Ou SA vlag dalk gou haatspraak

Die ou Suid-Afrikaanse vlag

Die Nelson Mandela-stigting het die gelykheidshof versoek om die tentoonstelling van die ou Suid-Afrikaanse vlag as  haatspraak, onregverdige diskriminasie en teistering te verklaar.

Die stigting het in ʼn verklaring gesê die besluit om die aansoek in te dien, volg ná jare lange openbare tentoonstelling van die vlag en in die hoop dat dit stopgesit sal word. “Hierdie tentoonstelling onderstreep die pyn van miljoene swart Suid-Afrikaners wat onder apartheid gely het, en steeds onder die nalatenskap daarvan swaarkry.”

Volgens die stigting is die ou vlag tydens die “Swart Maandag”-optogte in Oktober verlede jaar ten toon gestel. Dit het hulle finaal laat besluit om op te tree. Die stigting het ná afloop van uitgebreide beraadslaging en besinning die vraag gestel: “Is dit tyd om die tentoonstelling van die ou vlag strafregtelik te maak?”

Die stigting sê dit het in openbare debatte met onder andere die burgerregte-organisasie AfriForum duidelik geword dat sommige Suid-Afrikaners nie besef apartheid was ʼn misdaad teen die mensdom nie (soos verklaar deur die Verenigde Nasies in 1973), en dat die sinnelose tentoonstelling van die ou vlag ʼn viering van daardie misdaad en ʼn vernedering vir die slagoffers daarvan is.

Volgens die stigting het AfriForum in die debatte toegegee dat die tentoonstelling van die ou vlag “nie wys” is nie aangesien “dit sommige mense beledig”. AfriForum het egter aangevoer die vlag moenie verbied word nie aangesien dit deel van die geskiedenis is. ʼn Mens kan immers nie die geskiedenis verbied nie.

Die stigting sê hy het ʼn groot waardering vir die belang van die geskiedenis en die herinneringe daaraan (veral in ʼn land wat steeds genees), sowel as die reg op vryheid van uitdrukking wat in die Grondwet verskans word.

“Die stigting is trouens tot stand gebring met die visie dat ʼn samelewing ‘sy verlede onthou’ en ‘luister na al sy stemme’, maar ook ‘maatskaplike geregtigheid nastreef’. Die ou vlag is onmiskenbaar deel van ons geskiedenis, maar dit is waar dit hoort: in museums, dokumentêre en kreatiewe kataris-werke.”

Die stigting sê die sinnelose tentoonstelling van die ou vlag, wat geen werklike joernalistieke, artistieke of akademiese doel in openbare belang dien nie, het nie ten doel om ons pynlike verlede te onthou nie maar eerder om daarvan te vergeet.

“Dit dra niks by om maatskaplike geregtigheid, nasionale eenheid en menswaardigheid te bevorder nie – eerder die teenoorgestelde. Dit kan nie deur ons Grondwet beskerm of verdedig word in die naam van verdraagsaamheid en versoening nie, juis aangesien dit ʼn totale verwerping van verdraagsaamheid, versoening en al die waardes onderliggend aan die Grondwet toon.”

Volgens die stigting gebruik hy die reg om die sinnelose tentoonstelling van apartheidsimbole te ontmoedig en nie om dit strafbaar te maak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

83 Kommentare

tamboti ·

HALLO STEVE!
As die Oranje, blanje blou gevoelens seermaak, DIE PAC, SAKP en ANC vlag beteken Terrorisme, moord en geweld en afbreek vir my!
Die feit dat hulle regeer beteken nie dat hulle verlede regverdig en edel is nie.

Andre ·

Alles wat die regering doen en hulle wette is op ras gebasseer. As daar SA eenheid oor rasgrense is sal die ANC geen houvas he met verkiesings nie.

What ever ·

Dit is wat mens kleinlik noem. Diegene wat so kla en mirmereer oor die vlag het nog nie vrede gemaak met hulself nie. Dit is ook sekerlik tyd dat hulle bykom in die lewe.

