Ou hoof weer by SA Express aangestel

SA Express (Foto: Facebook)

Siza Mzimela is weer as die waarnemende uitvoerende hoof van die streeklugdiens SA Express aangestel.

Die departement van openbare ondernemings en die raad van SA Express het in ʼn gesamentlike verklaring aangekondig dat Mzimela, wat voorheen hoof van SA Expresss was voor sy na die Suid-Afrikaanse Lugredery (SAL) oorgeplaas is waar sy van 2010 tot 2012 uitvoerende hoof was, weer by SA Express die leisels sal oorneem.

Luidens ʼn verklaring van die departement het Mzimela meer as 20 jaar ondervinding in die lugvaartbedryf.

Mzimela was volgens die departement tot onlangs deel van die ministeriële ingrypingspan wat in Mei vanjaar aangestel is om SA Express se bedrywighede en finansies te stabiliseer en opsies te identifiseer om die lugredery te herkapitaliseer gegewe sy onmiddellike korttermyn-likiditeitsprobleme.

Matsietsi Mokholo, huidige waarnemende hoof, gaan ʼn nuwe pos in die presidensie beklee en sal binne twee weke haar pligte aan Mzimela oorgee.

“Die raad bedank Mokholo vir haar harde werk as deel van die ingrypingspan wat verseker het dat die lugredery gereed is om weer kommersieel bedryf te word ná die Burgerlugvaartowerheid (BLO) sy operateursertifikaat en lugwaardigheidspermit in Mei 2018 opgeskort het.”

Maroela Media het vroeër berig BLO het in Mei vanjaar SA Express se vlugte opgeskort nadat “oorweldigende bewyse” aan die lig gekom het dat die lugdiens nie aan veiligheidsmaatreëls voldoen nie.

Volgens die BLO is die besluit geneem nadat ʼn oudit by die lugredery en sy instandhoudingsorganisasie gedoen is. Die owerheid het destyds gesê erge gevalle van nienakoming van regulasies wat ernstige veiligheidsrisiko’s inhou, het aan die lig gekom.

Die BLO het SA Express laat in Julie toestemming gegee om sy vlugte te hervat nadat ʼn bedryfsertifikaat weer aan die lugredery toegeken is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Bernard Hellberg ·

Selle vrou wat SAX in die grond in bestuur het. Nou’s daar net twee vliegtuie oor – dus kan sy nie te veel skade aanrig nie. VWSA gebruik hulle nie weens “safety issues.” Vlieg eerder FlySafair en kom veilig aan✈️

Ai tog ·

Hehehe daar duik hy weer grond toe .. julle leer ook NIKS nie . .. foeter maar aan.

John ·

…en oompie Gordhan bly ons held onaantasbaar en slim. Was hy nou weer ‘n apteken of ‘n tandarts? En volgende is Eskom. Wie gaan weer daar aangestel word? Raai, en hou die gasbottels vol.

marous ·

20 Jaar ondervinding in die lugvaart bedryf in die grond in dryf …..

jaco ·

“20 jaar ondervinding in die lugvaartbedryf”. Was sy ‘n lugwaardin?

Theo ·

Ai, 20 jaar se”ondervinding” ek kyk hoe lyk die sousvliegtuig maatskappy nou, goed op geexpress.

Sandy ·

Moenie worry nie julle, as jy by een plek gewerk het en die hele ding opgetoffie het, wees gerus, jy sal na ‘n ander pos geskuif word om dit ook op te toffie, in plaas daarvan om afgedank te word. Lekker plek die.

Alida ·

Mens het geen nagraadse kwalifikasie nodig in SA nie. Stem net ANC en wees skelm dan is jou kop deur.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.