Ottosdal-bejaarde vermoor: ‘Sy het altyd veilig gevoel’

Dirkie van der Merwe. Foto: Verskaf

Dirkie van der Merwe. Foto: Verskaf

ʼn Bejaarde inwoner van Ottosdal in Noordwes wat Vrydagaand wreed in haar huis vermoor is, sal Vrydag ter ruste gelê word.

Dirkie van der Merwe (82) se liggaam is Saterdagoggend deur familielede op die vloer in haar huis aangetref. Sy is vermoedelik versmoor en verwurg.

Andries Engelbrecht, Van der Merwe se skoonseun, het aan Maroela Media gesê sy skoonma het alleen in ʼn huis in die dorp gewoon nadat sy skoonpa reeds jare gelede oorlede is. “Sy was glad nie bang daar nie en daar was nooit voorvalle van misdaad by haar nie, behalwe vir ʼn tuinstoel wat een keer gesteel is. As dit donker was, het sy haar in haar huis toegesluit en met haar hondjies binne gebly. Sy het altyd baie veilig gevoel,” het hy gesê.

Volgens Engelbrecht het Van der Merwe se tuinwerker Saterdagoggend onraad gemerk toe hy gesien het dat daar geen beweging in die huis was nie en dat die voordeur oopgestaan het. Hy is na die apteek in die dorp waar een van Van der Merwe se drie dogters, Laetitia, as apteker werk. Kort daarna het familielede op haar liggaam afgekom.

“Die deur en veiligheidshek het oopgestaan, so ons vermoed sy is dalk op die stoep oorval en toe in die huis ingesleep. Daar was geen tekens van inbraak nie,” het Engelbrecht gesê. Hy het ook gesê dit is nog nie duidelik hoeveel verdagtes betrokke was nie en dit sal moontlik deur die forensiese ondersoek bepaal word.

Kontant uit Van der Merwe se beursie, haar selfoon, trouring, horlosie en bronsmunte uit ʼn spaarvarkie word vermis.

“Sy was ʼn baie saggeaarde mens. Niemand op die dorp het nie met haar oor die weg gekom nie. Sy was maar oud en het al probleme met haar rug en heup gehad, maar selfs op haar gevorderde ouderdom was sy altyd baie liefdevol en saggeaard,” het Engelbrecht gesê.

Kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig. Niemand is nog in verband met die moord in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Theresa ·

Dis hartseer. Mag die familie krag kry om dit te verwerk. Die manier van afsterwe is afgryslik. Hoop die polisie en speurders doen alles in hul vermoë om hierdie moordenaars spoedig op te spoort. Forensies sal verseker help. Trek hul vas en gee hul ‘n baie lang toesluit-vonnis. Verloor gerus die sleutel. Hierdie wreedheid teenoor ons wat op die platteland woon, moet gestuit word deur voorbeelde van die oortreders te maak.

Gesiggie ·

Nog n lewe… die arm Tannie was op n ouderdom wat bitter min mense nog kan beleef vandag/ hoekom nou so iets met haar gebeur. ? wat was hul bedoeling… sy was dan n sag geaarde mens. Ek hoop hul word hard genoeg gestraf vir hul dade. Sterkte aan haar familie. Jammer vir jul verlies.

vierkleur ·

Hulle bedoeling was om te moor, en sy is blank, dis hoekom dit met haar gebeur het.
Dit klink kras,maar dit is wat ons elke dag in Suid Afrika as n blanke volk in die gesig staar.

Hennie ·

Maklik, fokus op sagte teikens as jy ‘n lafaard is. En dis wat hulle ook is, sien hulle in die hof dan bedek hulle die gesigte. Enkele persoonlike goedjies gesteel, dat die persoon daarvoor doodgemaak moet word is slegs ‘n bysaak.

En dan skreeu almal oor rassisme, watter patetiese waardes!!!

Suzette ·

@Hennie: Presies!!!!!. Kan nie ons fris jong manne wat nog kan kom aanvat nie hulle weet hulle gaan 2de kom. Rassisme: Jy ook reg watter patetiese waardes. Dis om van naar te word

Hennie ·

Maklik, slaan toe op sagte teikens as jy ‘n lafaard is. En dis ook wat hulle is, sien hulle in die hof dan steek hulle die gesigte weg. ‘n Paar persoonlike goedjies word gesteel, dat sy daarvoor doodgemaak moet word is vir hulle ‘n bysaak.

En dan skreeu almal oor rassisme, watter patetiese waardes!!!

Hennie ·

Maroela stel teleur, as jy sommige kommentare lees en jou eie opbouende kommentaar word uitgelaat, besef jy dat ons met dubbele standaarde te doen het.

Karma ·

Hennie, 100% korrek. Maroela Media is tog só polities korrek! Moet geen rasverwysing maak nie, moenie ‘n oordeel uitspreek wat jy as persoon ervaar nie; ek dink soms dit is nie langer werd om MM se berigte te lees en te probeer kommentaar lewer nie. Baie keer pos ek kommentare wat 300% in ooreenstemming is met Maroela se V&B’s en dan word dit net nie geplaas nie.

Pendoring ·

Ek het ookal daardie dubbelstandaard sensuur ervaar. Soms grens die kommentare op blatante rassisme en dit word aanvaar. Ander keer weer word ‘n eenvoudige waarneming gesensureer. Elke keer is daar so ‘n amper koolstofkopie-antwoord wat sê dit pas nie in by die v&b nie. Hartseer, baie hartseer.

Lou ·

Snaaks, myne word altyd gepubliseer. Seker maar oor ek lekker lees en min kla!

