Ou landsvlag ‘hunkering na orde van rassisme’, hoor hof

Die gelykheidshof het Maandag ‘n aansoek van die Nelson Mandela-stigting en die Menseregtekommissie aangehoor om ’n verklarende bevel te kry oor duidelikheid oor die definisie van haatspraak. (Foto met vergunning van Forum Nuus)

Die ou landsvlag is “rassisties, ’n simbool van rassehaat en mense wat dit in die openbaar vertoon, verlang terug na apartheid en die oorheersing van wit mense oor swart mense”.

Dít is van die betoë wat regter Phineas Mojapelo Maandag in die hooggeregshof in Johannesburg aangehoor het. Die hof sit as gelykheidshof.

Die Nelson Mandela-stigting (NMS) en die Menseregtekommissie (MRK) het ’n aansoek gebring om ’n verklarende bevel te kry oor duidelikheid oor die definisie van haatspraak, soos vervat in art. 10 van die gelykheidswet (die Wet op die Bevordering van Gelykheid en die voorkoming van Onregmatige Diskriminasie).

Die NMS en MRK hoop dat die vertoon van die ou landsvlag verbied kan word. Die partye se argumente word ondersteun deur Johannesburg Pride en die minister en departement van justisie en korrektiewe dienste. Die partye vra nie in dié huidige aansoek vir die totale verbod op die vlag nie en voer aan dat dit in die konteks van byvoorbeeld museums tuishoort. Daar is ook nie oor die private besit daarvan betoog nie.

Die NMS het die aansoek aanvanklik teen AfriForum gebring nadat die NMS aangevoer het dat lede van die burgerregte-organisasie die ou vlag tydens Swart Maandag-protesoptogte teen plaasmoorde in 2017 vertoon het. AfriForum staan die aansoek teen en ontken ook die aantygings.

AfriForum voer in hofstukke aan dat ’n wye verbod op die ou vlag ongrondwetlik sal wees en sal neerkom op ’n miskenning van spraakvryheid.

Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, het Maandag die hofverrigtinge bygewoon.

Volgens Roets is AfriForum daartoe verbind om die reg op vryheid van spraak te beskerm, terwyl aktiewe stappe gedoen moet word om ware haatspraak te beveg.

AfriForum gee toe dat die ou vlag die kapasiteit het om aanstoot te gee en emosionele ongemaklikheid te veroorsaak. Die organisasie moedig die vertoon van die vlag ook glad nie aan nie.

Adv. Tembeka Ngcukaitobi, namens die NMS, het in sy betoog na AfriForum gekap en gesê die organisasie neem nie in ag wat die werklike impak van die ou vlag is nie. Volgens Ngcukaitobi maak die ou vlag mense “diep seer” en is dit vir baie ’n “simbool van apartheid”, wat “’n misdaad teen die mensdom is”.

Die gelykheidshof het Maandag ‘n aansoek van die Nelson Mandela-stigting en die Menseregtekommissie aangehoor om ’n verklarende bevel te kry oor duidelikheid oor die definisie van haatspraak. (Foto met vergunning van Forum Nuus)

Adv. Wim Trengrove, namens die MRK, het aangevoer dat mense wat ten gunste van die ou vlag en die vertoon daarvan is, “terug hunker na ’n orde wat rassisme en wit oorheersing bevorder het en swart mense as minderwaardig geag het”. Trengrove meen dit is ’n simbool wat “haat van wit mense oor swart mense propageer”. Daarbenewens identifiseer diegene wat die ou vlag vertoon nie met die huidige vlag van die nierassige, diverse en demokratiese Suid-Afrika nie.

Adv. Mark Oppenheimer, namens AfriForum, het in sy betoë beklemtoon dat vryheid van spraak nie kan beteken dat sekere vryhede ten koste van ander onderdruk kan word nie. “In ’n vry en oop samelewing moet vryheid van spraak beskerm word, al hou nie almal daarvan nie. Daar moet verdraagsaamheid vir simbole wees, al stem almal nie daarmee saam nie. Ons kan nie alle simbole verwerp net omdat dit deel van die verlede is nie. Daar moet verdraagsaamheid vir ’n verskeidenheid van sienings wees. Onpopulêre idees kan nie in ’n demokrasie doodgesmoor word nie,” het Oppenheimer gesê.

Oppenheimer het aangevoer dat onderdrukking van spraakvryheid neerkom op die onderdrukking van denke en die soeke na waarheid.

Hy het verwys na uitsprake wat wyle oudpres. Nelson Mandela rondom vryheid en vryheid van spraak gemaak het wat daarop neerkom dat die vryheid van een groep nie bo die van ’n ander gestel kan word nie. Hy het ook die voorbeeld van die Springbok-rugbyspan se embleem gebruik wat aanvanklik as ’n simbool van haat bestempel is. Mandela het daarop gewys dat simbole meer as een betekenis kan hê, het hy bygevoeg.

