Oud-adjunkminister ondersoek oor dwelms

valkeʼn Voormalige adjunkminister word deur die Valke ondersoek vir beweerde betrokkenheid by dwelmhandel, berig die Sunday Indepedent.

“Die persoon wat ondersoek word, was deel van die vorige administrasie en nie die huidige een nie,” het Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, gesê.

Ramaloko het bevestig dat daar ʼn ondersoek aan die gang is, maar het geweier om die persoon wat ondersoek word se naam bekend te maak.

Thuli Madonsela, Openbare Beskermer, het ʼn paar weke terug tydens ʼn inligtingsessie van die Instituut vir Sekerheidstudies gesê sy het die saak na die Valke verwys weens die kriminele aard van die bewerings.

“Ons het verlede jaar ‘n klag ontvang dat ‘n sekere lid van die uitvoerende gesag betrokke is by misdaad. Die persoon het glo dwelmhandelaars bygestaan,” het Madonsela gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Estelle ·

En dit is vir die SAPD nuus? Plaas dat hulle bietjie van hulle lede toets vir gebruik van dwelms, jo-jo-jo hulle sal ‘n eye-opener kry wat skrik vir niks!!

Estelle ·

En dit is nuus vir die SAPD?? Asb. skrik wakker en doen julle self ‘n guns, toets van julle SAPD lede randomly en hulle sal die groter prentjie kry oor wat aangaan! Hulle koop (kry gratis, want hulle kyk uit vir hulle nigerian “buddies”) dwelms met uniform aan en in polisie voertuig!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.