Oud-boekhouer vas oor R2,1 miljoen se bedrog

Argieffoto (Foto: Maroela Media)

Gladys Pear Bezuidenhout (53) het die afgelope week in die handelsmisdaadhof in Pretoria verskyn op aanklag van bedrog en diefstal.

Kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het gesê Bezuidenhout is Donderdag in hegtenis geneem toe sy haarself oorgegee het, vergesel deur haar regsverteenwoordiger.

“Bezuidenhout word daarvan beskuldig dat sy tussen 2015 en 2017, toe sy ʼn boekhouer was by ʼn maatskappy in Gezina, Van Opstal Masjiene, ongeveer R2,1 miljoen sonder goedkeuring uit haar voormalige werkgewer se sakerekening na haar eie rekening oorbetaal het.”

Bezuidenhout het dieselfde dag in die hof verskyn en is vrygelaat op borgtog van R10 000. Die saak is tot 22 Julie uitgestel.

“Ons kliënt is van voorneme om onskuldig te pleit in die aangeleentheid teen haar en die publiek word daaraan herinner dat sy onskuldig is tot en met so tyd wat die hof haar skuldig bevind,” het Gert Agenbag van AH Stander Prokureurs, die beskuldigde se regsverteenwoordiger, gesê.

“Ten sterkte glo ons dat geregtigheid sal geskied en dat ons kliënt ‘n regverdige en billike verhoor sal ondergaan soos per haar grondwetlike reg.”

  • Die berig is gewysig sedert dit aanvanklik gepubliseer is. – RED

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Persheks Adri ·

Gggmmmfff R10 000 borg? Hierdie kon mos nou ‘n maklike saak gewees het… Sy’t klaar erken dat die geld oorgeplaas is. Nee hel ek verstaan nie die regstelsels nie

Anel ·

Dis is reg. Bedrog is bedrog. Ek wil nou te grasg weet wanneer die regering hulle beurt kry? Die land is op sy knieë maar rampie hou vakansie oorsee saam met pandora, die toerisme een hou kookkompetisies en zumpie loop nog vry rond, om nie van die spul te praat wat op onbepaalde, betaalde verlof is nie!!!

Persheks Adri ·

Vra dit Anel! Ek self hoop dis binnekort en dat hulle gaan sit en ontbind word!

Anoniem ·

Duidelik het die onderneming se ouditeure dit nie met hulle oudits opgetel nie. Deeglike ouditeure doen steekproewe van betalings wat met fakture moet korrespondeer.

Stofdonkie ·

Steekproewe. Die woord self gee jou die antwoord. Ouditeure doen net steekproewe en oudit nie elke transaksie nie. Dus is daar steeds ‘n redelike kans vir transaksies om deur te glip wat die ouditeure nie sal optel nie. Manie is seker ‘n loodgieter wat nou wil uitspraak lewer oor ouditeure se werk.

Tanniepetoors ·

Dit neem nogal tyd om vandat jy as eienaar begin vermoed daar is fout, die korrekte en wettige prosedure te volg om sulke kriminele optrede te stop en voldoende bewyse te kry. Dis nie sommer net ‘n geval van beskuldigings rondslinger nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.