OTM-aanvaller op heterdaad betrap

Foto ter illustrasie: Pixabay

ʼn Vermeende OTM-bomaanvaller is in Zwelethemba op Worcester in die Wes-Kaap in hegtenis geneem.

Polisiebeamptes het gereageer op ʼn ontploffing by ʼn OTM buite ʼn winkel in Mtwazistraat in die township, sê kapt. FC van Wyk, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder. “Met hul aankoms op die toneel het hulle gesien hoe ʼn verdagte op die vlug slaan.”

Die polisie het die 24-jarige agterna gesit en kontant in sy besit gevind toe hulle hom inhaal. Hy kom na verwagting in die landdroshof voor sodra hy aangekla is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Abe ·

MM re OTM-aanvaller berig.
Wat n eienaardige taalkonstruksie in die laaste paragraaf van die berig. Moet dit so wees?

Sune van Heerden ·

Dagsê Abe

Dankie vir jou boodskap.
Ons het die sin effens gewysig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.