OTM-rowers vlug sonder ʼn sent; polisieman geskiet

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

ʼn Groep van 20 swaar gewapende OTM-rowers in KwaZulu-Natal moes Woensdagoggend met leë hande vlug nadat polisiebeamptes op hulle toegesak het voordat hulle by die kontant kon uitkom.

Maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê die rowers het omstreeks 01:30 ʼn kitsbank in die sakesentrum van KwaDukuza geteiken. Hulle het reeds veiligheidsbeamptes wat in die omgewing gery het se voertuig gekaap en die beamptes ontwapen, terwyl hul makkers die OTM opgeblaas het, toe die polisie by die toneel opdaag.

“Die rowers het op die polisiebeamptes losgebrand en ʼn konstabel is gewond,” het Zwane gesê. Die rowers het met leë hande in hul wegkommotors gevlug.

Volgens Zwane kon die rowers nie daarin slaag om enige geld in die kitsbank te steel nie. ʼn Saak van gewapende roof, poging tot moord, kaping en opsetlike saakbeskadiging word ondersoek, het hy gesê. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.