Ou vlag: AfriForum se aansoek om appèl geweier

ou-sa-vlag-nelson-mandela-stigting-en-ernst-roets

Ernst Roets van AfriForum en die Nelson Mandela-Stigting tydens vorige hofverrigtinge.

AfriForum se aansoek om appèl teen die gelykheidshof se uitspraak waarin die hof verlede maand beslis het dat die vertoon van die ou landsvlag op haatspraak neerkom, is van die hand gewys.

Die aansoek is vanoggend in die gelykheidshof, wat in die hooggeregshof in Johannesburg sit, aangehoor. Die hofverrigtinge het slegs sowat 30 minute geduur waarin adjunk‑regter‑president Phineas Mojapelo die aansoek geweier het.

Adv. Mark Oppenheimer het namens AfriForum aangevoer dat die aansoek om appèl in ’n ander hof suksesvol sou wees, omdat die uitspraak bindend is vir alle Suid-Afrikaners.

“Nadat die gronde van die appèl en die argumente van die advokaat oorweeg is sonder om die dele van die uitspraak te herhaal, word die appèl van die hand gewys,” het Mojapelo beslis.

Hy het bygevoeg dat AfriForum hom nie daarvan oortuig het dat ’n ander hof tot ’n ander beslissing sou kom nie.

Volgens adv. Ben Winks, vir die Nelson Mandela-stigting, het die stigting nie gedink daar sou ’n rede bestaan ​​dat ’n ander hof tot ’n ander beslissing sou kom nie “tensy daar dwingende redes is”.

Maroela Media het vroeër berig Mojapelo het verlede maand in sy uitspraak gesê die ongegronde vertoon van die ou vlag word nie beskerm onder vryheid van uitdrukking nie en dat die swaai van die vlag verdelend en pynvol is en verder as haatspraak gaan, dit is teistering.

Die uitspraak beteken dat die ongegronde tentoonstelling van die vlag, byvoorbeeld by ʼn sportbyeenkoms, verbied word. Die vertoon daarvan word steeds in byvoorbeeld museums en akademiese konteks toegelaat.

Die Nelson Mandela-stigting (NMS) het die aansoek in die gelykheidshof gebring en die Menseregtekommissie (MRK) was die tweede aansoeker in die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Corrien ·

Die ou vlag sluit nie die 4kleur in nie. Dit is die regte ou vlag en tegelykertyd die toekomstige vlag.

Jakes ·

Ek stem heeltemal saam en het reeds vir my een aangeskaf. Trots Boer!

SO ·

Waarom moet ons geskiedenis op gesluit word in museums terwyl apartheid nog steeds op gediep word? Geen ou landsvlag maar hul helde van die verlede word steeds geëer en geprys? Wonder maar net oor dié eensydigheid. O ja en jy mag jou eie kind nie tug soos ‘n pakslae op die boude nie ens.!

Koos de Meyer. ·

Ek sal my windpomp wat tussen my ou masjiene staan in die vierkleur verf.

Koos ·

Plaas daarvan dat ons regering en howe hulle besig hou met sake wat werklik verskille kan maak in ons land, soos bv werkskepping om miljoene werkloses darem daagliks in staat te stel om hul eie kos te koop, basiese dienslewering te bevorder en te verbeter, ens., ens.,ens. – lys is elle lank.

En kleinlike beuselagtighede soos die ou vlag kwessie doodstil laat lê waar dit reeds lankal sy lê gekry het, word hierdie klein jakkalsies oral opgejaag en sodoende bly die verlede se vuurtjie telkens gestook met nuwe houtjies en jaag almal van nuuts af weer in die harnas – haat en nyd en alles wat versoening en vredeliewende samelewings tot vervelens toe net weer vernietig.

Eind resultaat: Nooit word niks hiermee bereik nie.

HOEKOM Dít alewig met ons hê?????

Cherokee ·

Koos,
nooit word niks hiermee bereik nie,
beteken
altyd word iets hiermee bereik.

