Oud-ANC-raadslid in Kaapstad geskiet

Andile Lili buite die Wes-Kaapse wetgewer in Augustus 2013 Foto: Aletta Gardner/EWN

Andile Lili buite die Wes-Kaapse wetgewer in Augustus 2013 Foto: Aletta Gardner/EWN

Die polisie in die Wes-Kaap ondersoek ʼn saak van poging tot moord nadat ʼn voormalige ANC-raadslid, Andile Lili, Woensdagaand in Kaapstad geskiet is.

Lili (39) en ses ander persone is in Julie in die Kaapstadse landdroshof vrygespreek op aanklag dat hulle uitskot vervoer en beplan het om dit op die trappe voor die Wes-Kaapse wetgewer te stort.

Volgens die polisie het Lili, leier van die Ses’khona People’s Rights Movement Woensdagaand om 22:10 buite sy huis in Themba Mazibukoweg in sy motor gesit toe hy geskiet is. “Die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord,” het kapt. Frederick van Wyk, woordvoerder van die polisie, gesê.

Lili is na ʼn hospitaal geneem. Die polisie kon nie Donderdag verdere besonderhede oor sy toestand verskaf nie. Volgens die SAUK is Lili in ʼn kritieke, maar stabiele toestand. Hy is glo ʼn paar keer geskiet.

Van Wyk sê die motief vir die skietery is nog nie bekend nie en niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

adrian ·

Mooi so hy verdien dit. Le seker lekker in n privaathospitaal, is mos n belangrike anc kader

Ai tog ·

@ Adrian hy is ‘n oud-ANC-raadslid ek glo darem nie hy kan nog steeds op die gravey train ry nie. Moet jou ook nie verlekker daarin dat die man geskiet is omdat hy ANC is nie ons ken nie die feite nie

HEVW ·

Is nou meer male dat anc lede of gewese anc lede geskiet is. As dit so aangaan kan ons later verwag dat die doodstraf weer terug kom.

HEVW ·

Maroela Media wat is fout met my kommentaar?
Dit is nou meermale dat anc lede of gewese anc lede geskiet is. As dit so aangaan kan die doodstraf later heroorweeg word.

moegoe ·

Vir die bollie storting moes hy straf gekry het- al moes hy net verskoning vir Zille gevra het. Die skietery veroordeel ek of is dit nou weerwraak vanaf DA kant af, en as dit is dan is die DA gesiglose papbroekige LAFAARDS! Die oplossing is dat Zille se bruin algemene wekers die bollie skoon gemaak het want die WHITES sit nooit hulle hande aan SWART UITSTOOT nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.