Ou SA vlag is haatspraak, gelas hof

Die ou Suid-Afrikaanse vlag.

Die gelykheidshof, wat in die hooggeregshof in Johannesburg sit, het Woensdag beslis die vertoon van die ou Suid-Afrikaanse vlag kom in ʼn sekere konteks op haatspraak neer.

eNuus berig adjunkregterpresident Phineas Mojapelo het in sy uitspraak gesê die ongegronde vertoon van die ou vlag word nie beskerm onder vryheid van uitdrukking nie. Mojapelo sê die swaai van die vlag is verdelend, pynvol en gaan verder as haatspraak, dit is teistering.

Die uitspraak beteken dat die ongegronde tentoonstelling van die vlag, byvoorbeeld by ʼn sportbyeenkoms, verbied word. Die vertoon daarvan word steeds in byvoorbeeld museums en akademiese konteks toegelaat.

Die Nelson Mandela-stigting (NMS) het die aansoek in die gelykheidshof gebring en die Menseregtekommissie (MRK) was die tweede aansoeker in die saak.

Die NMS het die aansoek aanvanklik teen AfriForum gebring nadat die NMS aangevoer het dat lede van die burgerregte-organisasie die ou vlag op Swart Maandag-protesoptogte teen plaasmoorde in 2017 vertoon het. AfriForum het die aansoek teengestaan en ontken ook die aantygings dat sy lede die vlag vertoon het.

Adv. Tembeka Ngcukaitobi, namens die NMS, het tydens die aanhoor van die saak in April gesê “AfriForum het misluk in sy pogings om te verduidelik waarom die ou vlag nie verban moet word nie en die FAK ‘dans’ om die werklikheid oor wat die betekenis van die ou vlag vir die meerderheid van mense in die land is.”

Ngcukaitobi het gesê daar is eenvoudig geen regverdiging vir die vertoon van die ou vlag wat swart mense misken en hul menswaardigheid krenk nie. Hy meen dit behoort ook nie in private huishoudings vertoon te word nie waar die meerderheid huiswerkers swart mense is en deur daaraan blootgestel te word, herinner word aan wat hulle onder apartheid deurgemaak het.

Adv. Iain Currie, wat namens die FAK betoog het, het gesê die verbanning van die ou vlag sal vryheid van spraak inperk.

Hy het gesê die Grondwet beskerm spraakvryheid, ook vryheid van spraak wat deur sommige as aanstootlik ervaar word.

Currie het dit duidelik gemaak dat AfriForum en die FAK glad nie vir vertoon van die vlag vra nie, maar wel dat dit ook nie verbied word wanneer dit gebeur nie. AfriForum en die FAK moedig mense ook onder geen omstandighede aan om die vlag te vertoon nie.

Die argument is dat indien onsmaaklike, aanstootlike vryheid van spraak verbied word, dit vryheid van spraak in wese inperk. “Haatspraak is iets anders en daar is duidelike wetgewing wat uitstippel dat dit gepaard gaan met aanhitsing van geweld en haat en dat dit propaganda vir oorlog insluit. Daar moet duidelik tussen haatspraak en aanstootlike of skadelike spraak onderskei word,” het Currie aangevoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Geert ·

Ek dink nie ons behoort dit sondermeer te aanvaar nie ons moet darem seker ook kultuur regte hê. Ja dit het baie met die verlede te doen. Maar veral as ek kyk na wat op die oomblik aan die gebeur is, dink ek nie enige mens kan verwag dat die Afrikaner hom moet skaam vir sy verlede nie, of dan vir sy simbole van die verlede nie.

Francois Joubert ·

Stem. Daar is vooraf besluit wat die uitspraak sou wees. Die feite is ‘n bysaak.

Johan ·

Ekself sal nie die ou vlag loop en rondswaai nie. Maar ek dink dit is ‘n belaglike besluit. Vir my is en bly dit deel van Suid-Afrika se geskiedenis.

Dereck Le Roux ·

‘n Volk sonder ‘n geskiedenis maw. ‘n verlede is ‘n volk sonder ‘n toekoms.

Gaitsigubib ·

Ek wil vasklou aan die verlede!!! Sou great wees as ek 1983 kan beleef vir die res van my lewe.

Jan ·

Jy kan maar voortgaan om dit in jou huis of privaat eiendom te swaai, net nie in publiek nie.