Die saak duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Andreas ·

Oud Affies sê ook nie nee as hulle betaal word, soos die avokaat wat sy werk doen nie.

HPV ·

Die nuwe landvlag verteenwoordig presies dieselfde, die keer teen minderheidsgroepe. Wat nou MRK en meelopers, gaan julle ook vra dat dit verbied word?

ChrisE ·

Dit reen slae op ons neer
ons word, verkleineer
Word vertrap, verguis
In eie vaderland, ontuis
Aanslag op taal en kultuur
Hoe lank kan dit duur
Ons word gelouter en gesmeld
Opstaan sal ons, soos ‘n held
Geen heiden of bose mag
Het die moed en volkome krag
Om oor die volk te heers
miskien gebonde maar vry is gees

Johan ·

Sal dit rassisties wees as ‘n onderwyser ‘n les oor Suid-Afrika se vlag gee en vir die leerders wys hoe die ou vlag gelyk het?
Mens moet oppas vir hiper-sensitiwiteit en spoke sien wat nie bestaan nie.

Daan Erasmus ·

Daar is mense wat naar word as hul die Ou vlag sien. Daar is mense wat naar word as hul die nuwe vlag sien. Daar is mense wat naar word as hulle die Union Jack sien. Netso is daar mense wat naar word as hulle die ou Lebowa /Transkei /Bophutatswana ens vlag sien. Ons kan nie die geskiedenis verban nie.

Andreas ·

Johan, ek het sopas ‘n paar woorde hier bo geplaas, so is dit ook die leerders se keuse, die wat nie wil kyk nie kan die oë toemaak en as hulle ook nie wil hoor nie, die ore toedruk, maar nou is daar net een probleem, mens het net twee hande.

Marietjie ·

Hierdie is n baie onregverdige verskoning. Net soos hulle voel die ou landsvlag herinner hulle aan apartheid net so herinner die anc se vlag my aan terrorisme. Want apartheid aan die eenkant en terrorisme aan die anderkant. Apartheid herrinner hulle aan onderdrukking en terrorisme herrinner my aan bloedvergieting en die dood van ons onskuldige mense. Maar ja so werk dit nê.

Koos de Meyer. ·

Hulle is25 jaar aan bewind en huil nog steeds oor rassisme. My ou vlag staan in my sitkamer. Dis privaat eiendom. Die reenboog nasie vlag beteken niks. As hulle MK kamovleur in die openbaar by optogte en vergaderings dra herhinder dit ons aan die sogenaamde vryheidstryd. Daaroor word niks gesê nie.

Melanie ·

Ek het ook ‘n ou landsvlag teen my sitkamer muur. Ek stel glad nie belang in die nuwe vlag nie en ken die nuwe volkslied glad nie. My “domestic” kla nooit daaroor nie want sy het nog nooit bestaan nie.

Andreas ·

Ek het nie ‘n ou landsvlag nie, ek het DIE ou landsvlag.

marco polo ·

Die ou vlag gee my nie aanstoot nie en ek hunker beslis terug na orde. Dit maak nog nie van my n rassis nie.

Joe Olivier ·

Die nuwe vlag walg my. Gelukkig het ek nie n minderwaardigheidskompeks nie.

Pitty ·

Verander n klein ding en dis nie meer die ou vlag nie. Bodskap is die selfde. Laat hulle dit weer verbied en verander weer n klein ding. Hierdie speel kan vir jaare gespeel word. En die andag wat dit meebring word groter en meer openbaar.

Jeremia ·

Tog nie dieselfde Menseregtekommisdie wat Malema algeheel kwytgeskeld het van alle haatspraak teen blankes nie?

marous ·

Hang die britse vlag voor hul ambassade ? Dan moet dit meer aanstoot gee want hulle was die stigters van segregrasie .” Whites only” was orals in die wereld waar hulle “empire” mense onderdruk het en steeds doen . Laat die eensydiges daaroor antwoord .

Anoniem ·

Die nuwe vlag:BBBEE
BEE
REGSTELLENDE AKSIE
SASOL AANDELE NET VIR
SWARTES
I AM A LAND THIEF
DISCOVERY BANK
AANDEEL NET VIR
SWARTES
JAMMER maar die nuwe vlag is vir my ook pynlik

Antoinette ·

Ou vlag sal my kleur bly ek ken nie eens die nuwe volkslied nie stel nie daarin belang om dit te sing nie.

Peet ·

Ek staan verstom oor die snert wat in die land aangaan. Dat daar nou soveel tyd aan ‘n ou vlaggie bestee kan word gaan my verstand te bowe. Trengrove moet sy bloeddruk pille drink en gaan rus. Die MRK is in elk geval ‘n rassistiese organisasie so ons kan nie te veel van hulle verwag nie. As ons die situasie nou goed ontleed sal daar gesien word dat eintlik is almal ontevrede met die huidige kamtige demokratiese regering, maar om die soustrein aan die gang te hou, word daar gekonsentreer op alle sinlose dinge. Die groot wonder van Afrika “kom ons beweeg agteruit in plaas van vooruit.”

