Oud ANC-LP nou aangekla van belasting-ontduiking

Die voormalige ANC-LP Vincent Smith. (Argieffoto: Henk Kruger/ANA)

Die saak teen die voormalige ANC-LP Vincent Smith is tot 21 Januarie 2022 uitgestel. Die verdediging het meer inligting van die staat versoek ná die finale klagstaat Dinsdag aan hulle oorhandig is.

Die aanklagte sluit nou belastingbedrog, geldwassery, korrupsie en oortreding van die Wet op die Finansiële Intelligensiesentrum. Die aanklagte oor belastingbedrog hou verband met Smith en Euroblitz se versuim om belasbare inkomste tussen 9 Maart 2009 en 11 Julie 2018, ter waarde van R28 miljoen te verklaar, sê Sindisiwe Seboka, woordvoerder van die ondersoekdirektoraat van die Nasionale Vervolgingsgesag.

Smith word in sy persoonlike kapasiteit aangekla en in sy verteenwoordigende kapasiteit vir sy maatskappy Euroblitz. “Hy word aangekla van korrupsie vir vergoeding wat hy van Bosasa ontvang het in die vorm van sekuriteitsopgraderings aan sy huis in Gauteng. Hy staan ook tereg op aanklag dat hy vergoeding van Waterfall Golf Estate (Edms) Bpk en Clidet 69 (Edms) Bpk ontvang het.”

Smith word ook daarvan beskuldig dat hy kontant van Bosasa en ander onbekende persone aanvaar het wat in sy persoonlike bankrekening en sy maatskappy se rekening inbetaal is.

“Hy staan ook tereg op aanklagte van bedrog omdat hy versuim het om inligting oor die vergoeding te verklaar aan die parlementêre register vir ledebelange.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Shakespeare ·

Die ANC bly maar ‘n tsunami van korrupsie en onbevoegdheid.

Yvonne ·

En die ander wat almal verdink word……vertragings taktiek werk vir hulle. Die kaders beskerm mekaar…..???

Nico ·

Van uitstel kom afstel dit is hoe die howe die ANC kaders beskerm.

Dirk Mostert ·

Belasting op sy salaris as LP is seker deurlopend afgetrek. Die onverklaarde 28 miljoen moet dan buiten sy salaris wees. ‘n Leefstyloudit sou dit lankal opgetel het.

Heinrich ·

‘n ANC lid met lang vingers…so wat’s nuus? Wat het hy terug betaal?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.