Oud-Bok se dogter sterf

Rene O’Ehley. Foto: Facebook

Die voormalige Springbokrugbyspeler, Gysie Pienaar, se dogter is Vrydagmiddag oorlede.

Rene O’Ehley (39) is in ʼn motorongeluk op die N2 tussen Botrivier en Caledon in die Wes-Kaap oorlede nadat die motor waarin sy was met ʼn vragmotor gebots het.

Kenny Africa, provinsiale verkeershoof, het gesê vier voertuie was in die botsing betrokke. O’Ehley het na bewering reg van voor met haar VW Polo teen ʼn vragmotor gebots. Nog ʼn vragmotor en ʼn bakkie was ook in die botsing betrokke.

O’Ehley was tot einde verlede jaar ʼn gr. R-onderwyseres aan die Laerskool Bredasdorp waar sy en haar man, Edmund, en hul twee kinders woon.

Willie Brooks, ʼn oudkollega van O’Ehley, het gesê sy het die skool steeds met sportaktiwiteite bygestaan.

Rene en haar man Edmund. Foto: Facebook

“Sy was ʼn uitstekende mens en baie goeie leier by wie ek oneindig baie geleer het. Sy het soveel vir die skool en haar medemens beteken”.

Maroela Media verneem Pienaar en sy vrou, Rida, is onderweg Kaapstad toe terwyl O’Ehley se broer, die bekende rugbyspeler Ruan Pienaar, van oorsee af op pad Suid-Afrika toe is.

Gysie Pienaar is ’n voormalige Springbok- en Vrystaat-heelagter en sy seun, Ruan, is ook ʼn oud-Springbok wat deesdae vir die Franse klubspan Montpellier speel.

Boodskappe van medelye stroom intussen in op sosiale media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Hercules ·

??geen menslike simpatiseer kan ‘n traan keer, geen mense twee hande uitreik kan jou leer hoe om te beweeg van lewe na dood en nie verstaan why, hoekom, waarom? ~ slegs Vader kan julle troos en met geroeste-spyker-deurboorde-hande-voete sal Jesus julle dra ~ Heilige Gees vou julle toe in ‘n vredes kokon van sagte liefde en vee die trane van rou, baie sterkte??

jannie ·

Dis verskriklik hartseer…..sterkte aan die familie in die moeilike tyd…..God sal sorg.

Gemaskerde Sopbeen ·

As mens na die pics kyk sien jy NET DUBBEL SOLIEDE WIT LYNE!!!!…sover as wat jou oog kan sien. As hierdie ‘n kop-aan-kop ongeluk was, dan was een van hierdie voertuie in ‘n verkeerde baan…………waar daar ‘n dubbele wit lyn is!! As die bestuurder van die voertuig nog lewe………behoort hy aangekla te word van moord!!!

Nicci ·

Trok het trok verby gesteek op dubbel sperstreep en kop aan kop teen Rene vas :-(

Kiepie ·

Ooggetuies sê dit het gelyk of René beheer oor haar motor verloor en voor die vragmotor ingery het. Na die impak het die momentum die voertuie weer in “haar” baan gevat waar hulle opgeëindig het. Niks anders as ‘n tragiese ongeluk dus nie. Rus sag liewe René, en dankie vir al die sonskyn wat jy gebring het.

Marlie ·

Innige simpatie met die naasbestaandes, mag hulle vrede en berusting vind. Nie een van die trokke het verkeerd gery nie. Ooggetuies wat amper ook raak gery is deur die trok wat gerol het, en daardeur hul lewe gespaar het, bevestig dat die motoris die ongeluk veroorsaak het.

Andrea ·

So jammer vir die familie en vriende wat agterbly. Baie tragies!

Nicci ·

Trok het trok verby gesteek op dubbel sperstreep en kop aan kop teen Rene vas :-(

Amanda ·

Ai mense. N vrou het haar lewe verloor. Albei trokke het probeer om ongeluk te vermy. Sy moes blykbaar bewussyn verloor het haar voertuig het oorbeweeg oor Lyn in pad van trok. Bestuurder het probeer om haar te vermy maar Toyota bakkie was in hul betrokke baan. Hulle voertuig was ook getref maar dit was te laat haar voertuig reeds voor trok in. Sandtrok het ook probeer om alles te vermy en is deur barriers langs pad. So Hou op aantuigings maak. Dit was n nare ongeluk. Medelye aan haar familie en gesin.

Marlie ·

Jy maak aannames wat foutief is. Was jy daar toe dit gebeur het?

marco polo ·

Baie tragies. Innige meegevoel en sterkte aan die familie.