SELEKTIEF ·

DAREM VREEMD HOE SELEKTIEF DIE regering en al die so called anti diskriminasie en anti rassisme organisasies te werk gaan? REGTIG? Die vlag is NIE ‘n simbool van apartheid nie alhoewel ek sien baie van die jongetjies van 23 en so aan dink so. SHAME, die vlag het NIKS met apartheid te doen nie, en dit was ook nie INGESTEL om apartheid of haatspraak te verteenwoordig nie. VREEMD dat JULIUS MALEMA en sy EFF trawante se plakkate waarop haatspraak DUIDELIK voorkom naamlik KILL THE WHITE, KILL THE BOER, ONE SETTLER ONE BULLET< KILL ONE BOEREKIND .. steeds nie as haatspraak beskou word of ENIGE verbod daarop geplaas is nie? Hulle swaai dit nogsteeds rond en hulle SING nogsteeds KILL THE BOER KILL THE WHITE en BRING MY MACHINE GUN. Hoe werk die Nelson Mandela stigting dat 'n vlag wat uit die geskiedenis dateer nou skielik HAATSPRAAK is, maar KILL THE BOER KILL THE WHITE Is nie haatspraak nie?? AFRIFORUM is ook belaglik as hulle saamstem, seker die jongetjies wat daar werk en nie weet van WANNEER af daardie vlag wapper nie .. maar ja .. as die WITTES dit self afstry, wie is ons paar 'verkramptes met die voortrekkerkappies' om daarteen te stry .. ek is net bly ALMAL se land gaan gevat word, ook diegene wat nou SAAMSTEM om die vlag as haatspraak te verklaar!

Cherokee ·

Selektief, (oftewel SELEKTIEF) hier is ‘n vriendelike en niè-neerhalende wenk. Iemand wat op jou manier skryf met mengsel van hoofletters en kleinletters se kommentaar word nie gelees nie. Ten minste nie deur my nie en waarskynlik lees meer mense dit nie omdat dit glad nie lekker lees nie. Dit is nie as kritiek bedoel nie maar bloot goeie advies.

Magda du Preez ·

Daar is net sekere mense wat die reg het om sensitief/ insecure te voel…..sekere mense kan net sê wat hulle wil en dit word verskoon – kyk bietjie na die definisie van rassisme

Lynette ·

Na my mening ly die mense vandag agv die zuma ANC nalatenskap.

Hendrik Havenga ·

Goeie nuus, dra die vlag saam vanaf die onderdrukking van Engeland. Na onafhanklikheid is nooit nuwe vlag geimplimenteer nie en eers in 1994 is Engelse juk afgegooi.

Casper Labuschagne ·

@Hendrik Havenga, Grote griet, en ek dog altyd ek staan op aandag voor daardie vlag omdat eers Vorster en toe PW Botha my leiers was en nou skielik vind ek uit dit was altyd net koningin Liesbet gewees. Moet ek liefs die vlae van die Transvaal en Oranje Vrystaat ook ignoreer op daardie vlag?

;-)

WAT? ·

Hoe dra Kill the White, Kill the Boer, One Settler One Bullet by tot versoening, verdraagsaamheid en om nasionale eenheid en mensewaardigheid te bevorder????????? KOMAAN, gaan Afriforum ons saak gaan stel of gaan hulle agter nog ‘n huishoudelike geweld saak aanhardloop?

Gerhard ·

Die Kaders begin nou die skroewe aandraai. Ek hoop die Afrikanerleierskap het planne hiervoor in plek en word nie weer soos die ou NP gerol nie. Die feit dat hulle met die FW De Klerk Stigting vergader laat my dink hulle het nie so iets in plek nie en ons kan nou binnekort die Afrikaner se einde voor ons sien afspeel.

Johannes ·

Ek stem saam Gerhard – ek begin my vertroue en respek vir AfriForum ens. verloor…..!

Eish ·

Afrikanerleierskap(e)?
Wat op dese aarde praat jy van?
Wie is dit?
Waar is dit?
Dis n luukse wat so skaars soos wors in n hondehok is.
Ons het wel soos Langenhoven dit gestel het, beterweters. Sodra een opstaan, trek twee wat beter weet hom terug op sy stoel en die twee beterweters gee aanleiding tot vier ander wat op hul beurt weer beter weet as die vorige twee.
Née wat jong, dis soos die Woord sê, wanneer jy jou vertroue in n mens plaas is jy soos n kaal bossie in die woestyn, maar wanneer jy jou vertroue in ons Hemelse Vader stel, is jy soos n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd en waarvan die blare nie verwelk nie.

