Ou vlag, Malema en ape: Onnie ook weg by nuwe skool

skool klaskamer skoolhoof

Argieffoto

Die Trompsburg Primêre Skool het bevestig ʼn onderwyser by dié skool, Leonard Mackay, se dienste is beëindig nadat die skool dreigemente ontvang het.

Mackay is in 2013 deur die Menseregtekommissie (MRK) skuldig bevind aan rassisme en haatspraak, nadat hy ʼn ou landsvlag en foto’s van ape en Julius Malema in ʼn klaskamer vertoon het, by die Laerskool Wilgehof in Bloemfontein. Die MRK het aanbeveel dat hy nooit weer met kinders werk nie.

Hy het egter in Julie 2015 by die Laerskool Dr. CF Visser begin werk. Hy het sowat ʼn maand later bedank, glo weens druk van die Vrystaatse departement van onderwys. Mackay het intussen vanjaar by die Trompsburg Primêre Skool as onderwyser begin werk. Volgens mediaberigte het Mackay eers in April by die skool begin.

Willem Grobbelaar, beheerliggaamvoorsitter van die Trompsburg Primêre Skool, het gesê die skool en Mackay het egter ooreengekom dit is in die beste belang van die skool om sy diens te beëindig. “ʼn Spesiale vergadering van die beheerliggaam is vandeesweek belê, nadat die skool dreigemente ontvang het in verband met Mackay se posisie by die skool.”

Volgens Grobbelaar het ʼn politieke party ʼn protesoptog na die skool gelei. “Die beheerliggaam is ook kennis gestel nog twee partye wil ʼn optog na die skool lei. Dit stel die veiligheid van ons leerders in gevaar, beïnvloed onderrig by die skool en is nie in die beste belang van die skool nie. Die beheerliggaam het daarom ooreengekom om Mackay se diens te beëindig.”

Grobbelaar het gesê as deel van Mackay se aanstellingsproses, het die beheerliggaam ʼn ouervergadering belê om die aangeleentheid te bespreek. “Ons het die skoolgemeenskap se ondersteuning gehad met sy aanstelling.”

Volgens Grobbelaar het die beheerliggaam sy spyt uitgespreek dat die huidige omstandighede nie ryp is om die betrokke onderwyser ʼn tweede kans te gee nie. “Ons moet egter die veiligheid van leerders, onderwysers en ouers eerste stel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

tamboti ·

MRK = Afrikaner vertrapping kommissie. Is Julius nie reeds skuldig bevind aan haatspraak en aanhitsing van geweld nie, en is hy lewenslank verbied om met mense te praat???
Hierdie onderwyser is effektief lewenslank gestraf vir die waarheid.
Daar sal ‘n skool in die Noorde wees(binne ‘n jaar of twee) waar die ouers net soos Malema sopas gese het en ek haal aan: “die regering oor die loop aanvat”.
En dan het die ander swaap nog gese dat die uitwerking van Apartheid net vernietig kan word deur die Afrika kultuur en tale op skole af te dwing!

Patrys ·

Dis ‘n absolute heksejag teen ‘n goeie onderwyser. Ek wonder hoe slaap die man wat hom oorspronklik by Wilgehof primêr verkla het? Die man wat later self in die nuus was vir stelery by ‘n kruidenierswinkel.
My raad aan die onderwyser. Verlaat hierdie verwoeste, stukkende land en gaan maak ‘n nuwe begin waar daar nie soveel haat teen die witman is nie. Waar daar ook nie joernaliste is wat al jou bewegings haarfyn dophou en uitbasuin nie!

mariaan ·

Dis waarskynlik ‘n mede Afrikaner wat hom verkla het, net soos Adriaan Basson met sy heksejag by die Puk.
Ons as blankes word verafsku in hierdie land en wat ook al verkeerd gaan, word op apartheid blameer. Die “onderdruktes” in die tyd van apartheid sal nooit toelaat dat dit verdwyn nie. Dit is ‘n gerieflike verskoning wat die fokus verskuif van hulle onbekwaamheid.
‘n Groot deel van die land se geskiedenis word weggevee of aangepas ter wille van versoening.
Ek is jammer vir die onderwyser wat nou nie soos Malema en Zuma kan se wat hy wil en rassehaat opstook n ie. Ek stem saam, gaan hou liewer skool in ‘n land waar al die kinders se hoofdoel is om skool te gaan en te leer.

