Oud-Bafana-speler, nege ander vas oor ‘kaping’

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Voormalige Bafana Bafana-sokkerspeler is saam met nege ander verdagtes in Germiston aan die Oosrand in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn vragmotor wat sigarette vervoer, probeer kaap het.

Kay Makhubela, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie het Woensdag ʼn wenk ontvang oor die beplande kaping en ʼn beskrywing van die voertuig wat gebruik sou word. Twee van die verdagtes was glo in Ekurhuleni-metropolisieuniforms geklee, hoewel hulle nie metrobeamptes is nie.

Makhubela het gesê ʼn saak van sameswering tot kaping is aanhangig gemaak. “Die twee verdagtes wat in uniform was, sal ook op ander aanklagte tereg staan omdat hulle hulself as polisiebeamptes voorgedoen het. Hulle sal na verwagting binnekort in die Germiston-landdroshof verskyn.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Peet Schabort ·

Gun hom sy sigaretjie langs die sokkerveld. Die sigaretadvertensie het gelui “After action, satisfaction”.
En hier word hulle gevang vóór die ‘action’.
Dis nou ‘spoil sports’. Gee die metro ‘n Bells en die kapers ‘n rooikaart (of andersom?)

Daleen ·

Die beamptes met uitsondering van n paar hetsy in SAPS OF METRO is aal korrup. Die algemene publiek is nie almal stupid nie. Die Oosrand in geheel het n nes geword vir kriminele. Dwelms. Moorde. Skrootwerwe. Die steppingstones vir skelm want gee wet en orde word gehandhaaf nie

Drieks ·

ANC het hul vrypas gegee. Zuma het ons almal vrypas gegee. Doen net wat jy wil. Dis menseregte van ’94 af.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.