Gerhard ·

Eish ek kyk na die leiers van ander Volke en wonder soms of ons nie een van buite moet huur nie.

Lollie ·

Dalk is die ou vlag vir die swartes ń simbool van apartheid dis hoekom ek so oor die nuwe vlag voel. Vir my is hy die simbool van apartheid en onderdrukking. Al verskil is dat dit net geskuif het van swart na wit. Maar vir wie tel dit enigsins iets?! Niemand is daaroor gepla nie solank die swartes net nie benadeel word nie!

Theresa ·

Heeltemal reg, Lollie. Vir 23 jaar is die huidige vlag glad nie iets wat regverdigheid in die hele land vir al die mense voorstel nie. En, dan moet al hierdie mense wat soveel onmin en haatspraak in die publiek uitskreeu hul vlaggies en goed ook netjies loop bêre. What’s good for the goose, is good for the gander.

humor ·

Doen dan so spoeig moontlik weg met die bestaande vlag want dit is vir ons die simbool van die vertrapping van minderheidsregte, ons taal , kultuur, misdaad in al sy grusaamste gestaltes, vurige haat teen die blanke. diefstal korupsie, grondonteiening sonder vergoeding en die totale miskenning van dit wat die blanke deur eeue tot stand gebring het.

Leonard ·

Laat so n ou stukkie lap nog na 25 jaar van demokrasie soos hulle se, baie moeilikheid kan maak vra ek myself is dit die ou vlag of speel hulle net die weer die rasse kaart. Plaas daar iets gedoen word aan die PLAASMOORDE maar nee hulle huil oor n ou landsvlag ek is trots op hom en myne le mooi gebere in my kas.

marous ·

Dit het ‘n klip in die skoen geword vir diegene wat alles in die verlede wil blameer vir meer as 25 jaar se klaaglike mislukkings . Punt.

Peet Schabort ·

Gaan kyk by die ingang van Spioenkop (waar die slag van Spioenkop gedurende die ABO plaasgevind het). Daar sal jy die Engelse vlag (heel korrek) en die huidige SA-vlag vind. Die Transvaalse Vierkleur ontbreek wat growwe miskenning is en ‘n blatante wanbeeld uitbasuin van die geskiedenis. Daar is net een woord hiervoor: ‘SIES’.

Langtoon ·

Dan moet die ANC onmiddellik ophou met die verskriklike liedere wat hulle sing!
Wat bewys groter haat as plaasmoorde , maar daaroor rep ons regering of enige stigting nie n woord nie!
Wat van die bevrydingsuniforms wat nog steeds gedra word, is dit niks nie??!!
Laat hul korrekte besem ook aan hul kant vee!!
Driemiljoen mense is hul grootste bedreiging, teenoor n enorme massa van veertigmiljoen!
Hoe kan die vlag haatspraak verteenwoordig??
Ek wil nie die ou vlag swaai nie, het geen begeerte nie, maar kan sien hulle is baie kleinserig oor als van witmense, als bedreig hul!!
Perspektiewe is baie skeef!!
Hierdie verdeeldheid word elke dag aan die lewe gehou deur mense en hul eie perspektief!!

SO ·

Die huidige pres. is net so rasisties soos die voriges in die “nuwe” Suid-Afrika met sy omgekeerde rasisme en al. Die wêreld daar buite lag te heerlik met hulle BBBEE ens. Hulle sal eers die skille van hul oë moet laat af val voor dit gebeur. ‘n mens mis niks voir jy dit nie meer het nie. Hulle gaan ons Afrikaans sprekende blankes mog mis.