Jacques ·

Ja wel die nuwe vlag het en sal ook nooit iets vir my beteken nie . Dit is my geskiedenis . Beteken my geskiedenis dan niks meer nie ?

Zumie ·

Die reg op vryheid van spraak is ‘n illusie ……
Die grondwet is onderhewig aan politieke korrektheid..

Haan ·

Totsiens Unie vlag
Jy is deel van ons verlede. Ons sal jou koester en onthou. Nou is dit tyd om die Vierkleur en die OVS vlag te laat wapper.

Die umkhonto/smartieboks vlag was nog nooit en sal ook nooit my vlag wees nie.

Jaco ·

Ek is trots op die ou vlag en sal dit in my huis vertoon soos ek wil. Dit is my geskiedenis en dit nie iets wat ek wil van vergeet nie. Daar word baie erger uitsprake gemaak teen my volk van die BLF,EFF en ANC se kant af.

Petra ·

Dit is nog steeds MY vlag en ek eerbiedig dit. Dit is MY geskiedenis en so sal dit bly.
Ek sal vir my klere laat maak met Orange Blanje Blou en dit in die openbaar dra.!!!

Jaco ·

Watter een, daar was 2, nuwe een met ligblou, eerste een met donkerblou?

James ·

Indien ‘n kettingwinkel – baadjies of tops in Oranje Blanje Blou sou maak sal alles uitverkoop!!!!

Ditsem ·

Die oranje,blanje,blou is my vlag, dis my mense se vlag. Dit is wie ek is en dit is in my bloed.Dit is my geskiedenis en my toekoms.Vir my staan dit vir n tyd van voorspoed,geregtigheid en orde. Ek is n trotse boer wat nie skaam is om dit te se nie.Nie my groot ouers of my ouers of ek het gestem vir die nuwe regering nie.

Leonard van der Dussen ·

Die uitspraak is haatspraak teen die wording van hierdie land en die vrywording van kolonialisme van Brittanje. Nietemin, dan is dit nou so dat ons ‘n vlag wat in elk geval nie juis meer gesien word nie, dan vir eers nie in die openbaar vertoon nie. Belangriker is dat ons die geloofsbetekenis van oranje-blanje-blou, en hoe dit protestantse geloof, reinheid (strewe na heiligmaking) en die opkyk na die hemel, moet leef en opnuut aan mekaar opdra en vir ons kinders leer. Die lap is nie nodig om die beeld se betekenis in ons Afrikanerlewe te herbevestig nie.

En ek raak ‘n oomblik stil in eerbied vir daardie mense wat geliefdes verloor het wat onder hierdie vlag in oorlog en diens in die townships gesterf het.

Mark ·

Ek verstaan nie. Die vlag is haatspraak maar ons sing nog die ou lied.

James ·

Nooit hoef jou kinders wat trou is te vra – wat beteken jou vlag dan Suid-Afrika?
Ons weet hy’s die seel van ons vryheid en reg, vir naasste en vreemde, vir oorman en kneg.
Die pand van ons erfenis geslag tot geslag, om te hou vir ons kinders se kinders wat wag.
Ons nasie se grondbrief van eiendomsland, uitgegee op gesag van die Hoogste se Hand.
Oor ons hoof sal ons hys, in ons hart sal ons dra –
die Vlag van ons EIE (let wel – EIE) Suid Afrika.

SELFBESKIKKING. Dis al.

Erik ·

Ek stem saam met die kommentaar hierbo dat die reg nie konsekwent toegepas word nie, maar die vlag verteenwoordig vir my ook die apartheidsjare, iets waarmee ek niks te doen gehad het nie, maar wat my tot in my diepste wese my kop in skaamte laat sak. So ek wil ook nie die vlag waai of in die verlede leef nie. Maar dan moet die “struggle songs” ook verbied word en soveel ander dinge.

Michelle leR ·

‘Nooit hoef jou kinders wat trou is te vra:
Wat beteken jou vlag dan Suid-Afrika?
Ons weet hy’s die seël van ons vryheid en reg
vir naaste en vreemde, vir oorman en kneg;
die pand van ons erf’nis, geslag op geslag,
om te hou vir ons kinders se kinders wat wag;
ons nasie se grondbrief van eiendomsland,
uitgegee op gesag van die Hoogste se hand.
Oor ons hoof sal ons hys, in ons hart sal ons dra,
die vlag van ons eie Suid-Afrika’

Dalk mag ons dit nie in die openbaar hys nie, maar in ons hart sal ons dra….

