Video: Ou SA vlag wys “niks het verander”

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

‘n Kaapse gesin veroorsaak onmin in hulle woonbuurt deur die ou Suid-Afrikaanse vlag by hul huis te laat wapper.

Die bure sê die vlag hoort nie in hulle gemeenskap nie, maar die huiseienaars sê hulle het goeie rede vir die besluit om die ou vlag te hys.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Jacques ·

Dis mos moerse onnodig. Watse punt wil hulle bewys? Dis onnosel om aan die verlede vas te klou. Dis reg om te onthou waar ons vandaan kom, maar Ongelukkig is die simboliek van daardie vlag vir die meerderheid van suid Afrika n bitter herinnering aan vernedering en swaarkry. Hang dit as jy moet in jou slaapkamer, maar nie waar ander aanstoot kan neem nie.

V ·

Niks het verander nie!Hoekom dan nogsteeds al die plaasmoorde,moorde,verkragtings en bedrog en diefstal wat plaasvind.

Henk Vorster ·

‘n Vlag spreek ‘n duisend woorde. Tyd dat ek my ou vlag ook weer hys.

Ampie ·

Ek moet erken ek verstaan nie die bohaai oor die ou vlag en Die Stem wat nou op gereelde grondslag deur “die media” onthul word nie. ‘n Mens sou sê die ou vlag is gelyk aan ‘n seerower vlag of Pol Pot se uitmoor van miljoene Kambodese. Die ou vlag verteenwoordig wel respek, standaarde, goeie onderwys en krag wat heeldag aan is. “Die media” se walglike aanslag op als wat Afrikaans of Afrikaner is moet deur ons almal beveg word. Magtig man, ek gaan my Oranje blanje blou afstof en ook iewera opsit dat die buurt kan notisie neem.

EMK ·

Hierdie is tog mos net vryheid van .. wat sal mens nou sê? Spraak? Beweging? Politieke oortuiging. Hierdie is ook myns insiens hulle manier om te rebelleer teen die useless regering. In elk geval glo ek hulle is vry om te doen wat hulle wil en mense moet tog net vir hulself iets kry om hulself besig te hou in plaas van altyd bekommed te wees oor wat langsaan aangaan. My een buurmanhuis laat wapper die Stormers vlag voor sy plek en moet ke nou daaroor k*k en kerm omdat ek eerder ‘n Cheetah ondersteuner is?

willie olivier ·

Sover ek weet is die ou landsvlag nie teen die wet as jy hom in jou privaat woning wil opst nie. Wat van die arabiere wat met die ISIS vlag rondloop in Kaapstad se strate?

Elfie ·

Willie Olivier – nou-ja wat jy skryf is ERG! Het dit nie geweet, dalk moet mens groot bohaai daaroor maak dat dit oral op tv en in koerante kom – dis mos baie erger as die ou landsvlag!

Gideon Roos ·

Niemand kan aanspraak maak dat die vlag verwyder word nie. Dit is elke persoon se reg om so iets op sy privaat grond te laat waai. Indien dit nie geveld, haat of racisme aanhits nie, is daar niks wat enigiemand kan doen nie.
Indien die regering aandring of forseer dat dit verwyder word, skend hulle die persoon sy privaat ruimte en sy reg daartoe.

Ek wonder net wat die media sou se indien dit ‘n middeljarige wit man was wie die vlag laat waai het.

Louna Oosthuyzen ·

“A picture paints a thousand words”, dis ‘n demokratiese land (ek wil so dink) met vryheid van spraak. Dis die eienaars se grond en hy/sy kan mos opsit wat hulle wil.
Ek sal dit ook doen want dan as ek op vakansie gaan sal hulle my huis vir my dophou en ek kan heerlik en rustig gaan vakansie hou. (Tong in die kies)

Ben ·

Nou wonder ek net, toe ek my huis gekoop het moes ek die water aansluiting self betaal, self betaal vir die elektrieseteits aansluiting asook die opgradeering ens.

Hoekom het niemand vir my gese dit is die staat se werk om dit vir my te betaal nie!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.