e.du plooy ·

Ja hoop die vrou wat hom gaan verklaar het voel baie trots op haar self sy het n hele boere familie op straat gegooi waarvan moet hy vir sy mense sorg maar pasop wat jy saai sal jy maai met plus as ons nasie sleg gese word en uitgewis word dan gebeur niks maar sodra jy iets aan hulle nasie doen is dit groot koerant opskrifte daaroor en dan kan die koerante vinnig berigte plaas

Andre ·

Ai….en hoeveel haatspraak moes ons al die afgelope jare verduur (wat al hoe erger word) en níks word daaraan gedoen nie?

Burger ·

Om iets te regverdig omdat iemand anders verkeerd doen , maak absoluut geen sin nie . jy verhaas net die pad van jou land en eie ondergang .

Rassisme gaan jy ook nie met dreigemente van tronkstraf uit roei nie. Jy kan dalk optrede beheer maar nie die hart verander nie met wette nie. Rassisme is die vrot in jou gees en dit maak die deur oop vir die verkeerde . Die einste rassime maak dat jy leiers kry wat net die raskaart gebruik om in mag te bly , soos wat ons tans het. Leiers wat nie op enige ander gebied n eerlike sinvolle bydrae tot die land kan maak nie….

Soms moet ons net bietjie weier dink wat ons se en hoe ons dink . Help soms om te besin oor wie alam n invloed gehad het op hoe ek vandag dink en of dit nog reg is of ooit reg was.

Iemand het gese as jy nooit buite jou verwysingsraamwerk en gemaksone gaan nie , gaan jy ook nooit groei as mens nie..

Ben ·

Ek hou van wat u sê. Dit is tyd dat ons Afrikaners “Engtevrees” kry vir ons gesamentlike Eng en nou wiesie. “

tambotie ·

Burger, rassisme is nie die euwel nie, diskriminasie en haat wat dit mag vergesel is die euwel (sonde) Is dit dan verkeerd om te onderskei, tussen mens en dier, man en vrou, oud en jonk, goed en sleg, en net so tussen vriend en vyand, christen en moslem, volk en vreemdeling ens.
Ek het geen engelsesprekende vriende of vriende wat rook nie. Geen van my vriende of familie is verkragters, moordenaars, rowers of diewe nie, so ja my verwysings netwerk is maar klein.
Volgens my eng uitkyk is afsonderlike vreedsame bestaan veel beter as ‘n roesemoes van liberale kriminele en sedelose vermengde samelwing. Geen woord of dreigement laat my bloei of neem my eiendom weg nie (rassisme of diskriminasie) maar dade en optredes doen liggaamlike en materiele skade. My brein is wel sover ontwikkel om ook dit te onderskei. Die geskiedenis is daar, soms nie heeltemal reg oorgfedra nie maar kan nie verander word nie. So sal dit ook herhaal in die toekoms.
En ja, die een se oortreding maak nie die ander onskuldig nie, maar die oortredings van dieselfde aard moet met dieselfde oordeel gestraf word.

Ben ·

Die vraag is: is die onderwyser bereid om verskoning te vra vir sy vorige dade wat definetief haat ên rasisme aanhits, ên is hy bereid om ‘n verklaring af te lê wat sy verskoning uitbeeld??? Dit is tyd dat ons Afrikaners verantwoordelikheid vat vir dit wat ons verkeerd gedoen het, ên ophou om ander mense te blameer vir hulle reaksies. “Man-Up”. Net as elkeen van ons Ons skuld belei Ên nie aanhou kyk hoe skuldig ander mense is nie, sal ons land begin genees.

Koos ·

Ons het nou genoeg versioning gevra, word in ons gesigte teruggegooi ,gaan wragtig nie ook op die Daniel bootjie klim nie.

tamboti ·

Ben, ek of my voorgeslag was nie skuldig aan enige “apartheids misdade” nie, nee ons het maar nog altyd aan die agter speen gesuip. Jy sien ons was ook in vandag se terme “minder bevoorreg” en aan die ontvangkant van die regering se swak beleid en foute. Ons was meer slagoffers van die tyd en omstandighede, maar nogsteeds wetsgehoorsame belastingpligtiges. Nogsteeds arm maar ordentelik.
WAT WIL JY HE MOET ONS BELY EN VOOR VERSKONING VRA??