Anti- Nuwe -Vlag ·

Die nuwe vlag is diskriminerend teenoor my.
Ek verfoei dit. Vir my is die nuwe vlag – haatspraak.
So-ook die gedeelte van ons Volkslied wat nie Afrikaans is nie.
Ek sing net die Afrikaanse gedeelte. Indien dit sou verander word dat daar geen Afrikaans is nie, sal ek gaan sit en gladnie sing nie. Sal dus wys dat ek geen respek daarvoor het nie.

Netso ·

Shhhh….. Netnou brandmerk almal hom ook ons het mos geen regte, kultuur of sê nie! My groot oupa het hoeka gesê hou op monumente bou en bou damme!

Michael ·

Kan jy die klomp snert oor vertel. Nou het ek alles gehoor. Swaai liewer n AK 47 rond. minstens sal jy nie in moeilikheid beland nie.

ontevrede leser ·

“humor” en “leonard” ek stem 100% saam, inteendeel hang myne waar ek die SA VLAG elke dag kan sien

E.K. die eerste ·

Vlag – haatspraak? Nie geweet vlae kan “praat” nie

Fritz ·

Vertoon dan net die nuwe vlag onderstebo tydens die volgende optog.

Jerry ·

In die naam van verdraagsaamheid en versoening maak dit dit aanvaarbaar vir die stigting en seker ook die meerderheid Afrikaners dat die ou vlag nie vertoon mag word nie en seker dan ook haatuitsprake van welke groep af. Die meerderheid mense sal en kan hulle met sulke on-noemenswaardhede versoen. Die versoening mbt meer ernstige kwessies soos plaasmoorde en die moorde op vrouens en kinders word egter nie aangespreek nie, seker omrede net die swartman se pyn punte tel vir die stigting. Ek reken in elk geval dat versoening in die verband deur alle Afrikaners verwerp sal word. Afrikaners sal hulle eerder beroep op Moses en die plae voordat hulle, hulself sal beroep op versoening mbt die Afrikaner se pyn!

Koos1 ·

Nelson Mandela stigting, het iemand julle ingelig dat die foto’s wat versprei is van die swart Maandag, fopnuus en vals was. Kom ek probeer, daai fotos is uit argiewe opgedis en as die huidige voor gehou!!!!
Dis net bitter jammer dat die ou vlag al is wat julle onthou van die swart Maandag, en nie eers word rep oor al die boere en plaaswerkers wat soos vlieë afgemaai word nie! SKAAM JULLE!!!!!!

Theresa ·

Ja, skaam julle! Karring en karring oor kleinigheidjies maar laat die groot, monstergrootte skandalige sonde van moord aanhou en aanhou en aanhou. Dit word raakgesien en daar is nie meer respek oor vir die miskyk van die werklike groot probleme nie.

Speak for yourself ·

Ag hou tog op met met Afriforum en Steve en en en. En kom ons almal staan op en beging saam self ook iets doen, eerder as om alewig te se DOEN julle mense tog iets. want daai doen tog iets het ons in die nonsens laat beland, dat ons nie kan saamstaan nie.
Maar die mense gaan probeer saamstaan as dit te laat is, ons is hulplose minderheid wat agter LEIERSKAP skeil, wat nie self kan leiding IN NEEM nie. Plaas iemand eerder ons onkundiges die kindigheid kan gee hoe om op te tree teen hierdie bose mag sodat onself ook iets kan doen om te verhoed laat ons kinders geen toekoms het nie

Johannes ·

So wat van die ANC en kommuniste se vlae en simbole? Hoeveel onskuldige mense is gemoor (en word steeds gemoor) onder hierdie vlae en simbole?! Hoeveel terreur is daar gepleeg deur die ANC/SAKP/PAC ens?! Waarom is hierdie vlae en simbole aanvaarbaar?Daar was nooit soveel korrupsie, geweld en onreg onder die Oranje Blanje Blou nie!

Jo-anli ·

Wat van diw Britse vlag in die middel wat die blanke afrikaners onderdruk het. Al wat vrou en kind is ,is in konsentrasiekampe gegooi. Was dit reg.

Hendrik ·

Rustig mense moet julle nie opwerk nie. Ons bly in Afrika en …

Johan ·

Snaaks dat die meerderheid in die land wette moet hê om die minderheid te onderdruk. Lyk my grysstof ontbreek .

