Ou Pta-straatname moet weer wys

Argieffoto

Argieffoto

Die Tshwane-metroraad is volgens ʼn hofbevel verplig om weer die ou straatname wat hy regoor Pretoria verander het, saam met die nuwe name te vertoon.

Dit volg nadat ’n volbank van drie regters van die Noord-Gautengse hooggeregshof Dinsdag die Tshwane-metroraad se appèl teen ’n vroeëre hofbevel, dat die raad die ou straatname saam met die nuwes moet behou, hangende die afhandeling van ʼn hersieningsaksie deur AfriForum, met koste van die hand gewys het.

Die aanvanklike bevel wat op 19 April 2013 deur regter Bill Prinsloo verleen is, het bepaal dat die borde met ou name binne 60 dae teruggesit moet word. Die naamborde moet dus teen 1 Augustus vanjaar regoor die hoofstad teruggesit word.

Werner Human, AfriForum se regsverteenwoordiger, het Dinsdag gesê die uitspraak is nie net ’n oorwinning vir AfriForum nie, maar vir almal wat gekant is teen die kulturele vandalisme wat die Tshwane-metroraad gepleeg het deur spesifiek straatname met ’n besondere kultuur-historiese waarde vir Afrikaners en ander minderhede te teiken in die naamsveranderingsproses.

Human het daarop gewys dat die raad kwaadwillig opgetree het deur destyds binne ʼn week al die ou straatnaambordjies te verwyder, nadat die raad verneem het dat AfriForum ’n bevel wou kry om te verseker dat die ou naamborde behou word.

“Dit is daarom gepas dat die hof ’n bestraffende kostebevel teen die metroraad gegee het. AfriForum glo die metroraad moet wys dat hy die ou borde met dieselfde spoed kan terugsit as waarmee dit verwyder is,” het Human gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

anet ·

Dankie AfriForum. Dankie dat daar nog mense is wat omgee vir ons kulturele erfenis

Malinda ·

Dankie Afriforum vir alles wat julle vir my en my nageslag doen en bereik. Ek spreek die seën van God uit oor julle, en oor al Sy kinders

Hendrik ·

Ons (Afriforum en lede) het hierdie keer met groot moeite te proses omgekeer, maar wat van volgende keer? Ons kan net nie meer toelaat dat die belastingbetalers se geld teen ons gebruik word nie. Die Metro gebruik die belastingbetalers geld om teen die belastingbetalers te veg in die hof. Ek verwag dat ons ‘n volgende keer die Metro moet straf met ‘n laat betaling van belastinggeld indien hulle weer eensydig optree! Hoe lyk dit?

Izmey Nel ·

Wat van Bloemfontein. Ons sal dit graag hier ook wil hê?

Francois ·

Hendrik….En as jy nie belasting betaal nie..dagvaar hulle jou en sit rente by…wie gaan dit dan betaal….Afriforum? Ek dink nie so nie ou maat.

Juan Olivier ·

PTA was ‘n Boere stad wat gestug was deur die Boere nasie. Die ANC kan hulle name op ‘n ander plek gaan plak.

jaycee ·

Die ANC het soos gewoonlik besluite geneem en opgetree sonder om hulle huiswerk ordentlik te doen. Hierdie saak gaan ‘n duur warm patat vir hulle word.

Alki ·

Dit sal die metro leer,” spiteful people only spite themselves”, hulle moes die ou name gelos het,” to cut your nose is to spite your face” tshwaneee metroooo

Albert ·

Ek kan nie sien waarom die kostes wat moedswilliglik deur amptenare aangegaan word nie van hulle verhaal kan word nie. Die hofbevel kan mos dood eenvoudig bepaal dat die persone wat verantwoordelik is vir die uitgawes daarvoor verantwoordelik gehou moet word. – hoe moeilik kan dit tog wees.

Steve ·

Dan moet dit ook deur die owerhede, die media en die publiek gerespekteer word deur die ou name te gebruik.
Hoekom verander hulle nie liewers die Afrikaanse straatname in hul eie woonbuurtes nie? Dis tog waar hulle bly?!
Hierdie is absoluut niks anders as diskriminasie van mense met ‘n swak selfbeeld nie.

Paplepel ·

Wakkerword Steve! Hulle bly lankal nie meer “daar” en ons “hier” nie. Hulle bly tussen ons. So as jy so ‘n stelling maak is “hulle” geregtig om ons straatname te verander.

neelsie ·

Die moedswillige optrede van die metro kos ons belastingbetalers baie geld. Wie betaal die nuwe straatnaamborde? Wie kry die kontrak daarvoor?
Dankie Afriforum….Julle is werklik betroubaar!

Liekie ·

hoeveel geld moet daar nog hiermee vermors word ???
Ek is dankbaar en ondersteun self vir Afriforum, maar hierdie is seker net weer tydelik. Daarna nog dersuisende om weer uitheemse name terug te plaas.

Kitsie ·

En wie betaal die regskoste ?? Ook weer die belastingbetaler …

Agterlike "nuwe" name meer gepas ·

Pretoria was ‘n ordentlike eerstewêreld stad. Pretoria is getransformeer (dit het eintlik net verval) na ‘n agterlike stat met die naam Tshwane. Kyk net hoe lyk die huidige Sunnyside vs die ordentlike wyle Apartheid Sunnyside. Die nuwe name pas die vervalle en agterlike Tshwane beter. Julle bring Verwoerd en ander staatsmanne se name in oneer as dit met agterlike dele van Tshwane geassosieer word.

Afriforum moet eerder moeite doen vir selfbeskikking vir eerste wêreld mense.

Naamsveranderinge en agterlikheid is sinoniem in Suid-Afrika.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.