Dries ·

Ek wil nou nie iemand kritiseer nie, maar wragtig hierdie vragmotors maak die lewe hel vir ons motoriste. En die groot probleem daar is geen beheer. My ook amper dood gery, probeer raporteer dan gebeur daar niks.

Hannelie ·

Dankie Petra niemand het die reg om te veralgemeen nie. My broer het ‘n trok bestuur oppad PE toe. Dronk bestuurder van motor het oor stopstraat in lorrie gery. My broer en sy een drywer het gesterf asook die voertuig en sy 4 insittendes. Dis nie ALTYD die trokdrywer se skuld. Maar ek stem daar is van hulle wat baie onverskillig ry. Baie sterkte aan haar gesin en ouers

Pieter ·

Ek sal op ‘n dag my trok se dash cam se videos beskikbaar stel……julle hare sal almal regop staan. Dink die tyd is ryp dat geen trok aftrek in die noodbaan nie. Baie sterkte aan almal betrokke.

Petra ·

Dankie Pieter. Groot klomp Motoriste dink hulle is reg, dis NIE ALTYD DIE TROKKE NIE!!!!!!!,

Wiehan ·

As daai trok op die sperstreep verby gegaan het, is dit MOORD!!. Wanneer gaan die moord en doodslag op ons paaie stop. Dis waar K53 ons bring.
Sterkte aan die Pienaar en O’Ehley families. Julle is in onds gebede.

Verward ·

Hierdie kon nie die trokke se skuld gewees het nie, hul koppe wys in verskillende rigting, en ek glo nie ‘n trok sou ‘n motor van agter af teen ‘n bult verby gaan nie?? Motoriste is soms net TE ongeduldig!Ek is by daai toneel verby, aaklig.

Marlie ·

Kry eers die feite!! Dit was nie die topbestuurders se skuld nie.

Max ·

WEEREENS ñ dodelike besluit van ñ………. Wat NIE aan veiligheid dink nie. Nie eers aan sy eie nie. Dis MOORD.

Arminius ·

As student by UFS, het ek haar ontmoet waar ons koshuis vrywilligers haar pa – Gysie Pienaar uitgehelp het by sy motorhawe tydens n staking van die personeel….
Sterkte aan die familie, rus in vrede Rene?

Minca ·

Verskriklik hartseer om vanoggend wakker te word met hierdie nuus. Ons was saam op skool en sy was ‘n sonstraal in baie se lewe gewees. My hart gaan uit na haar man en kinders, sowel as haar ouers en familie

Petra ·

Dankie Pieter. Groot klomp Motoriste dink hulle is reg, dis NIE ALTYD DIE TROKKE NIE!!!!!!!,

Marinda ·

Ons innige meegevoel aan die familie en vriende. Dis tragies. Sterkte.

Maggies ·

Gysie Pienaar en gesin, my gebede is met julle in hierdie hartseer tyd.

Daan ·

Ons innige simpatie en meegevoel aan die berokke families met die afsterwe van Gysie Pienaar se dogter. Ons dink en bid vir julle in hierdie tyd van beproewing. Mag Die Gees van God Drie Enig vir julle vertroosting bring in julle harte en siele. Wees sterk in Die Here. Amen halleluja prys Die Here !!

VanAfrika ·

Dit het nou nie iets met hierdie artikel te doen nie maar hier is bietjie goeie raad. Ek werk in Logistiek. Ons drywers kla gereëld dat motoriste voor hulle insny as hulle trokke verby steek. Laat ek net vir julle motoriste sê, n wa wat aan n perd vasgehak is bevat tonne gewig wat gestop moet word as jy voor daardie trok insny. n Trok bestuurder het ten minste 10 kar lengtes indien nie langer nie, nodig om skielik te stop en te verhoed om bo oor jou te ry as jy voor hom insny. Ons moet ophou om met die mentaliteit rond te ry dat ons vinniger as n trok is en beter as n trok bestuurder kan bestuur. Hierdie bestuurders van ons gaan instense opleiding deur om daardie trok te bestuur, so asseblief respekteer ook trok drywers wat vir jou respek het en behandel hulle met minsaamheid. Groet hulle ook sommer so nou dan en jy sal sien wat se positiewe reaksie jy uit hulle uit kry. Onthou, trok bestuur is n stresvolle werk, nie net moet die trok bestuur word nie, maar n trok bestuurder moet hom oor jou bekommer want meeste van die tyd kan hulle jou nie agter hulle sien nie en dan ewe skielik verskyn jy voor sy trok. Hulle het n vreeslike swaar vrag om hulle oor te bekommer en dan moet hulle ook nog versigtig wees vir kaper en betogers. Dink bietjie aan hulle ook.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.