Lee-anne ·

sorry Ben, jy sit die pot mis. Jy gaan ook deurloop vir wat jy dink ons verkeerd gedoen het. Hulle stel nie belang in jou/ons verskonings nie. Die haat is te sterk. Kan net bid vir ‘n wonderwerk.

Petro ·

Ben gaan hul omverskoning vra omdat hul ons boere vermoor en malema oor die feit laat hy hul aanpot om die witmense dood te maak ons moet eerder MAN UP met wapens om onsself en ons kinders te beskerm.

Asjas ·

Moordenaars, verkragters, pedofielle en rowers kry tweede kanse wanneer hulle uit die tronk kom. Hoekom mag hierdie persoon nie ook ‘n tweede kans kry nie? Hy moet net nie weer dieselfde fout maak nie. Waar is nie versoening in ons land? Die Here gee ons elke dag nog ‘n kans, wie is ons om te oordeel?

m ·

Hy is wit so hy sal beslis gejag word. Net swartes mag haatspraak doen en rassistiese opmerkings maak.

Louise ·

Bomme was in die apartheidsjare DEUR alle kultuur groepe geplant en ek voel DAT almal hulle paal moet staan en nie net WIT nie. Dan nog n ding wat ek nie verstaan nie.. As daar gepraat word van APARTHEID, HOE het baie dan steeds n GRAAD en skool en MEER geld as wat ek van kan droom gehad. Help my uit want DIT verstaan ek nie.
As als dan GEVAT was, hoe het BAIE grond behou dan, hoe was die GROND gevat deur die WIT mens. Het hulle dit oorbag gegruip soos wat nou gebeur of HET destydse BOER n OOREENKOMS bereik rondom onderhandelinge. JA MENS MOET VERDER KAN DINK OM TE KAN GROEIE….. Maar Ja so kom ons WEG MET MOORD want ons kan dan die rasse kaart gebruik, wit mense word dan vermoor OOR HULLE apartheid GESKEP het…….
NIEMAND het gese daar moeT n informele NEDERSETTING geskep word nie….
Maar DIT was vir gerieflikheids onthalwe, want DAN HOEF EK NIKS TE BETAAL NIE.
Kry my erf, water krag en als MAHALA…..

Tiger ·

Is daar nerens ‘n CVO skool wat die man kan akkomodeer nie?Kom nou mense!En Ben ek kry jou net jammer.Waarom moet ons blankes alewig gatkruip by die anc regime en sy talle liberale blanke ondersteuners terwyl hulle kan doen en se wat hulle wil en ons nie?

Oupa D ·

Alhoewel CVO-skole hoegenaamd niks met rassisme te doen het nie, maar alles met kwaliteit en behoud van die korrekte onderwysmilieu, is dit skandalig dat die onderwyser verguis word vir een fout. Dit is onnodig om ou landvlae en foto’s met swak konnotasie in jou klas te vertoon, maar dit kan maklik reggestel word. Dit hoef nie ‘n lewenslange straf te weeg te bring nie.
Ek gee reeds byna ‘n dekade lank onderrig in CVO-skole en het nog nooit enige vorm van rassisme hier ervaar nie. Wat ek wel ervaar is vergifnis, begrip en leiding. Mnr Mackay, kontak my gerus d.m.v. maroelamedia, ek dink jy verdien nog ‘n kans – soos al die verguisers ook!

Ekwilibrium ·

Al voel ons ook al hóé gefrustreerd met die huidige stand van sake en sekere individue, dit was uiters onnosel van hierdie onderwyser om sy opinies in ‘n klaskamer ten toon te stel. Hy’t vir homself ‘n gepekelde lat gepluk. Op skool het ons ook ‘n onderwyser gehad wat behep was met regse politiek. Hy het dit op sy leerlinge afgedwing d.m.v. haatspraak, AWB plakkers en T-hemde. Alles myt die Bybel onder die arm, natuurlik. Dit het my grensloos geïrriteer; ‘n onderwyser moet hom/haarself bepaal by hul vakgebied. Kyk in watter toestand ís ons onderwys…

Ekwilibrium ·

O ja, ek voel egter ook die ding word opgeblaas tot belaglike proporsies. Gun die man ‘n tweede kans, hy weet mos nou van beter…

Sampie, ·

Met my daaglikse omgang met swartmense ondervind ek regtig geen probleme nie, dit is die swart politieke leiers wat die haat teenoor blankes aanvoer.