Nieko ·

Ek het my vlag in my huis. Ek speel die STEM net wanneer ek wil. Dit is my erfenis, my kultuur, my geskiedenis en my christelike opvoeding. Ek is 78 jaar oud en niemand gaan iets daaraan doen nie ??

Dries du Toit ·

@Anoniem. Dit is presies soos jy daar se en sal graag wil weet hoe enigiemand dit kan betwyfel. Die ou vlag mag dalk die swart meerderheid herinner aan apartheid. Die nuwe vlag verteenwoordig korrupsie, diefstal van staatsgeld deur ANC hooggeplaasdes, bankrotskap van bykans alle staats entiteite, Onderdrukking van die minderhede en blatante uitwissing van ons boere, uitwissing van duisende blanke besighede a.g.v. BEE

Annemaré vd Merwe ·

Hul mors darem maar baie geld op ‘n vlag wat nie eers kan praat nie. Hoe kan dit rassisties wees maar EFF en BLF skreeu openlik Kill the Whites en kom weg daarmee. As die vlag verban word moet hul ook verban word. Ek sal ook nie my vlag laat wegmaak nie, ek het grootgeword met dit en Die Stem. Is in my bloed. Sluit my toe, bevrees jul sal baie tronke nog moet bou.

Jandre ·

Wanneer en hoe is Wet & Orde verklaar tot Rasisme? En welke Regter sou dit duld om wet & orde as rasisme te beskou? Die woord “rasisme” is a komminusties woord uitgevind deur Leon Trotsky in 1927. Om teenstanders van die Komminustiese idiolie te stigmatiseer en onderdruk. Die ou Vlag was NOOIT n symbool vir ras-haat nie. Die droom en hoop op n beter regering sal nooit vrek nie!

Brutus ·

Stem saam met almal hierbo se kommentaar. Die nuwe vlag verteenwoordig anargie, brandstigting, diskriminasie teen minderhede, weteloosheid en moorde op daaglikse basis op onskuldige mense van alle rasse , stakings, korrupsie ,die lys is te lank om aan te gaan. Al wat ons kan bevry is die wederkoms.

Karlahari ·

Plus minus 30,000 vroue en kinders in Britse konsentrasie kampe dood. Union Jack nie verban nie.
Kolonialisme word n euwel genoem en Union Jack word nie verban nie.
Ek sal daarvan jou om Union Jack gelyk te stel aan haatspraak. Kan n interressante toets saak word…..
Gaan buitebande ook verban word of was dit deel van die wapens van die sogenaamde “armed struggle” wat nooit gebeur het nie?

Peet Schabort ·

Ek wonder (maar twyfel) of daar al ‘n regstelling gemaak is by die ingang van Spioenkop waar die Engelse pak gekry het. Daar waar die Transvalers deelgeneem het.
By die ingang pryk hierdie nuwe een tesame met die Union Jack. Geskiedkundig korrek behoort die Vierkleur en die Engelse vlag daar te wapper.

Scruffie ·

Ek wil my nie uitlaat oor die ou lands vlag nie . N vlag is n form van indentiteit my oopienie Die nuwe lands vlag beten vir my net Rasisme Bedrog (nog niemand in die tronk nie) Moord Geen wet en orde nie en so kan die lys aan gaan

Leonard ·

Oranje wit en blou so trots op daai stukkie lap wat n land in rep en roer kan bring

Regtig ·

‘n Mensgemaakte stuk lap met mensgemaakte simboliek. Plaas spandeer die mense eerder hulle energie op iets wat saak maak.

Frik ·

Net nog n stap in die proses om die wittes by te kom en die MRK is voor in die tou. MRK sien agter en onder elke klip net witrassisme maar is blind vir rassisme teen wittes. Wat die MRK doen dra geensins by tot nasie bou nie, maar tot rassewrywing. As hulle werklik eerlik is sal hulle alle ou vlae,, ook die Anc vlag insluit, want baie van ons assosieer die vlag met terrorisme.

Hans ·

Die Anc en Sakp vlae gee ook aanstoot aan baie mense in Rsa-dan mag dit ook nie vertoon word nie.

Mariana ·

Die mense sal enigiets gebruik om die blankes in die land van hul erfenis te beroof. So van wat kleingevoelig en kleinsielig het ek lanklaas gesien en gehoor. As dit van hulle afhang sal die blanke se hele bestaansreg uitgewis word. Maar wat kan mens dan nou ook verwag. Die MRK staan glo vir sogenaamde MENSEREGTE, maar waar is die regte van ons mense. Vir hulle bestaan net swartmense se regte. Hulle weet nie eers wat die definisie is van haatspraak nie, maar wil hul beywer om ‘n vlag te verban. Patetiese spul

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.