoor het, Henri van Breda wat ook ‘n broer en sy ouers vermoor het en die koshuismoordenaar van twee meisies nie ook so gehaat nie? Hulle het nie net een mens doodgemaak nie en het dit nog vooraf beplan ook! Ek dink ons ou volkie en die lot wat so veroordeel, is jaloers op die sukses en wêreldroem wat Oscar behaal het en juis daarom word hy so gehaat. Julle het gemaak dat my simpatie by Oscar lê, al ken ek hom van geen kant af nie en het ek nie eens die saak gevolg nie. Ek wonder net wat sal gebeur as die blinde sambok julle bykom en een van jul kinders doen presies dieselfde. Sal julle dan jul eie kinders ook so haat en veroordeel en die tronksel se sleutels wil weggooi? Sterkte aan Oscar en sy familie wat nog steeds vir hom lief is.

Ronel ·

Elsa jy neem die woorde so uit my mond! Jason Rhode word ook nie so gehaat nie, ek dink al lankal ons ou volkie sien nie graag die son oor ‘n ander skyn nie.

wonder net ·

As Oscar die holosie kon terugdraai……….die een sonder sonde gooi asb die eerste klip, hy betaal reeds n hoë prys.

Fred ·

Ek glo Oscar moes baie hartseer gewees het oor die wete dat hy seer in sy oupa se lewe gebring het. Dit kon nie vir die oupa maklik gewees het om te weet wat sy kleinkind gedoen het en in die tronk sit gedurende sy laaste paar jaar op aarde nie. Ek glo Oscar moet baie berou hê oor al die hartseer wat hy veroorsaak het, aan sy eie geliefdes en Reeva se geliefdes.

christa ·

nimand verdien om vermoor te word nie. Maar vrouens kan meer kuis lewe en nie rondslaap voor hul troues nie, dis tog wat in die Bybel staan. Om kuiser te lewe sal baie vroue se lewe verleng en minder sal vermoor word. Vir daardie man het ek geen simpatie, hy mag seker nederig wees maar hy het haar vermoor en daaroor gelieg.

Willie ·

Net my 5 sent, die wat n naweek pas kry is direk voor hulle vrylating… jy kry nie teolating in die begin van jou uitdienning nie….

Michelle ·

Ek was, is en sal altyd jammer wees vir Oscar.
Dit bly ‘n verskriklike ding wat hom asook Reeva oorgekom het.
Hul was albei aan die begin van ‘n wondelike toekoms vorentoe.
Maar ja – stem saam met paar mense hier bo alreeds genoem – sy was glad nie so onskuldig in die hele storie nie.
Hoop hy kan daai tronkdeure baie vinnig in die toekoms agter hom sluit en ook so die hele gedoente agter hom sit en val die slegte ondervinding vergeet.
Kyk net vorentoe Oscar.
Moenie luister na negatiewe kommentaar nie.

Adam ·

Oscar het ‘n wrede en weersinswekkende daad gepleeg, MAAR hy betaal sy “skuld” aan die gemeenskap. Korrektiewe Dienste se besluit was korrek en dit is ‘n belangrike stap in sy rehabiltasie-proses wat hopelik daartoe sal lei dat hy oor ‘n klompie jare suksevol in die lewe buite die tronk geintegreer kan word. Dit is tyd dat ons nou daardie boek toemaak en alhoewel Oscar hom nie juis met die Seders van die samelewing omring het nie, behoort hy sy les te geleer het. In die tagtigerjare het Regter Smalberger 2 dames in verskillende sake waarin hulle hul mans vermoor het hulle gevonnis tot 5 jaar wat in die geheel opgeskort is en geen haan het daarna gekraai nie. Regter Smalberger was terloops as ‘n “hanging judge” beskou. Waar was die venynige kommentaar toe daar nog nie sosiale media was nie, maar nou ja, “ignorance is bliss”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.