Oud-ANC-jeugligaleier slaan vrou met sambok dood

hof-hamer

Argieffoto.

Patrick Wisani, ʼn voormalige ANC-jeugligaleier, is Maandag in die hooggeregshof in Randburg daaraan skuldig bevind dat hy sy vriendin verlede jaar met ʼn sambok doodgeslaan het.

Wisani het sy vriendin, Nosipho Mandleleni, in September verlede jaar met ʼn sambok en besemstok in die paar se huis in Yeoville doodgeslaan. Hy was ten tyde van die voorval voorsitter van die ANC-jeugliga se middestad-tak.

Regter Mohamed Ismail het bevind nadat Wisani vir Mandleleni doodgeslaan het, het hy ook haar tweelingsuster, Siphokazi, aangerand en geïntimideer om te verhoed dat sy teen hom getuig. Hy het ook Siphokazi se vriend, Zimbini Mathibe, aangerand en geïntimideer.

Volgens Ismail het van die staatsgetuies mekaar in hul getuienis weerspreek, maar was daar genoeg bewyse voor die hof gebring om Wisani skuldig te bevind. Wisani is skuldig bevind op aanklagte van moord, aanranding en intimidasie.

Ismail het gesê hy wil Wisani so gou moontlik vonnis en het hom aangeraai om regsadvies te kry voordat die vonnisverrigtinge begin. Die saak sal Dinsdag voortgaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Johann ·

Kan jy nou meer? ‘n ANC lid wat iemand met n sambok en besemstok doodslaan. Daarna iemand INTIMIDEER…vreemd? Gedink die ANC en veral die sg Jeugliga is verhewe bo aanranding geweld moord i timidasie? Of is dit sprekend van die ANC se leirskorps se voorbeeld aan die res van die ANC jeug? Komaan…waars die organisasies teen Geweld op vroue? Wasrs die MRK? KOMAAN….EN DIE ANC?

E.K. (vra net) ·

Jip Johann, al die anties wat so gedans en sing en aangegaan het by ‘n sekere atleet se verhoor – was dit net om op tv te kom? Want as hul regtig besorg was oor geweld teen vroue – waar was hulle hier? En sommer ook by BAIE ander hofsake!

Johann ·

Deel van die ANC se DNA….geweldenaars en intimideerders!

Nannie ·

Ja-nee niks van die is op die nuus gewys nie. Maar ai tog as jy wit was, was dit voorblad op al wat koerant is en nog boon-op TV kanaal.

cor ·

Hierdie is maar net ‘n gewese jeug liga leier wie se humeer bietjie uitgehaak het en die familie twis te ver gegaan het niks nuus waardig nie. Sou dit egter ‘n wit op swart rusie gewees het dan was al daardie genoemde rade en organisasies in hulle massas vanoggend by die hof. Selfs die Tv spanne want dit sou sensasie wees.

Waar was julle? ·

Ja hoor, dit is die mentaliteit van die ANC jeugliga se lede. Nogals die Voorsitter van die middestad-tak gewees toe dit plaasgevind het. As jy jou eie vrou met ‘n sambok en besemstok doodslaan, wat se verdraagsaamheid het jy teenoor ander etniese groepe? As jy niks vir jou eie mense voel nie, wat voel jy vir ander kulture se mense? Het die ANC hierdie insident veroordeel? Het hulle almal saamgedrom by die hof? Het die EFF en DA hulle stem laat hoor? Die MRK en al die sogenaamde VROUELIGA? WAAR WAS JULLE???

Simon ·

Aan “Waar was julle? “,

Van al die.kommentare wat Maroela Media gereeld plaas word hier die MEES relevante vra gevra.
Dankie vir jou inskrywing.

jaco ·

die ANC vroueliga moes eintlik nie by Oscar se verhoor gedans het nie. hy het immers n wit vrou doodgemaak. so dis een wit vrou minder, of soos in ANC taal gestel: een minder wit rassistiese kapitalistiese uitbuiter minder. as die ANC vroueliga die regte prioriteite gehad het, sou hulle juis eerder by hierdie mnr Wisani se verhoor moes gedans het. Maar nouja, in hindsight het Oscar seker wel so n ligte vonnis gekry omdat sy slagoffer tog mos maar net wit was. In SA is wit lewens mos tog minder werd as ander rasse s’n.

Asjas ·

Hoe lees die DA se Twiet? Wag 3 ouens vir die “man” (en ek gebruik die term man baie ligtelik), ook om ‘n hoekie met groot klippe? Gaan hulle hom stenig of kry hy ook sambok?

Love ·

OOOO Nee Asjas jy is heelte maal verkeerd dit tel nie vir hulle nie………. Hulle mag moes vermoor en mal gaan maar laat ons iets doen soort gelyk dan is dit Haat spraak en rassisties……… Die D.A het my stem vir 2019 verloor

Cherokee ·

Jy sal weer en weer DA stem. Julle liberaliste verander nie.

Simon ·

Love,
Dit gaan my verstand te bowe en my kop is te klein om te omvat en te begryp.
Hoe bring jy jou opmerking dat die DA jou stem in 2019 verloor in verband met die MOORD gepleeg deur n eertydse VOORSITTER van die ANC JEUGLIGA?
Ek verstaan dit gladnie.

Theresa ·

Leier? Sy optrede spreek boekdele van die teenoorgestelde. Geen gesofistikeerdheid nie = geen leier van formaat nie. Bly dis ‘n ex. Maar, dink hy gaan heerlik werk(f) in die tronk, indien sy voorland is. Dalk moet hy panne in ‘n hospitaal gaan skoonmaak vir 10 jaar sonder naweke af.

Johan ·

Nou het Malema niks hieroor te se nie. Seker omdat dit nie n wit man was wat haar doodgeslaan het nie. Hulle moor mekaar elke dag self uit maar sodra n wit mens betrokke is dan het hulle baie te se. Hulle moor die witmense en niemand wil daaroor praat nie. Dit noem ek apartheid hoor.

Lance ·

Nie eers respek vir die lewe vir wie hy lief is nie ….laat mens baie dink ne ….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.