Sune van Heerden ·

Dagsê Hennie

Kommentaar neem soms ‘n wyle voor die op die webwerf verskyn.
Dit gebeur soms dat kommentaar per hand goedgekeur moet word. Wanneer jou kommentaar dus nie dadelik op die webwerf wys nie, beteken dit nie noodwendig dit is afgekeur nie, dis dalk net bloot nog nie goedgekeur nie. Jou kommentaar op hierdie berig is wel goedgekeur.

Dankie vir jou geduld
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Frans ·

Nog ‘n slagoffer van ‘n mislukte staat waarin misdadigers soos roofdiere rondsluip op soek na nog weerlose slagoffers.Hoe lank gaan dit mense nog neem dat niemand in Suid Afrika ,behalwe miskien die omring deur veiligheidsmagte, veilig is nie, Selfs met die beste veilgheidsmaatreëls koop jy net een ding is tyd.

Ek het jare gelede al die nare ondervindig gehad dat selfs dit wat in die omgangstaal bekend staan as ‘n osketting,

Theresa B ·

Alles so sinneloos en dit gebeur nou elke dag…………………………..
Ek verstaan nie die dinge nie!!

Jan maak n Plan ·

Nou word daar van ons verwag om in vrede en harmonie met sulke moordenaars en barbare saam te leef. Sal seker ook nog binne kort van ons verwag word om hulle oor te nooi vir ‘n braaivleisie ook. Hierdie land en sy regering is besig om my g….vol te maak.

HARTSEER en GEBROKE ·

Ons as Suid Afrika staan op ons knee Hartseer En Gebroke voor GOD ons VADER.

Ons as mense verstaan nie die doel van sulke weldadige barbaarse optrede nie!!!

Verdryf die Bose uit ons saamelewing.

Amen

Ruby ·

Hoekom sal die tuinier die dogter gaan roep net omdat die deur oop staan…..

Daar word glad nie melding van gemaak dat hy geroep of gaan kyk het wat aangaan.

Hoop ek is verkeerd.

Rita ·

Die tuinier laat my wonder???? Deur en veiligheidshek was oop???? Wonder maar net!!

Annie ·

Dalk juis omdat hy bang was dat mense gaan dink hy was die skuldige? Onthou dis n klein dorpie, daar word dinge anders gedoen as in die stad waar elkeen net vir homself is

Koellie ·

Ek is so vreeslik jammer om van dit tehoor en ek is regtug erg geskok om tedink die oumense word hulle grootste tykens sterkte aan al die Famiellie lede ek dink aan julle in die vreeslike tyd en bid vir julle van Colani (koellie)

HARTSEER en GEBROKE ·

Hartseer En Gebroke staan ons Suid Afrika op ons knee voor GOD ons Vader.

Ons as mens sal nooit kan verstaan waarom sulke nuttelose barbaarse optrede teenoor ons samelewing gebeur En plaasvind nie.

Verdruif die Bose uit ons wee En samelewing.

Amen

HARTSEER en GEBROKE ·

Hartseer En Gebroke staan ons Suid Afrika op ons knee voor GOD ons Vader.

Ons as mens sal nooit kan verstaan waarom sulke nuttelose barbaarse optrede teenoor ons samelewing gebeur En plaasvind nie.

Verdruif die Bose uit ons wee En samelewing.

Amen

Flippie ·

Ek wens iemand wil my kom vermoor sodat ek nie langer tussen hierdie godlose moordenaars hoef te lewe nie. Want dis nie n lewe nie.

Elgeraine ·

Liefste tannie, rus in vrede xx Dis so hartseer, hoeveel mense nog?

Marietjie ·

Dis so ontsettend hartseer as mens sulke nuus lees. Mag die familie getroos word en die moordenaars gevang en tronkstraf opgelê word.

Frans ·

Ek sit my e op n blok dis niblank wat dit gedoen het geen respek vir lewe ni

Lerise Engelbrecht ·

Baie dankie vir almal se simpatie en meegevoel. Ek is ouma Dirkie se kleindogter en wil net dankie se aan elkeen wat aan ons dink.

Tina du Toit ·

Baie sterkte vir julle almal. Mag God julle dra deur hierdie seer tyd.

Oom Boer ·

Dit is hartseer en ook saam met dit aggressie, want hoekom moet ‘n weerlose oumensie op so ‘n wyse van haar lewe ontneem word. Sy het geen skade aan enige iemand gedoen nie en haarself net in haar ou woonplekkie toegesluit. Hierdie Ouma en Moeder is weggeneem van haar geliefdes in bose omstandighede. Sou die Ouma dalk ‘n goedhartige samaritaan wou wees om iemand ietsie te wou gee by aanklop en toe oorval is en met haar lewe in goeie dade geboet het???? Nog ‘n Ouma wat net ‘n vergete statistiek inskrywing gaan wees na haar lewenslange gemeenskaps bydrae. Rus in Vrede “Ouma Dirkie” en mag jy die vrede en vreugde wat jy verdien in die HUIS van God vind. Aan al die familie, vriende en gemeenskap wens ons jul alle simpatie en medelye toe in hierdie rou tydperk en mag God elkeen van jul se harte aanraak en gebede verhoor. “Sterkte”

Tina du Toit ·

@ Flippie, ek kan nie glo jy wens sulke snert nie. Weet jy hoe seer dit is om `n geliefde te moet verloor en hoe jou mense gaan voel???Dink net hoe moes daai tannie gespartel het vir haar lewe en hier wens jy om versmoor te word. Ons almal leef in vrees, ek ken ook daai gevoel. Maar om te wens iemand moet jou lewe neem, is nie `n oplossing nie. Ek bid vir jou. Sterkte aan die familie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.