BenvR ·

In enige stryd is koelkop bly n voordeel!
Dink mooi wat het hier gebeur: die swart Maandag protes oor plaasmoorde is deur n paar wat die ou vlag gewaai het verongeluk. In plaas van aandag op plaasmoorde te vestig is die hele storie daardeur omgeswaai na n aanval op Afrikaners en witmense deur die vertoning vd vlag.
Praat v jou eie vyand wees…..

Koos de Meyer. ·

Dis nou maar tipies ons nuwe Suid-Afrika. Dans na die pype van die meerderheid, my ou vlag staan langs my model ossewa in my sitkamer. Dis so belaglik maar net weereens dubbel standaarde. Onbevoeg, belaglik, swak.

Pensioenaris ·

Ek het groot geword met die vlag en niks en niemand sal my geskiedenis kan verander nie. Die regering wil alles wat vir ons kosbaar is net wegvat, maar ons verlede is ingeweef in ons siele en gees.

Charles ·

Historiese revisionisme en anti-Westerse (blanke) haat.

Jammer vir julle, dis nie so maklik om die geskiedenis uit te vee nie!

Ek wonder wat sou ou Brink en die ander sestigers wat reeds die ewigheid in is nou gesê het van hulle misplaaste, idealistiese en onwerkbare droom ? Sou hulle steeds gedink het hulle was reg om teen die vorige bewind te agiteer? Ek glo nie!

Melanie ·

Stem saam dat die oranje blanje blou kleure gedra kan word. Om goeie balans te handhaaf kan ‘n mens die nuwe kleure gebruik word vir onderkleure. Dan sal niemand uitgesonder voel nie.

Mich ·

n’ uitdaging aan almal wat die wereldbeker in Japan bywoon. Swaai vir ons daai mooi vlag asb

D B ·

Wel, dit was te wagte…

Ek het ‘n klomp vlae in my lapa, onderandere the ou vlag, want ek is daaronder gebore, ek is trots daarop, dis deel van my verlede, en dit word so deurgegee aan my kinders en hopelik eendag ook aan my kleinkinders.

Ek het ook ‘n nuwe vlag, want dis ook deel van my verlede, my hede, en vir nou my toekoms. Dit herinner my elke dag aan hoe ons eens pragtige, trotse land deur onopgevoede bardare opge… word, en dit motifeer my elke dag om aan te hou “baklei”, want “hulle” sal my geskiedenis en wie ek is nie kan uitwis nie.

Japier ·

E k het een geteken deur Jonas Savimbi Jannie Geldenhuys Constant Viljoen en Pik Botha. Vir my sal hy altyd kosbaar wees. Dit was deel van my verlede en my nageslag weet hoekom ek hom besit. Di myne en geen wet gaan my dit ontneem nie.

john langenhoven ·

Mooiste vlag ooit.trots om met daai vlag groot te word, sal hom swaai net waar ek wil.

Siener ·

Ek wonder hoeveel mense wat hiebo kla staan op aandag as die nuwe volkslied gespeel word by rugby games ? Dis haatspraak teenoor my dis waarom ek nie eers moeite doen op op te staan as die lied speel nie. Dis ook my reg.

Rupert Ashford ·

Het vir my twee van hulle gekoop die dag toe nuus gebreek het oor hierdie saak. Het nooit voorheen een besit nie.

Almalkinderssonderlogika2019 ·

Om ‘n vlag vanuit ‘n volk se geskiedenis te verklaar as haatspraak is self haatspraak teenoor daardie volk…

Boerseun ·

Druk die vlag op elke t- hemp , sak en barret . Dra dit fidel castro styl.

Christo ·

Baie dankie vir die Vlaglied Mickey. Ek het sommer ‘n knop in my keel gekry toe ek dit lees. Om te dink daar was ‘n tyd toe ons dit op skool gesing het ook – en daarvoor op aandag gestaan het. Die ou Vlag het ten minste betekenis en ek kan my herkoms en geskiedenis daarin herken. Die nuwe vlag is net ‘n paar ingekleurde strepe / lyne wat hoegenaamd niks beteken nie…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.