‘Ou SA vlag’-sak van rakke verwyder

Die foto van die sak wat op die sosiale netwerk Reddit gedeel is.

ʼn Sak met oranje, wit en blou strepe is van Country Road- en Woolworths-winkels se rakke verwyder.

ʼn Foto van die sak is op die sosiale netwerk Reddit gedeel voordat dit op ander sosialemedianetwerke versprei is. Volgens sosialemediagebruikers herinner die kleure van die drasak sterk aan die ou Suid-Afrikaanse vlag.

Woolworths besit Country Road. ʼn Woordvoerder van die Country Road-groep het aan Maroela Media gesê sy Logo Tote-reeks van drasakke word gekenmerk deur ʼn ontwerp van vyf gekleurde strepe en dat dit elke seisoen met nuwe kleure opgedateer word.

“Die kleure wat elke seisoen in die ontwerp geïnkorporeer word, weerspieël die seisoenpalet van Country Road – in hierdie geval ons somerpalet.”

Country Road het gesê hy is spyt dat die toepassing van sy seisoenpalet aanstoot gegee het.

“Ons vra opreg om verskoning aan al ons Suid-Afrikaanse kliënte. Dit was nooit ons bedoeling om aanstoot te gee nie en ons het besluit om nie langer die item te verkoop nie.”

Volgens berigte is die sak in Australië ontwerp en is dit ook daar van die winkelrakke verwyder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

92 Kommentare

Lee ·

Ag asseblief. Dis nou wraggies pateties. Een van die dae mag mens seker ook nie meer hemde dra met dieselfde kleure in nie. Is die nuwe Regering bang vir die ou SA…….

Skaapkop ·

Dit lyk soos die Nederlandse vlag.
Mag ons die Nederlandse vlag gebruik om ten toon stel ?
Sekerlik ja !

Phillie ·

Ek weet nie hoekom ons stres oor oranje blanje blou nie
Dit is in elk geval die Britse onderdrukking simbool
Ons vlag is die vierkleur

Rooi ·

Rooi gee my aanstoot en stoot my gemoedere in die rooi veral as so n ou by die robot bedel. Raak ontslae van daai rooi hoed of hemp.

Allan ·

Die Nederlandse vlag is Rooi, Wit en Blou. In elke geval ek het besluit om ons nuwe SA vlag te boikot. Geen manier hoe ek dit sal dra of respekteer nie want dit herhinder my aan die huidige “Black-Apartheid” – jy weet huidige “Blacks only” regulasies. Die BEE wette benadeel my en my gesin, is baie drakoniese, vernederend ons los ons sonder werk

Derick ·

Kan nie glo die ANC is bang vir n vlag nie.
Volende gaan hulle ons seker verbied om Afrikaans te praat.

Christo ·

Miskien net die rits wat nie reg is nie. Die res lyk vir my netjies! Is die rits van die ou dae?

Mb ·

Ha ha ha ha, dis n grap. Dit is nie vir hierdie vlag waarvoor hulle bang moet wees nie maar vir die 4kleur. Sjhuuuuuut, moet dit nie so hart sê nie. Netnou hoor hulle dit. ????

Ag tog ·

Dinge raak by die dag belagliker – die sak is in Australië ontwerp; sekerlik het hulle tog nie die ou SA-vlag ingedagte gehad tydens die ontwerp daarvan nie?

En die besighede wat tog so gou is om net apologeties op te tree – wag, laat ek myself korrigeer – soms, dws wanneer die regte groep verontwaardig of seergemaak is.

Cecile ·

Hier by ons is n huis se sonskerms voor die vensters daai kleure geverf, sien nog nie dat iemand daar oor kla nie, huis teen hoofpad.

Lollie ·

Aarde, praat van kleinlik! Die land het ń krag krisis, water tekort, hoë werkloosheids syfer, misdaad skiet die hoogte in, mense het nie werk, geld of kos nie en SA baklei oor kleure op ń sak!
Dit is waarom alles in hulle peetjie in is! Noodsaaklike dinge raak hulle nie maar kinderagtigheid kry voorkeur! Weet jy hoekom? Hulle hou almal sê aandag op beuselagtighede sodat ons aandag afgetrek word en nie die groot probleme raaksien nie!
Werk dalk vir die massas maar ons is slim genoeg om te sien dat ons oppad is na Zimbabwe se omstandighede toe.

