Oud-ambassadeur van SA vas oor MTN-ooreenkoms

Argieffoto

Suid-Afrika se voormalige ambassadeur in Iran is in hegtenis geneem op aanklag van korrupsie.

Yusuf Saloojee (75) is Donderdag in hegtenis geneem en het dieselfde dag in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Johannesburg verskyn op aanklagte van korrupsie.

Saloojee is deur die Valke ondersoek in verband met bewerings dat hy by korrupte aktiwiteite met Iranse amptenare betrokke was nadat die Turkse telekommunikasiemaatskappy Turkcell ʼn GSM-netwerk gekry het om vir 15 jaar in Iran sake te doen. MTN was tweede in die ry vir die selfoonlisensie ter waarde van meer as $31 miljard.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê Saloojee was glo betrokke by die fasilitering vir die kansellering van die selfoonlisensie aan Turkcell. Die lisensie is hierna aan MTN Suid-Afrika gegee.

Turkcell eis egter nou skadevergoeding van MTN en beweer MTN het Suid-Afrikaanse en Iranse amptenare omgekoop om die lisensie te kry.

Saloojee het na bewering R1,4 miljoen vir sy rol gekry en die geld is glo in ʼn prokureursfirma se rekening inbetaal. Die geld is glo gebruik om ʼn huis in Pretoria te koop.

Saloojee is intussen op borgtog van R4 000 vrygelaat en die saak tot 17 April uitgestel vir nadere ondersoek.

Volgens Mulaudzi is die ondersoek na die MTN-konsortium steeds aan die gang.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

LÍEWE GENADE,TOG! ·

LIEWE GENADE TOG…sal die ou mensdom,dan nou NOOOOOÍT léér, dat skelmstreke en korrupsie UITKOM een of ander tyd nie…??? ?
Hóé gierig en ONverstandig,kán mens, wees…
MY GEBED IS,DAT MY HEMELSE VADER MY,MY KINDERS EN MY NAASTE SAL BESKERM LEWENSLANK,OM NIÉ ÓÓK IN DIÉ VALSTRIK TE TRAP

RALPH ·

Charl, ja die skielike arrestasies nou, blyk gemik te wees rasgedrewe. ANC wil vir sy kiesers toon dat hy die skuldiges sal vásvat. So ” stem vir ons”.

Charmaine ·

Hulle arresteer nou net al die klein vissies om ons aandag af te trek van die groot visse wat die staatskoffers aan die anderkant leegdra…..net laat ons dink hulle doen darm iets om optetree teen korrupsie…..

Gert van Wierdapark ·

Stem saam met Charmaine. Was vanoggend my kommentaar rakende die Landbank 3 se diefstal. Dis verkiesingsfoefies – volg eerder op wie gaan die meeste baat met Eskom/Esgaan se ontbondeling in 3 dele. Die families met inligting gaan skep soos vroeer vandag op Whats Up gedeel is. Soos iemand altyd opmerk: The Plot Thickens/Die Plasie word al Dikker!!!

Piet parys ·

Dan is die prokureur ook betrokke want die geld is met n omweg gekanaliseer om die huis te koop…??

Snowflake ·

75 jaar oud……. op daai rype ouderdom, kan maar gaan krap…… hys n ou skelm!!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.