Oud-bok van poging tot moord aangekla

Johannes Bitterhout en Alvina Abrahams. Foto: Verskaf

Johannes Bitterhout en Alvina Abrahams. Foto: Verskaf

ʼn Aanklag van poging tot moord is teen ʼn voormalige Springbok-rugbyspeler aanhangig gemaak, nadat hy na bewering ʼn man op sy plaas met ʼn vierwielmotorfiets raakgery het.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig ʼn aanklag van poging tot moord word ondersoek. Hy het gesê niemand is nog in hegtenis geneem nie en daarom kan die man se naam nie bekendgemaak word nie.

Alvina Abrahams, adjunk-president van Icosa, het aan Maroela Media gesê sy was op die voormalige sportman se wynplaas naby Wellington kort nadat die voorval plaasgevind het.

Volgens Abrahams het Johannes Bitterhout (40) voorheen op die man se plaas gewerk, maar hy is drie jaar gelede afgedank. Bitterhout het egter steeds op die man se plaas gewoon saam met ander werkers en voormalige werkers.

“Johannes het Saterdag omstreeks 14:20 buite sy huis gestaan toe [die man] op sy vierwielmotorfiets verby gery het. Die volgende oomblik het hy op Johannes afgepeil en geskree, ‘Ek soek julle van my plaas af!’.” Abrahams sê die man het Bitterhout raakgery en daarna agteruit gery en probeer om weer oor hom te ry. Bitterhout kon egter betyds uit die pad rol.

Polisievoertuie voor die wynlandgoed. Foto: Verskaf

Polisievoertuie voor die wynlandgoed. Foto: Verskaf

Die polisie is ontbied en hulle het gereël dat ʼn ambulans Bitterhout kom haal, het Abrahams gesê. “Toe los die polisie die saak net daar! Hulle het nie eens ʼn dossier oopgemaak nie. Ek moes later na die polisiestasie toe gaan en eis dat hulle ʼn saak oopmaak,” het sy gesê. “Die polisie het daarna eers ʼn verklaring by Johannes in die hospitaal gaan afneem en toe teruggekom en vir ons gesê ʼn saak van poging tot moord word ondersoek.”

Volgens Abrahams is Bitterhout Sondag ontslaan, maar hy ervaar steeds erge pyn en sukkel om te loop. “Hy het ʼn armbesering en inwendige borsbeserings opgedoen,” het sy gesê. “Ek wil net hê geregtigheid moet geskied. Geregtigheid is nooit daar vir die arm man nie, maar altyd daar vir die ryk man. Dit is nie aanvaarbaar nie,” het sy gesê. “Ek het niks teen [die man] persoonlik nie, maar dit is nie reg dat plaaswerkers so behandel word nie. Ons eis dat hierdie saak deeglik ondersoek en verder gevat word.”

ʼn Werknemer by die wynlandgoed het aan Maroela Media gesê die man is nie beskikbaar vir kommentaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Flippie ·

Daag daar soveel polisie voeruie op by ‘n plaasmoord? Ek was geroof en niks het opgedaag nie. Wat gaan aan in SA?

Flippie ·

Aan ander Flippie. Daar is ‘n witman aan te kla. Al wat leed en beef in die SAPD wil net die wit ou sien wat dit waag om ‘n ongewenste swart persoon van sy eie persoonlike eiendom te verwilder.

Dit is mos nou die wet in Suid Afrika, swartmense het blykbaar die reg om enige witman se eiendom te betree. Jy as witman mag niks doen om hom te verwilder nie. As daar enige provokasie ontstaan word daar valse beskuldigings word dan teen die witte gemaak. DIT IS STANDAARD PROSEDURE. IN HIERDIE LAND VAN ONS.

EN ONSE POLISIE LOVE DIT.

Charly Nel ·

Ek dink die polisie moes kom om die werkers te kalmeer. Volgens plasings wat ek gister op FB gesien het, was hulle woedend omdat hy die man twee maal probeer doodry het en daar is op FB gevra mense moet asb gaan help en die plaas moet afgebrand word. Terloops, ‘n mens “verwilder” nie iemand van jou grond af deur hom met ‘n voertuig om te ry nie – poging tot moord, nè.

glen ·

Dit gaan nog n Flippie Engelbrecht sage afgee soos 2013 op Ashton toe Carina Papenfus en ander Lede daar loop inmeng het vir hulle eie Politieke gewin .N onskuldige goeie man Johhny Burger kon nie publisiteit en verleentheid vat nie en homself daarna om die lewe gebring .Niemand het omgedraai en jammer gese nie nadat Nuwe getuienis aangehoor is! Hierdie gaan dieselfde pad loop julle sal sien hoe die Lede (leiers) dit nou uit verband uit gaan ruk !! Maak seker van alle gebeure voordat julle dit publiseer.