JSG ·

Hulle het die Anglo Boereoorlog se geskiedenis begin verstaan. Hulle is bang.

Jan ·

Het julle gedink afriforum gaan baklei teen dit.
Alles in die land is n grap.
Vat jou goed en trek Ferreira.

Lukie Carelsen ·

Verregaande!
Die vlag bestaan amper 60 jaar VOOR “apartheid”.

Dan moet die Union Jack ook verban word!

Pleks van op die korrupsie, plaasmoorde, die ekonomie, omgekeerde rassisme ens te konsentreer gryp die rasgedrewe ANC nou na strooihalms!

Koos ·

Jou feite is skoon deurmekaar. “Apartheid” was vir seker nie voor 1948 beleid nie. Die vlag was in die 1920’s in gebruik geneem, so jou 60 jaar moet maar met ‘n groot knippie sout geneem word Lukie, kyk weer na jou somme.

Paul ·

Die nuwe vlag hang hier by ons voor die polisiekantoor, daar waar dit rof gaan en onheil uitbroei noem dit.

Die ou vlag hang hier in my voorhuis, pla niemand nie, praat nie, swyg net glimlaggend oor die goeie verlede en hou my hart rustig.

Allie ·

Hulle moet doen wat hulle will….dis net n vlag. Ons Is die nasate van Settelaars, Voortrekkers, Boere…..ons is nie n gebou of tmonument of vlag nie.
Ek is inelkgeval Liewer vir die Ou Transvaalse Vierkleur….want daar is n Almagtige betekenis daarin.

Hester ·

Tog so jammer ek kan die klomp nie in die openbaar my “braaivleis woord” noem nie.

Wim ·

Ek kyk nou vandag na die afgelope kwartaal se resultate van my beleggingsportefeulje vir die tyd 1/12/2017 tot 28/02/2018, dis nou in die tyd toe Cyril oorgevat het en die SA geldeenheid en markte moes kopoptel. Wel my effekte het in daai tyd soos ‘n klip geval, nou stryk ek maar weer die nuwe landsvlag.

Casper Labuschagne ·

Dit is bloot deel van die versugting om vergelding teen die wit minderheid wat hier plaasvind. Na 1994 het ek nog nooit die ou vlag (en allermins nie die nuwe onderbroekontwerp vlag) in die openbaar vertoon nie. Maar daardie ou vlag vorm deel van my herkoms, as dit dan haatspraak sou wees dan verklaar ek my skuld, met trots, terwyl ek op aandag staan en daardie vlag salueer. Ek het diensplig gedoen, op aandag gestaan, gesalueer en teen kommuniste in Angola geveg onder daardie vlag. Ek het meermale die kiste van my makkers gedra met daardie vlag op die kis. Die vlae van my voorouers se boererepublieke die Vrystaat en die Transvaal verskyn op daardie vlag – daardie republieke was saam met Natalia, Stellaland en Goosen, die eerste republieke in Afrika wat gestig is om onder die juk van Britse imperialisme en kolonialisme uit te kom. As die swart meerderheid in SA daardie vlag as haatspraak beskou, dan is ek dus skuldig volgens hulle wet. Maar ek sal nie daardie vlag verloën om die drang na vergelding van die swart meerderheid te bevredig nie. Dan verset ek myself eerder tot op die heel laaste as om my trots prys te gee en te lewe in ‘n permanente staat van vernedering.

En ek voel presies dieselfde oor Die Stem. Ek sal dit sing, met trots.

Casper Labuschagne ·

Bygesê, as Apartheid ‘n misdaad teen die mensdom is, dan moet ek ook liefs daarvoor vervolg word. Ek sal eerder my trots behou tot op die heel einde as om te lewe in ‘n toestand van permanente vernedering.

Barry ·

Ag shamepies, hulle het tog so verskriklik onder die nare apartheid gely. Cry me a river.

Philip ·

En die vlag wat nou wapper? Wat kan ons nie alles aan daardie simbool koppel nie,,,,,?? waar begin mens?