Michael P ·

O Vader help hier tog.!!!!! As die Blou bulle teen die Cheetas gaan speel en die Cheetas speel met hulle oranje truie met die wit collers en hulle sak in. n scrum dan gaan jy sien oranja wit en blou.Ek neem aan die nuwe ondersteuners gaan dan ook seer he en dadilik vir ander truie vra .Ag Shame vir hulle hoe belaglik kan jy kry

Koos de Meyer. ·

Ek koop in elk geval nie by Woolworth nie. Hierdie is regtig belaglik.

Anni ·

Koos, gelukkig ondersteun ek Ons woolies ook ni, is n patetiese winkel. En na hierdi episode sal ek ni eers daar verby loop ni. Maar Ons mut di ANC vlag en lied respikteer. Se allie

Judge Dredd ·

Diskrimineer hulle nie nou teen die prinse vlag nie ?

E.K. die eerste ·

Dis nie regtig ons ou vlag nie daar is nie al die klein vlae binne soos dit gelyk het nie, so baie belaglik. Ai…

Lee ·

James ek het aan presies dieselfde ding gedink. Hulle moet onthou wie koop die meeste by hulle!! Pateties Woolies!!

HPV ·

Nou het ek alles gehoor! Ek het eers gedink dit is een af ander grap, maw die drie kleure in enige kombinasie is onaanvaarbaar. Dit is om die minste te sê, totaal belaglik.

Christa ·

Ek stem saam. Dit is belaglik. Wat van die e-tol borde die is ook oranje, wit en blou en dit was hul keuse

Gert ·

Volgende gaan alle verf in daardie drie kleure verban word. Ons sal net toegelaat word om ons huise groen, rooi swart of bruin te verf, want die drie kleure veroorsaak “pyn” vir die nuwe Suid-Afrika.

wielie ·

Ag nee rerig ,,, dis nou wraggies veregaande! Dis n vervlakste sak …

Jerry ·

Moet julle nie daaraan steur nie en moet ook nie daarop reageer nie, maar natuurlik sal diegene met duistere afrikaner politieke motiewe daarop reageer en alle afrikaners daarby probeer betrek. Die tendens sal voortduur, want hoe sterker die aanslag teen die afrikaner en afrikaans hoe meer baat die konsortium van n klein groepie afrikanerprojekbestuurders daarby!

Sakkie ·

Country Road, jul het niks om voor omverskoning te vra nie. Sekeres is so ongelukkig met hulle self en wie hulle is. Moet ook nie daai sakke te ver weg bere nie, ons gaan hulle wel weer nodig kry.

Onderste Bo ·

Dink net hoe bang hulle gaan wees as mens daai sak regom draai….

Elke ·

Dit is meer asbelaglik. Ek dink ek moet al.my wit goed i. D

Ek dink ek moet al my wit goed in daardie kleure maak. Gek is nie eers ‘n naam vir die spul goed nie

Poot ·

@Onderstebo
Duidelik weet jy nie hoe die ou SA vlag lyk nie. Hy is nie onderstebo nie. Onthou jy nog…….Oooooranje, Blaaaaanje, Blouuuu?

Riette ·

Hier kom die diktatorskap, hulle wil alles regeer, ons krag, ons medies ens ens ens……daai kleure is in elk geval op die etol borde, hoekom dit nie ook afgaal nie????

Tiaan ·

Julle hoef nie vir my om verskoning te vra nie. Ek is verseker nie deel van die Suid Afrikaners wie na julle verwys nie.

Awie ·

Kan nie glo dat besighede die knie buig voor seker groepe nie

Marius ·

Net die “losers” kla. Hul tjank, die sak word verwyder, en die tjankendes bly die “losers” wat hul is…

gatiep ·

Die goverment tree op net soos n ryk mans kind wat vreeslik bederf is?

waarheid ·

Ek gaan vir my so ‘n sak maak!!!!!!!!!
Mooiste sak ooit!!