Luna ·

Jy is nie regte kleur nie…
Dus geen aandag word geskenk nie.

Andrè Du Plessis ·

En nou sien ou bitterbek payday en ja Flippie dit is betreuerenswaardig. As dit anders om was sou niks gebeur het nie

Nic Grobler ·

“Die man”? Kan die berig nie maar gewag het nie? Wat is nuuswaardig hierin?

DMC de Koker ·

Ek plaas nie die naam nie, maar op ander sosialemedia is daar ‘n naam (van die boer) publiseer? Nie weereens ‘n geval van opstokery nie?

Boetman ·

“… maar dis nie reg dat plaaswerkers so behandel word nie …. ”
Dis tog duidelik gese die man is jare terug afgedank en nie meer ‘n plaaswerker nie ! Wat soek hy daar?

Elize ·

Nou wat het die man nog op die plaas gesoek as hy afgedank is.Dit is mos om enige boer die duiwel in te maak..Maar hulle is mos kroonwild.Mag doen wat hulle wil.As ek by n werk afgedank word,mag ek sekerlik nie my voete weer daar sit nie.Maar hulle het mos meer regte op n boer se plaas as hyself.SKANDE.

Fransie ·

En hy is nie n plaaswerker soos sy se nie- hy is al 3 jaar gelede afgedank, so wat soek hy nog daar? En ek stem saam met Paul – wanneer is die foto geneem?

Liewe heksie ·

Ag siestog het hulle nou die beskrywing gechance nou nie meer n loongeskil nie shame arme plaaswerker wat nie meer n plaaswerker was nie wat soek hy nog daar @@@

Johann ·

Die hele polisiemag daag toe op om wat te ondersoek? Wat soek voormalige werknemers nog op die boer se plaas? Mag die boer nie op sy eie plaas rondry sonder dat mense voor hom inloop nie? Baie mooi foto van die “slagoffer”! Die boer het ook gewerk om ryk te word, dit gebeur nie vanself nie. As jy wil rondsit, gaan jy arm bly. Moenie nou die boer se rykdom probeer steel nie – werk self vir jou inkomste.

Elize M ·

Vra en sê ek dieselfde.. Dit gaan nie meer oor reg en geregtigheid maar oor ras!

Tammy ·

Hy is gladnie n plaaswerker nie. Hy werk nie meer daar nie. Was seker daar om te kuier en uit te vind wat daar aangaan. My opinie is hy is n oortreder, want hy was uit diens ontslaan en hoort nie daar nie.

attie merrick ·

Hier is ‘n scenario soos ek dit sien.
Ek werk as “enigiets” by ‘n werkgewer wat my huisvesting,gratis of teen vergoeding,en ‘n maatskappymotor,vir werkdoeleindes of privaatgebruik ook verskaf.
Nou word ek afgedank.Mag ek nou al die byvoordele behou?Ek glo nie,dis net vir kamma plaaswerkers wat aanspraak maak op alles.Die heel eerste ding wat ek moet inhandig is die motorsleutels,dan ‘n maand om te trek uit die maatskappyhuis.Daar is nie eers enige alternatiewe nie.

Wel ·

Die foto is geneem die volgende dag. Alvina het self gese dat die persoon ontslaan is uit hospitaal sonder enige Xstrale. Hy is slegs pynpille gegee by hospitaal. Hy het slegs paar skraap wonde gehad. So ek weet nie hoe hulle weet van inwendige beserings nie. Die foto met polisie voertuie is geneem die volgende dag op die plaas. Daar was klompie mense wat getoi toi het.

jan ·

julle is almal in die kol!wou vinnig geld maak. wat n pateet. moet teruggaan bergie plaas toe. wat soek hy daar. weer bakhand staan want kan nie n dag se werk lewer nie.

Marli ·

Wat soek hy elkgeval nog op die plaas en by sy huis sonder dat die eienaar daar is as hy elkgeval afgedank is…
Hy is nie vero derstel om enigsins meer daar te woon nie.. Ek sal ook so iets doen as ek skielik ‘n vreemde op my plaas sien in die verby ry en ek het slegs ‘n quad by my.. Jou eerste instink is mos beskerm myself. En in Suid-Afrika nog erger, wat nog te se van op ‘n plaas in SA…

Gawie Botha ·

Betreders,gin plaaswerker,plakkers wat die simpatie van die Staat geniet,,en dit is nou rerig ONREGVERDIG NIEMAND STEL BELANG OM DIT TE ONDERSOEK,HULLE BESET WONINGS WAAR ANDER PRODUKTIEWE WERKERS IN KAN GEHUISVES WORD,,,,,,HULLE IS DIE PERSONE WAT WERKLOOSHEID VEROORSAAK,STAAN IN DIE PAD VAN ANDER WERKERS!