JM ·

Die ou vlag was mooier en die stem was ook mooier. Julius Malema soek moeilikheid

John Samuel ·

My Vlag hang met trots in my huis!! Waar ek elke dag na hom kan kyk. ‘n Simbool van toe Suid Afrika nog ‘n eerste wêreld land was.

Deloris ·

WIE veroorsaak chaos, misdaad, moord, diefstal, bedrog, korrupsie vanaf 1994? Ek wonder of die ou SA iets daarmee te doen he?, en waarom ons geskiedenis van die “map af verwyder….?

V ·

Was die fotos van die ou landsvlag op Swart Maandag nie fopnuus nie? Wil my voorkom die Nelson Mandela stigting propogeer Hitler se “Groot Leun”

Pierre Prinsloo ·

ANC en hulle SAKP meelopers kan die kommunistiese vlag rond swaai waar onder ‘n 100 miljoen mense dood gemaak is en dit is geen probleem nie.

MANIE ·

Voeg sommer die Anc vlag by wat my naar maak elke keer as ek dit sien.

Johannes ·

Nooit hoef jou kinders wat trou is te vra: wat beteken jou vlag Suid Afrika…

Witkop ·

Jy kan nie die geskiedenis vernietig nie.

Net nog ‘n voorbeeld van swart mense wat vir wit mense se^:

“Bly stil en sit. Jy moet gesien en nie gehoor word nie”

Netso ·

Shhhh….. Netnou brandmerk almal hom ook ons het mos geen regte, kultuur of sê nie! My groot oupa het hoeka gesê hou op monumente bou en bou damme!

Frikkie ·

Wat is erger as die ou landsvlag of die uit moor van onskuldige boere wat voedsel voor sien aan die groter meerderheid van die bevolking. Daar moet eerder gekyk word na die moorde op ons plase waar wit en swart mense in vrees lewe, as om te karing oor ‘n ou vervalle landsvlag . Daar is eerder meer haat wat toe neem rakende die uitwissing van onse voedsel voorsieners in die land.

zeno ·

Ai , die mense weet nie meer waar om te krap nie, “ONS” vlag is die mooiste en dit sal my vlag bly vir ewig. Die OU SA VLAG, ek het respek vir jou.

Bokka ·

Ja en die anc se vlag of die nuwe SA vlag dit is vir my as blanke ook vernedering,baie blankes se bloed het onder daardie vlae gevloei onskuldig.

Ai Ai ·

Dis interessant dat n taal en n vlag van n klein volkie, soveel bedreiging inhou vir so n groot nasie. Laat mens wonder………..

Francois ·

Die Vlaglied Woorde

Nooit hoef jou kinders wat trou is te vra:

Wat beteken jou vlag dan Suid-Afrika?

Ons weet hy’s die seël van ons vryheid en reg

vir naaste en vreemde, vir oorman en kneg;

die pand van ons erf’nis, geslag op geslag,

om te hou vir ons kinders se kinders wat wag;

ons nasie se grondbrief van eiendomsland,

uitgegee op gesag van die Hoogste se hand.

Oor ons hoof sal ons hys, in ons hart sal ons dra,

die vlag van ons eie Suid-Afrika

Vlag Klere ·

Ek gaan vir my van die Orane Blanje Blou vlag laat print op lap en dan vir my klere daarvan maak!
Nou van kill the Farmer kill the Boer wat op T hemde gedruk word en dan gedra word?
Is dit nie haatspraak nie?

Koos ·

Verban dit gerus, dan gaan dit éérs gewild raak as simbool van verset. Verwag graffiti op brûe en waarookal.

Die vlag bestaan al van 1925, dus meer as 20 jaar voor apartheid op die wetboek geplaas was.

Pierre de Villiers ·

Die doel is om alle geskiedenis van ons uit te wis. Maar gelukkig kan hulle nie ons Uniegebou afbreek nie.

Casper Labuschagne ·

“Volgens die stigting, is die vlag op die Swart Maandag protes ten toon gestel” – Waar presies, want die enigste getuienis van die ou landsvlag tydens Swart Maandag protes was ENCS redakteur Nicolas Bauer se twiets, eerder fopnuus, van fotos van die ou landsvlag wat sowat agt jaar oud was.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.