O’Sullivan-klopjag ‘deel van ondersoek’

Paul O’Sullivan (Foto: Who’s Who)

Die klopjag wat Vrydag op die forensiese speurder Paul O’Sullivan (62) se kantoor in Sandton in Johannesburg uitgevoer is, is deel van ʼn voortslepende ondersoek.

Maroela Media het vroeër berig Willie Spies, O’Sullivan en AfriForum se regsverteenwoordiger, het gesê die polisie het omstreeks 12:30 in “volle mag” daar opgedaag. “Paul was self nie by die kantoor nie, maar sy assistent, Sarah-Jane Trent, was wel,” het Spies gesê.

Volgens Trent (32) het die polisie glo ʼn deursoeking- en beslagleggingslasbrief en dring daarop aan om op rekenaars, dokumente en kantoortoerusting beslag te lê.

“Dit is vir ons problematies aangesien Paul en Sarah staatsgetuies is in die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) se korrupsieondersoek teen lt.genl. Khomotso Phahlane [die waarnemende polisiekommissaris].”

Genl.maj. Sally de Beer, woordvoerder van die polisie, het gesê hulle ondersoek klagtes wat verband hou met intimidasie, afpersing, poging tot afpersing, bedrog en die wet op die onafhanklike polisieondersoek-direktoraat.

“Hy het al voorgekom in verband met hierdie klagtes en die saak is uitgestel tot 17 Mei wanneer hy en sy medebeskuldigde, Sarah-Jane Trent, sal voorkom,” het De Beer verduidelik.

“Ons het ʼn lasbrief gehad vir hierdie klopjag en het dit aan O’Sullivan se regsverteenwoordiger oorhandig. Daar is op die toneel inligting uit sekere elektroniese toestelle onttrek. Die feit dat hy die land verlaat het sonder om die ondersoekbeampte daarvan in kennis te stel is ʼn oortreding van sy borgtogvoorwaardes en sal deel uitmaak van die ondersoek,” het De Beer gesê.

“Die polisie wil dit duidelik maak dat geen mens verhewe is bo die gereg nie. Ons sal aanhou ondersoek instel sonder vrees of begunstiging,” het De Beer bygevoeg.

Niemand is vandag in hegtenis geneem nie.

“Dit is nie eintlik polisiebeleid om kommentaar te lewer op sake wat nog ondersoek word nie, maar O’Sullivan het reeds sy kontakpersone in die media in kennis gestel van die klopjag,” het De Beer gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Johannes van Rooyen ·

Lyk my net ZUMA is verhewe bo die wet
Die korruptes beskerm hom mos

CHRISTA ·

Jy is reg Johannes, en daar is HONDERDE aanklagte teen hom en hy het nog nie eers vir EEN voorgekom nie!!!

Bella ·

Vertrou Nie die Polisie Nie julle gaan sy bewyse teen waarnemende Polisie kommisaris vernietig.

Ramkat ·

As die ondersoek van Lt Genl Phahlana af kom is dit pure poging tot afdreiging en intimidasie,

Braam Stander ·

Ek ruik lont. Die Minister van Polisie het samewerking met Opod verseker, Opod, met is besig met ‘n ondersoek na die waarn. Kommissaris van Polisie

sioux ·

kom weer genl.maj De beer. geen mens is verhewe bo die gereg nie????? regtig? wat van….. as hy nog very loop en president word met minstens 743 klagtes teen jou?

Eddie Pake ·

783 aanklagte teen Zuma en as ek dit nie mis het nie is genl. maj. de Beer al uit Jackie Selebi se tyd woorvoerder. wonder net hoe vorder sy so vinnig?

Jan Programeerder ·

As ek die mense was het ek gesorg dat al my elektroniese inligting ordentlike enkripsie op het. Dan kan die korrupte polisie maar kom beslag le, hulle gaan niks wys word sonder die wagwoord nie. En as hulle ‘n hofbevel moet kry dat jy die wagwoord moet oorhandig koop dit vir jou tyd om eers jou eie prokereurs betrokke te kry

Bekommerd ·

Ja Sally laat mens dink aan toe Gerrie ook gearresteer was deur die polisie en Pravin wat ook so geintimideer was. Dis kommerwekkend as polisie so maklik gekriminaliseer word. Voortdurende ondersoek sluit dit ook Zuma en die Guptas in.

John ·

Die ANC raak nou erg paranoies. Almal wil Zuma tot ‘n val bring. Wat laat die prez so dink. Dit gaan dan so goed met die land en hy is ‘n voorbeeldige leier wat selfs in die Wereldstrafhof tot ridder geslaan is. Binnekort kry hy ook een van daardie ere-kleurbaadjies soos sy neef, Mogabe in Zim… en die jet soos antie-Angela s’n, so een met die mooi sitkamertjie en kroegie. Die Guptas weet waar koop mens dit spotgoedkoop en as ‘n geldjie oor is een of so atoonkragstasies vir kraglyne na my arm oom in Nigerie wie se kersie gedurig doodwaai as hy die comics in die koerante oor SA se narre wil kyk.

Helene ·

O’Sullivan “tickle” darem Phalane se snare!!!! Tipie van die regering om hierdie man te wil vasvat. Hulle sal leuens ook verkoop om hom in die hande te kry agter slot en Grendel. Hierdie O’Sullivan is nie bang vir hulle nie. My wrewel teenoor die hele spul raak net al groter. Ek hoop werklik dat Afriforum hom enduit sal kan bystaan want soos dit deesdae in hierdie land gaan het die gewone burger nie meer n se nie en maak die Polisie soos hulle wil. Sterkte aan O’Sullivan en almal met sy saak gemoeid.

Leon ·

As julle dan sonder vrees of begunstiging ondersoek instel, waarom ondersoek julle nie vir Zuma en sy meelopers nie? Gaan lees gou al die verslae oor “state capture” dan gesels ek en jy, Sally de Beer, weer oor ondersoek sonder vrees of begunstiging.

Kabous ·

Dit is goed – fantasties – om te sien dat die polisie deesdae sake so goed ondersoek!

Sprakeloos, is ekke.

Toe ons gekaap was en my vriend geskiet is was daar net een ondersoekbeampte en hy was ‘n konstabel.

Na sy dood aan aids het daar niks verder met die saak gebeur nie. Dis nou 5jr later.

Dit is ‘n riem onder die hart om te sien hoeveel polisiemanne deesdae almal SAAM een saak ondersoek. Die feit dat hoër range betrokke raak is net so fantasties!

Brig de Beer, klop daai manne wat so hard werk op hulle skouer!

Dereck Le Roux ·

Indien dit soos Brigadier Sally de Beer se dat niemand verhewe is bo die wet nie en dat die polisie sal sinder vrees of begunstiging vervolg wat van die politieke elite en die president wat met 783 klagtes van bedrog, korrupsie, geldwassery en regsverydeling teen hom sit met ander woorde ‘n aartsrampokker is wanneer gaan die polisie eendag sonder vrees of begunstiging teen hom optree as om eerder teen persone op te tree wat as fluitjieblasers en ‘n stok in die wiel teen korrupte politici optree, ek betwyfel dit nie dat daar nog toegewyde polisiemanne is in die polisiediens nie maar moenie die fluitjieblasers viktimiseer en intimideer om die nasionale polisiekommisaris se gat te beskermsaam met sy korrupte president en sy volgelinge.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.