Elmarie Jacobs ·

Dit is baie belaglik. Hoekom lank moet hy nog suffer. Wat van sy vrou en kinders. Ek weet hoe dit met hulle gaan en hulle kry swaar. Genugtig mense, hoe lank moet hy “gestraf” word vir iets waarin hy geglo het. Die sou nie met hom gebeur het as hy by ‘n wit skool skoolgehou het nie.

Marous ·

Julius dreig met mag uit die loop van ‘n geweer …. op Internasionale TV en niks word daaraan gedoen nie ? MNR Mackay… gaan Australie toe , hulle soek onderwysers.

petro ·

O maar dis ok as Julius die swartmense aanpot om boere te vermoor want dis hul voorvaders se plase wat ons gesteel het en dinge te se soos as hy in bewind kom vat hul al die witmense se besittings!!Verstaan dit net nie Mnr gaan oorsee daar sal jy meer as welkom wees die land is n joke!

J. de Jager ·

Ekt al die respek vir CVO skole. My oudste kind was in n CVO skool in Excelsior en ja as daar finansies was het ek enige enige tyd my dogtertjie na n CVO skool gestuur. Hoop hulle kan die onderwysers help.

Lance ·

Wil my voorkom of die wat die hartste skreeu rasisme ….gewoonlik die grootste rasiste is …

Ekwilibrium ·

Is so. Die wêreld het nou regtigwaar genoeg holte gekruip by ‘hulle’; dis tyd dat hul maai wat hul saai. Ek kry hierdie man regtig jammer, maar dit was bitter dom van hom.

Nita ·

Malema se jongste uitsprake is weer eens n bewys dat swart regerings van Afrika geen benul het, van wat demokrasie is, nie. Die kamtige eerste demokratiese verkose regerings klou met mag en krag aan hulle posisies en ander gieriges soos Malema kan nie wag om n bloedige rewolusie te begin, om sy hebsug te bevredig nie. Dit alles wil hy bereik deur die wit rassehaat kaart te speel.

Bert ·

Die dubbelstandaarde rondom ‘rassisme’ in SA irriteer my net soos vir sommige kommentators hierbo. Maar dink jou die volgende situasie in: ‘n Engelsman, net na die Engelse Oorlog, plak ‘n foto van ‘n Boer en ‘n bobbejaan tesame met die Union Jack, op sy klaskamermuur. Wat sou ons reaksie wees? Amper iets soos die ‘I am a donkey’ gevalle waar jy gestraf is as jy Afrikaans praat?

J ·

Vermoor blankes dit is okay. Maar moet asb nie die ou SA vlag waai nie. Mc Bride het vrouens vermoor en vermink met sy bom. Wat kry hy?,?? Top pos in die polisie

Disselboom ·

Daar is ‘n hele paar mense wie se reflekse die CVO-skole as plek vir hierdie onderwyser sien. Goeie sentimentele gedagte, maar is dit geldig? Dis ‘n treurige dag dat die afpersers toegelaat word om so op te tree en is ‘n slegte teken vir die land in geheel. Gaan die arme CVO-skole nou ‘n broodwinner sy salaris kan betaal en of sulke dreigemente sal kan weerstaan?

Daar kort baie groter weerstand en sterker organisasies om te verhoed dat alles in anargie verval. Dit kan gedoen word, maar daar sal groter as CVO-skole gedink moet word. En dit wil lyk of Willems en Wims wat in akademiese instellings se besture sit, bietjie te maklik toegee en nie opstaan vir hulle mede-Afrikaners nie.

Maar dit is inderdaad skreiend dat Malema, wat nou onlangs weer prontuit haat teen die blanke uitgespreek het, tekere kan gaan soos hy wil, maar ‘n onderwyser wat ‘n paar dinge kwytgeraak het, is nou melaats en word met afpersing van geweldsdreigemente verwilder.

