Ou video ontstel opnuut

‘n Skermgreep van die video op Twitter.

’n Video van ’n bejaarde vrou wat hardhandig deur ’n versorger in ’n versorgingseenheid behandel word, word die afgelope paar dae onder Suid-Afrikaners versprei. Die voorval het egter nié in Suid-Afrika óf onlangs gebeur nie.

Maroela Media het vandeesweek verskeie nuuswenke van ontstelde lesers ontvang wat meer inligting oor die voorval “in Suid-Afrika” versoek.

Die voorval het hom inderwaarheid in April 2021 by ’n aftreeoord in Savannah in die Amerikaanse deelstaat Georgia afgespeel.

Daar kan in die video van 59 sekondes gesien word hoe Reine Smith, ’n versorger, die 89-jarige Evalyn Hall se kop teen ’n muur slaan en haar aan haar hare uit haar rolstoel trek.

’n Ander versorger genaamd June Campbell het die aanranding op kamera vasgevang en eindelik aan Hall se dogter gewys.

Luidens Amerikaanse media het Smith die betrokke aand in 2021 vir Hall, wat aan Alzheimer se siekte ly, gevra om haar pajamas aan te trek. Hall het egter geweier. Smith het daarop aangedring dat Hall haar pajamas aantrek voordat Hall haar eindelik gebyt het.

Die departement van gemeenskapsgesondheid in Georgia het ná die voorval ’n ondersoek gelas en eindelik bevind dat die oord se bestuur nie dadelik die polisie betrek het nadat hulle van die voorval in kennis gestel is nie.

Dit het ná die voorval ook aan die lig gekom dat daar die betrokke aand ’n personeeltekort by die versorgingseenheid was.

Staatsgesondheidsinspekteurs het bevind dat Smith daardie aand die enigste versorger aan diens by die versorgingseenheid was. Sy was verantwoordelik vir 12 inwoners met kognitiewe probleme van wie twee die bystand van twee personeellede nodig gehad het.

Smith is 50 dae ná die voorval in hegtenis geneem op aanklagte van uitbuiting, die toedien van pyn en ontneming van noodsaaklike dienste aan ’n bejaarde persoon.

Hall se familie het intussen ’n dagvaarding op die oord beteken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Witwax ·

Ek dink in SA gebeur soos iets baie meer by ons ou mense wat na gekyk moet word , ons sien of hoor dit net nie.

George ·

Ouetehuise in SA is n doodsvonnis, nie agv soos die video nie, maar kinders wat hul ouers daar los om te vergaan.

Wendy ·

Daarom is dit di plig v kinders om na hul ouers te kyk maar deesdae is hul besige leefstyl al wat saak maak nevermind of daardie ouers di kinders grootgmaak ht in hulle ewe besige leefstyl

Di ·

VERSEKER – My ma het ook deurgeloop onder hierdie skuim in ‘n ouetehuis!

Danie ·

Of dit waar ook al gebeur het nie verkeerd is verkeerd.Daar was al sulke gevalle in SA en soos die komentaar tereg verwys.Ek praat nie eers van gevalle in hospitale nie.En ja al was dit lank terug maak nie saak ons moet herrinder word aan verwaarlosing en geweld.

Faraway ·

Ek kan nie regtig beskryf hoe die video my Sondag onstel het nie. My hart wou breek en die woede wat ek ervaar het was onbeskryflik seer! Naarheid en ongekende gevoelens diep uit my binneste het my geruk. Ek gee nie om wat die versorger se verskonings is nie!!! Sou ek op dit moes afgekom het . . . GOD BEHOED MY. Maroela asb . . . ek dink ek vra namens honderde . . . hou ons op hoogte van wat met die saak gebeur!

Cherokee ·

Daardie video het byna 2 jaar gelede nie hier maar faraway gebeur.

Kattebol ·

Ek hoop daai verpleegster kry wat haar toekom. Die arme tannie is sekerlik nie die eerste en enigste wat deur dié spesifieke verpleegster mishandel is nie, daarom het n kollega dit op video vasgelê. Mooi so, kollega!

Mariana ·

50 dae na die aanranding, bietjie lank gevat. Sy het steeds geen rede gehad om die ou dame so lelik aan te rand nie. Hardhandig is lig gestel. Sy moet nooit weer naby mense kom nie. Sy behoort haar te skaam. En hier in SA gebeur dieselfde op gereelde basis.

Pietie ·

Hoekom word die ou video nou weer gewys. Dit ontstel n mens net weer van voor af

Andre ·

Ek was ‘n paar jaar terug in ‘n motorongeluk.Toe ek in die hopitaal was het die verpleegster wat oor my was weg geloop toe ek hulp nodig gehad het,want ek kon nie beweeg het nie.Dit is hoe hulle nou deesdae is.Hulle wil jou nie help nie al betaal jy hulle salarise.

Christine ·

Jammer om dit te sê, maar van die nasie wat verpleegsters word, doen dit slegs vir ‘n werk. Hulle het geen empatie of trots of respek nie. Geen agting vir die eed wat hulle aflê nie. Aaklige mense.

Andre ·

Iemand het die video vir my gestuur. Ek wou nie eens dat my vrou daarna kyk nie. Ek het dit ook nie aangestuur nie. Verskriklik ontstellend. Ons is in ons 70 ‘s en ek hoop nie ons beland in sulke omstandigheid nie.

Christine ·

Ek en my man gaan maar probeer om so lank as moontlik na mekaar om te sien. Dan hoop ons die Heer sal ‘n vinnige besluit maak om ons hierdie tipe behandeling te spaar.

Claudette ·

Wat vir my so snaaks is sy was die enigste aan diens, maar die ander versorger neem die video…..ja ek weet van wit versorgers wat oumense net so sleg behind behandel. Dis hartverskeurend…

Noellene ·

AS dit dan wel al in 2021 gebeur het, hoekom was dit stilgehou ?
Dis onmenslik en duiwels,

VaalDonkie ·

Jy het ‘n baie spesiale mens nodig om na Alzheimer’s pasiente te kyk.

Treurwilger ·

Soortgelyke hardhandige hantering en skokkende behandeling is in Australiese ouetehuise, en sekerlik ander sogenaamde Eerste Wêreld-lande, ondervind.
Wat ‘n gruwelike aanklag teen die mensdom …
Die “carers” is hoofsaaklik onopgeleide laagbesoldigde persone uit ander kulture.

TRP ·

Dink die rede dat mense dink dat dit in SA is, is omdat dit nie verbasend sal wees.

Erika ·

Hoekom is daardie versorger in die eerste plek daar as die werk nie eerste n roeping en passie is nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.