Henry ·

Dit is nuuswaardig omdat niemand met ‘n mouterbaaik bo-oor antie Abrahams gery het nie.
Wat wil jy nog weet?

Annelize ·

Oo al die bohaai … Al weer rasisme
… Wat soek jy op sy plaas. Jy werk nie daar nie… En ek weet en jy weet en God weet dat dit net jou weergawe is en dis nie n 10de van di waarheid nie.. Ons moet mos vir jul sorg en nou is dit ons skuld ook dat jy arm is…. Jy is nie n arbeider nie jy is ontslaan so wat maak dit jou n plakker. … En 95% is julle die groot rede vir misdaad en inbrake om van plaas moorde ni te praat nie…Maar ons moet nice bly….. Ek wed jy is n ou kwaatdoener en moeilikheid maker dis hoekom hy jou wou raakry….. Ek sal hom raad gee om die bike ni weer te vat nie…. Dis lelik … Die 4×4 sal beter werk

Jaco ·

Almal, lees weer mooi aub. Die berig sê nadat Bitterhout drie jaar terug afgedank is het hy steeds daar gewoon.

Veritas ·

Die storie laat ‘n bitter smaak in die mond. As dit Schalk Burger was, kan die afgedankte werker sy seëninge tel dat hy net omgery was. ‘N vuishou sou bitter baie seerder gemaak het.

Ronel ·

Wat maak die hele Polisiemag daar? Om een saak te ondersoek! Siestog. Ons land is in sy maai! Wat soek die plakker daar?

Bruno Stef ·

Dit herinner my mos aan n vorige geval dat die boer en sy werknemer aangekla is nadat hy kwansuis aangerand is en die geskorsde prokureur van n molshoop n berg probeer maak het.Die eise wat gestel is van lewenslange versorging en miljoene rande se skikking wat ook vergesel was deur groot fotos van die sogenoemde slagoffer wat beteuterd voorgekom het nadat sy hande in n vuur deur sy eie toedoen afgebrand is.Die hele ou spulletjie klink vir my weer na n groot geldelike eis deur n oppertunistiese opstoker wat verwag sy om uit hierdie voorval te kry.

Louise ·

JY WEET NE, so moeg om te hoor die WITTES is rasiste.
Maar dis omdat die WITTES maar altyd net hulle monde hou oor AL die politiek en BEDAGSAAM prober wees dat dit gaan soos wat dit gaan.
Dis TYD dat alle wittes se wat aangaan en waar daar RASISTIES opgetree word teenoor hulle.
Gister by die werk was in my gesig vir my vertel JA dis julle wittes wat ge “target” word en uitgemoor word want die SKELMS weet julle het die geld en NIE ons nie.
Keel vol vir RASISME…………

Laurens ·

Maak nie saak wat die omstandighede is nie. Hoe pyl jy met ‘n voertuig op iemand af, ry hom raak en probeer weer oor hom ry. Sluit die man toe vir poging tot moord. Dit is wat almal hier sou se as dit ‘n Swarte is wat dit met ‘n Blanke gedoen het. Dubbel standaarde. Jy maak nie een verkeerd met nog ‘n verkeerd reg nie.

Melanie ·

All the police vans- the man is still standing- yet so many farm MURDERS and what has been done… I can see all the lilly white humanitarians runny to glorify this person

cariena ·

Lyk nie vir my of hy INWENDIGE bors beserings of ENIGE beserings op gedoen het nie, sien nie eers ‘n skraap nie, blykbaar nie goed raak gery nie. Die vlippen mense dink mos hulle kan net plak en ons wittes moet betaal…………

CWS ·

Ai,ai, wat n lawaai, lyk my almal weet beter as boer en afgedankte…..almal kan ook skrape en pyn ver sien en voel….n goeie lag werd..!!!

Hein ·

Maak nie saak wat die situasie is nie, watse kleur of geur jy is nie. As jy intelligent en opgevoed is en jou lewe nie bedreig word nie, ry jy nie op enige ander persoon af of booor hom met enige voertuig nie. Dis mos nie “rocket science” nie. Daar sal nagevolge wees as jy dit doen en jy moet dit dra.

Christopher ·

ek dink almal wat so kommentaar lewer oor wat hy op die man se plaas doen as hy nie meer daar werk nie,dink julle moet julle huiswerk gaan doen,voordat julle kommentaar lewer,dai man kan vir jare op dai plaas gewerk het,en na regte het hy verblyfsreg,anles die boer vir hom n alternatiewe vesting bied,

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.