E ·

Ok hy is in 2013 skuldig bevind aan haatspraak en dit is mos nou verby. Wat het hy nou in 2016 gedoen om afgedank te word? Is hierdie ou koeie of het iets nou onlangs gebeur wat dit veroorsaak het?

Oom Kalahari ·

@Burger en Ben, almal gaan sekerlik nie jul visie wil deel nie en waarvoor moet daar gebuig word en omverskoning gevra word as die meeste blanke Afrikaners nie eers ‘n idee van enige apartheid gehad nie, maar almal word onder dieselfde kam geskeer en tog is vandag erger apartheids toepasings op die been. In alles word net apartheid raakgesien, maar dit staan jul vry om te kniel en voete te was. Hierdie Onderwyser het jare gestudeer om suksesvol in sy beroep te wees en as hy sodanig dan gefouteer het, kan hy berispe word maar om sulke stappe te doen waar jag gemaak word op ‘n spesifieke ras is werklik onvanpas. Mag hierdie klaer/s sy/haar seer ook dubbel en dwars kry wat hul toekom om hierdie gesin van hul toekoms te laat ontneem.

Patrys ·

Die klaer was ‘n blanke Engelssprekende pa, wat met sy dogter en seun Bloemfontein toe gekom het omdat sy vrou onder een of ander sektariese beweging verval het. Daar was ‘n prentjie van die ou landsvlag, van ‘n bobbejaan en van Malema op die klas se muurborde waarop plakate en hulpmiddels geplak word. Hy het geensins’n konotasie tussen die prente gemaak nie. Dis die pa wat bewerings van rassisme gemaak het. Die onderwyser het, soos baie ouers ook soms grappenderwys ons kinders ‘n bobbejaan of aap noem as hy/sy ‘n onnosel fout maak, ‘n swart kind so
genoem. Die kommissie wat hom totaal ongeskik bevind het om met kinders te werk, het slegs uit swart lede v.d onderwysdepartement bestaan!!!
Zuma, Malema, swart studente kan haatspraak openlik teen blankes besig, maar ons moet omdat ons blank is, net altyd stilbly, anders is ons rassiste!
Meneer Mackay gaan na ‘n CVO skool of Orania toe. Daar sal jy waardeer word. Of, soos ek vroeër gesê het, gaan eerder landuit. Daar is baie private blanke skole in Namibië wat jou kundigheid sal kan gebruik.

WOEDEND VERBEI ·

Dit is baie onregverdig dat een so gestraf word maar ander mag dit doen! Die ookblik wat een van ons iets sê dan sak die son letterlik maar hulle mag net sê en doen wat hulle wil!!

DUBBEL STANDAARDE!!!????

Theo ·

ek sou dieselfde gedoen het as wat leonard mckay gedoen het. ek is nie skaam oor my verlede nie, maar ek skaam my vir wat in hierdie tyd na 1999 begin gebeur. ek stem saam met oom kalahari en patrys. die anc vra nie omverskoning oor hulle aanhutsing en hulle wetteloosheid en hul lae morele waarde en hul swak bestuur van die land.

Liesl ·

Wie mag ” eerste klip” gooi ? Wie van ons het nie al foute gemaak nie? Op sosiale media maak mense uitlatings en vra vinnig genoeg omverskoning en staar nog moontlik ‘n dissiplinere verhoor in die gesig. Die onderwyser is reeds ” gestraf” deur die Dept van Onderwys. Ek glo hy het sy les geleer. Politieke partye ‘misbruik’ die komende Verkiesing en die aanstelling sou nie soveel reklame uit gelok het indien dit op ‘ n ander tyd plaas gevind het nie. Wat het geword van vergewensgesindheid in hierdie land? Is ons werklik die Christene wat ons voor gee ons is? Daar is ouers wat dinge uit verband uit ruk. Vryheidsdag kan ook gevier / nie gevier word deur enige persoon en op enige wyse in Suid-Afrika. Ons het ‘n demokasie! Liewer ouer: jy wat dan kla en jou familie hoog in die politiek gebruik en jou kind , wat ‘n speelgrond wil maak by die skool- gaan hou asb. ‘n optog by ‘n ander plek. Neem jou kind as jy Vryheidsdag saam met jou kind wil vier. Dis oor jou dat die skool ‘n dag moet in haal. Ons wat ver bly is ook moeg gery en Brandstof reen nie uit die lug nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.