Oud-adjunkminister MTN se nuwe voorsitter

Argieffoto

Mcebisi Jonas, ʼn voormalige adjunkminister van finansies, is MTN se aangewese voorsitter.

Phuthuma Nhleko, voorsitter van MTN se raad, sou aanvanklik later vandeesmaand al sy pos ontruim, maar bly nou tot 15 Desember aan om ʼn ordelike oorgang te verseker. Jonas neem dan by hom oor.

MTN het in ʼn verklaring gesê die maatskappy het die afgelope ruk sake gedoen in ʼn uitdagende reguleringsomgewing en onder hoogs mededingende handelsomstandighede. Die raad meen die situasie is nou meer bestendig, wat dit moontlik maak om aanpassings aan die raad te doen.

Onder die nuwe raadslede is ook die voormalige president van Nigerië se sentrale bank, Lamido Sanusi. Hy sluit op 1 Julie by die raad aan.

“Ons is vol vertroue dat die toetredende direkteure ʼn magdom ervaring, uiteenlopende vaardighede en streekservaring na die raad gaan bring,” het MTN in ʼn verklaring gesê.

Die maatskappy het gesê die raad het ook besluit om ʼn internasionale raadgewende direksie (IAB), bestaande uit vooraanstaande leiers, saam te stel. Die IAB moet die MTN-groep help om sy strategiese doelwitte te bereik. Oudpres. Thabo Mbeki is die voorsitter daarvan.

Ander lede sluit in die voormalige Ghanese president, John Kufuor, die voormalige Afrika Unie-kommissaris vir politieke aangeleenthede, dr. Aisha Abdullahi, die voormalige direkteur-generaal van die internasionale atoomenergieagentskap, Mohammed ElBaradei en die president van bemarking en dienste van Total SA, dr. Momar Nguer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

Lyk my MTN maak ernstig voorbrand vir sy “paaltjies” in Afrika! Hy wil seker nie weer skoongeboul word met vet boetes soos in Nigeriee nie!!! Aanhouer wen, maar MTN verbruikers verloor nog steeds met hoe kostes!!

jaco ·

politieke aanstelling. ook maar baie soos broederbonders wat in die ou SA lekker top jobs by besighede soos Volkskas en SANLAM gekry het. “hulle” wat nou aan bewind is. het baie by “ons” geleer…

Wildeboer ·

MTN is op sy laaste bene. Swak korporatiewe bestuur en sake etiek het sy tol geëis. Die groep is ‘n teiken vir ‘n oorname, moontlik Chinese.

Afrika Besigheid Strategie ·

Lyk soos Jobs vir pêlle! Konneksies direk na Afrika regerings. Magdom ervaring in glibberig wees. MTN se “Pay as you GO” strategie in Afrika.

Manie ·

Is dit dieselfde MTN wat niks meer te doen wil hê met Afrikaans is groot. Raak nou vir my duideliker as ek kyk na die mense in bestuur hoekom sulke anti Afrikaner besluite geneem word. Ek hoop die volgende nie van julle is dat julle julle deure moes sluit

PJC ·

So gaan alles stelselmatig die kreeftegang soos wat transformasie vorder.

Ina van Rensburg ·

Die spieël en die raaisel kom toe uiteindelik by mekaar?!
Jammer Steve.
So sal ons almal maar moet behou!

Sarel ·

Daar Kim die waarheid oor die boikot van AIG deur o.a. MTN nou uit. Politiek!!!! & Guptas

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.