Oud-amptenaar vas wat glo paspoorte smous

(Foto: Unsplash)

’n Voormalige amptenaar van die departement van binnelandse sake in KwaZulu-Natal is vandeesweek in hegtenis geneem nadat hy na bewering bedrieglike paspoorte aan buitelandse burgers verkoop het.

Malusi Mlondo (34) het glo tot R3 000 per paspoort ontvang.

Volgens die Valke het Mlondo verlede jaar by die departement van buitelandse sake se kantoor in Pietermaritzburg gewerk toe hy in Februarie na bewering bedrieglike paspoorte vir buitelandse burgers by die Durbanse kantoor verwerk het.

Lt.kol. Simphiwe Mhlongo, woordvoerder van die Valke, sê ’n interne ondersoek het aan die lig gebring dat Mlondo Suid-Afrikaanse burgers se besonderhede en die ID-foto’s van die buitelandse burgers gebruik het om vir dié burgers Suid-Afrikaanse paspoorte saam te stel.

’n Saak van bedrog en korrupsie is by die Durban-Sentraal-polisiestasie aanhangig gemaak en die betrokke saakdossiere is later aan die Valke oorhandig vir verdere ondersoek.

Mlondo is eindelik Dinsdag in hegtenis geneem en staan nou tereg op aanklagte van korrupsie en bedrog. Hy het Donderdag vlugtig in die Durbanse landdroshof verskyn, maar bly in aanhouding. Sy borgtogaansoek word Maandag aangehoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Di ·

Daar is nog BAIE van sy soort in Binnelandse Sake! DIS die rede hoekom daar so baie onwettige immigrante nou in SA is.

Amelia ·

Waar is dit nie so nie oral is net bedrog mens kan niemand meer vertrou nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.