Aster ·

Ag genade dis verby belaglik! Ek soek ook so sak…dis so mooi.

Willehond ·

Ek is n ouer persoon en ek kry nie n vrou nie m.a.w. ek sit op die rak. As ek n hemp met daardie kleure aantrek sal julle my ook asb van die rak afhaal??

Francois ·

Dis pateties !!!
The colours orange, white and blue (Dutch: Oranje, Wit, Blauw or Oranje, Blanje, Bleu, from French Orange, Blanche, Bleu) are associated with William Prince of Orange (1533–1584). William is reported to have used these colours as early as 1577, as part of his procession entering Ghent.

Frans ·

Dit is nie die ou SA vlag nie, waar is die ander gedeeltes wat in vlag moet voorkom, as die vermiste gedeeltes nie voorkom nie , hoe dan geklasifiseer word as ñ vlag???

JohanR ·

Het julle al gesien dat al die inligtingsbiljets by SA lughavens is in ANC kleure. Dit laat my bloed kook!

Annoniem ·

Ag asb woolworths. Ek sou dit nie eens agtergekom het in woolworths nie. Want ek het aan beweeg. Dis geskiedenis net so is Mandela ook deel van die geskiedenis. Die mense wat hiermee n probleem het, het SELF ñ probleem. Dan moet die smartie dosies ook van die rakke af kom. Want dit lyk soos ons huidige vlag.

Stefan ·

Ek sal meer vir die sak betaal, as wat Woolies se “rak” prys is.

Pragtige sak.

Hanlie ·

Oe, en nou moet al wat Afrikaner bewe omdat die ANC , Woolworths aangevat het oor die sak. Dis lagwekkend. Dis nie eers in Suid-Afrika vervaardig nie. Nee wat, die torre val nou behoorlik van daai breins af.

Martin ·

Vra om verskoning!!!!!! Nou kan hulle ook nie meer my geld kry nie.

Mark ·

Verskoning aanvaar, dankie dat julle aan ons dink wat moes swaarkry onder daardie vlag van haat en verdrukking.

Jaco ·

Kan die ANC ons asb laat weet wat is nie rasisties nie, dink die lys gaan korter wees as anders om

Irma ·

Vir hoe lank sal ons vir die kleinserigheid moet pa-staan?? Wens die mense wil lewe kry en aanbeweeg. Niks staan stil behalwe hul gekerm waarmee hulle altyd alles en almal wil manupileer.

Sylvia ·

Dit is verby belaglik, grens aan banaliteit van assosiasie.
Sukkel seker om die sakke te verkoop, nou word dit so sensasioneel opgeblaas, dit is laat in die dag, mense moet waaksaam wees …

Bryn Ou ·

Verskoning aanvaar. Stuur vir my een asseblief oom ek het so ‘n sakkie nodig, die mense sal nie baie aan apartheid dink as ek so ‘n sakkie moet dra nie.

HPV ·

Die sak is wit, oranje, wit, blou. Wat het dit met die vlag te doen? Dit is wat dit nog meer belaglik maak. So, ek sit ‘n oranje Jeep pet op saam ‘n wit hemp en ‘n blou denim, wat gaan hulle dan doen, of almal by ‘n rugby wedstryd trek so aan, wat dan?

Linda ·

Ag dis belaglik! Moet die drie kleure heeltemal uit die samelewing verwyder word? As ek klere dra wat wit, oranje en blou is dan gee ek aanstoot? Bou n brug en kom daaroor!!

Bamsie ·

Ek stem die Smarties moet van die rakke verwyder. Dit lyk nes die nuwe vlag. Alle visa kaarte moet seker ook verban word. Die bohaai is net om aandag af te trek oor ons nie eers elektrisiteit het nie.

Lalie ·

Liewe genade dat n sak so n opskudding kan veroorsaak. Bou n brug en kom daar oor.

Wie gaan die brug bou ·

Die manne wat dit kan bou hou van die vlag!

