Die voormalige Suid-Afrikaanse ambassadeur in Uganda, Jon Qwelane, is Vrydag in die Johannesburgse hooggeregshof aan haatspraak skuldig bevind.
Regter Dimpheletse Seun Moshidi het gesê Qwelane het hom skuldig gemaak aan haatspraak in ʼn rubriek wat hy in 2008 as joernalis geskryf het.
Die rubriek, getiteld “Call me names, but gay is NOT ok”, is in die Sunday Sun geplaas. In die uitleg is onder meer ʼn tekenprent gebruik van ’n man wat met ’n bok trou. Qwelane is wyd gekritiseer vir uitlatings wat hy in dié rubriek gemaak het en die saak is deur die Menseregtekommissie (MRK) voor die hof gebring.
“Die aanstootlike uitlatings in die rubriek teen die LGBTQI-gemeenskap [lesbiër, gay, biseksueel, transgender, queer en interseks] is kwetsend en dit hits kwaadstokery aan,” het Moshidi in sy uitspraak gesê.
Die regter het gesê die rubriek is nie geskryf om ʼn gesonde debat oor homoseksualiteit te fasiliteer nie, maar om lesers van die skrywer se eie oortuigings te oorreed en te oortuig om ook homofobies teenoor dié gemeenskap op te tree. Hy het gesê as Qwelane kon bewys dat die rubriek opbouend tot dié debat oor ʼn minderheidsgroep kon bydra, sou hy onskuldig kon wees, maar dat dit nié die geval is nie.
Qwelane is 30 dae gegee om onvoorwaardelik om verskoning aan die LGBTQI-gemeenskap te vra. Regter Moshidi het verder ook beveel dat dié openbare verskoning in die Sunday Sun of ʼn ander nasionale Sondagkoerant geplaas word “om dieselfde reklame as die aanstootlike opmerkings te ontvang”.
Qwelane is verder beveel om die koste van die uitgerekte hofgeding te betaal. Hy is in 2011 ook deur ʼn gelykheidshof in Johannesburg skuldig bevind en ʼn boete opgelê.
Sjoe, dis ‘n gatslag!
Nou waar is sy R 100 000 boete?
EK sou graag wou sien hoe kerke op die uitspraak gaan reageer.In die ou testament word
homseksuele neigings nie veroordeel nie,maar wel die dade wat uit sulke neigings voortspruit.
In die antieke joodse leer is die weerhouding daarvan hoër aangeslaan as sou so’n gedagte
by nie homoseksuele mense ontstaan.Die klem het dus op die daad en nie die begeerte geval nie.Dit is in teenstelling met die nuwe testament waar dat Jesus leer dat selfs
die blote gedagte dit op dieselfde vlak as die daad plaas.
In die ou testament is daar ook nie so’n verdoeming van vroulike ‘homoseksualiteit’, hulle kon selfs priesteresse word want sulke neigings is beskou as'”merely licentiousness,”.
In die ou testament