Koos ·

Jy’s reg Cherokee, “…. altyd word iets hiermee bereik….. “,
Net NOOIT iets positiefs nie, altyd net die negatiewe wat onwelriekend uit díé soort slik opstyg!!!

marous ·

Hys die Vierkleur en Vrystaatse vlae . Die ingelse stuk lap is die simbool van wereldwye onderdrukking . My honde sal nie eers op die ding slaap nie .

Spook op thaba ·

As ek sien wat onder die huidige vlag gebeur, dink ek die vlag is pynvol vir baie

Dirk Hessels ·

Dit is kommerwekkend dat t-hemde met kill the boer oorgesien word, ons as blankes was ook onderdruk onder die ou vlag (waar die britte ons as boere onderdruk het) waai eerder die ou Transvaal vlag.

John ·

Kultuur het nie argaìese totempale nodig om te oorleef nie… Daar is vele wyses waarop ‘n gruwelike draak in die stof kan byt… give it rope… en hy val in die gat wat hyself gegrawe het. Ons vermoei ons met non-sense.

Koos de Meyer. ·

Daars net moord en anargie onder die nuwe vlag. Die manier wat hulle aanhou sal daar nooit versoening wees nie. As ek so kyk lyk dit vir my of sekere mense aan ‘n minder waardigheids kompleks ly.

Johanna Botha ·

Die nuwe vlag simboliseer ook onderdrukking van minderhede , korrupsie, moord verkragting wat buite beheer is en onkenbare onbewaamheid en n gebrek aan dienste ….wat die land nou na 25 jaar op sy knee het !

m.d.r. ·

Ek wonder hoe pynlik is dit vir duisende oudsoldate wat in die 2e wereldoorlog teen Duitsland geveg het onder daardie vlag.
Of hulle pro-apartheid of anti-apartheid was is nie ter sake nie.
Hierdie vlag was die landsvlag sedert 1924. Toe het apartheid nie eens bestaan nie.
Vraag–hoeveel lewens is gewelddadig verloor onder daardie vlag (dit sluit die oorlog en Korea in) …en hoeveel mense het gewelddadig gesterf sedert die “nuwe vlag” wapper…..?

JR ·

Ek stem met jou saam wonder hoe voel daardie oudsoldoudsoldate dan verwag die Mandela stigting ons moet komberse brei vir Mandela dag wat n skande

Boet Fasie ·

Ag en nog mag ek nie eers my kind slaan as hy die ou vlag rondswaai nie

Juffer ·

Gaan voeter hom by die bure se huis….. Dan is dit nie by jou huis nie. Lol

Gerrit Janse van Rensburg ·

Sal ek skuldig wees aan haatspraak as ek die ou vlag in my eie huis vertoon?

Drikus Kotze ·

Kan iemand my sê of een van ons ander 10 “nasies” hul eie vlae gehad het? Miskien is daar jaloesie dat hulle nooit ‘n geskiedenis of ‘n vlag gehad het nie. Sies tog????????

Michael P ·

Ek het een in my kroeg en hy bly daar dit is my huis ek het hom al 37 jaar en as dit haatspraak is dan weet ek nie

Christa ·

Hulle kry skaam omdat hulle nie dieselfde standaarde aan die die Nasie Kan bied nie. Dis hoekom hulle nie die vlag Wil sien nie.

m.d.r. ·

Mag ek my vorige stelling oor die oud soldate bietjie meer ophelder ?
Die 2e wereldoorlog—
The Commonwealth graves commission has records of 11023 South African dead soldiers,
Korea—11 sterftes aan SA kant
Grensoorlog—2500 ongevalle aan SA kant….
in totaal dus 13534 sterfgevalle onder die ou vlag..

Volgens TLU SA was daar sedert 1990 reeds 2022 plaasmoorde alleen….
Statistieke dat daar 56 moorde per dag plaasvind…..daar was meer as 20 000 mense vermoor tussen 2017 een 2018……
EN DIT ALLES ONDER DIE huidige vlag…!!!!
Wie op aarde het hierdie Mojapelo aangestel….? Dit is duidelik dat sy rassistiese haat vir wit mense sy begrip vir feite vernietig het……

Judge Dredd ·

Waai die Oranje blanje blou Prinse vlag – dit sal hulle lekker deurmekaar maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.