Keelvol ·

Stem dis absoluut belaglik. Een ding-
ek wil beslis nie dat ons pragtige vlag oor die huidige gemorsland wapper nie.

Riaan ·

Mandela Trust en Mrk het Roets aangekla omdat hy die ou vlaf getwiet het. Gaan hulle selfde doen met woolies?

Maretha ·

Dit is verregande! Klink soos n April fool grap! O ja ek het vergeet ons land verteenwoordig die driewiel brigade! Ek kry skaam vir sulke kleinlikheid!

Reinhard ·

Wat van Toyota bakkies ? Hulle moet dan ook seker van die mark afgehaal word, wat dit verteenwoordig ook die polisie vangwaes wat gebruik was in die apartheids area.

Jeremia ·

Toppunt van belaglikheid. Gee my egter die briljante idee om materiaalverf te koop.

Wonder maar net! ·

Daar is nie n manier hoe hulle jou kan hof toe sleep vir so n sak of kledingstuk of wat ook al. Daar is geen wet wat enigeen verbied om die kleur kombinasie te gebruik in n sak, kledingstuk,tafeldoek of wat ookal! Boonop is dit die Nederlandse flag. Níe SA s’n nie

JD ·

Kan Woolworths asb die naam Country Road verander en omverskoning vra. Tydens die Anglo Boere oorlog is vrouens en kinders agter in waens op Country Roads vervoer na konsentrasie kampe, lank lank voor ek gebore is. Dit maak nie saak dat dit in die verlede is.

Kan dit teen more gedoen wees asb

Tinus Coetzee ·

As ek nou nie ‘n Boer was nie sou ek moontlik die sakke gesien het. Woolworths se openlike indiensnemings beleid het gemaak dat ek my voete nog nie weer in een van hulle winkels gesit het nie. Dieselfde met Spur en Multichoice.
Neem standpunt in teen wit Afrikaners en julle verloor ‘n klein persentasie van julle klandisie.

Antjie ·

Daardie kleurkombinasie is afkomstig van die Huis van Oranje in Nederland. Miskien moet ons oorweeg om húlle dan maar ook “onwettig” te verklaar in Suid-Afrika. Boonop lyk die betrokke kleure effens ligter as die oorspronklike. Sal ons die somer se kleure dan maar “verbleikte oranje” en “verbleikte blou” kan noem? Môre is rooi en swart ook onwettig by mekaar as “donker oranje” en “donker blou”! Eisj, en ek dog die Here het al die klere gemaak! Is Hy dalk óók onwettig? Eintlik behoort niks dus só onwettig te wees soos oordrewe assosiasies nie.

Leon ·

Voer dit uit en verkoop dit in die buiteland. Dit sal soos soetkoek verkoop.

Oom Koos ·

Nou vir wat sal die tol-borde dan nog staan? Hulle herinner BAIE STERK aan die ou vlag.

#SANRAL #ETOLL #ETOLLFAIL #MyANC #HRC #Woolworths Ban them toll signs. NOW!!!

Ek dink nie so nie ·

Gaan hulle die E-TOL tekens lanks die pad ook verwyder? dis dan juis ook oranje wit en blou?

Christa Howell ·

Ag kom asb oor julle self !!! chip op die skouer … Ek kan nie swart, geel en groen verdra nie… Verwyder asb alles met daardie kleure van die rakke af, o ja en rooi !! Belaglik man !!!

Gert Retire@Midstream ·

Was dit nou lekker om al die kommentare te lees. My dag gemaak.

Carel ·

As ek die gemors in ag neem waarin ons mooi land vandag verkeer, dan is die bont vlag wat ons nou het die versinnebeelding van die finansiële verval, misdaad, plaasmoorde, verkragtings, rasse haat, staatskaping, minimalisering van die Afrikaans sprekende se taal op alle vlakke en nog meer. Die aanblik daarvan wek weersin in my binneste en het ek geen motivering om dit te respekteer of daarop trots te wees nie. ‘n Versinnebeelding van anargie, misbruik van mag, korrupsie op sy ergste tot by die hoogste amptenaar, nie betroubare polisie, noem maar op die lys is lank.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.