Oud-Bosasa-personeel in korrupsie-saak gewikkel

Angelo Agrizzi, voormalige hoof van Bosasa, tydens ‘n vroeëre hofverskyning. (Foto: Timothy Bernard/ANA)

Die saak van korrupsie en geldwassery teen twee voormalige Bosasa-beamptes is in die Pretoria se gespesialiseerde handelsmisdaadhof tot 24 Junie 2021 uitgestel. Dit gee die staat kans om te reageer op ʼn versoek vir verdere besonderhede.

Frans Vorster, voormalige vlootbestuurder van Bosasa, en Carlos Bonafacio, voormalige rekenmeester, het vlugtig in die hof verskyn op aanklag van korrupsie. Bonafacio staan ook tereg op ʼn bykomende aanklag van geldwassery, het Sindisiwe Seboka (Twala), woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, gesê.

Die twee mans word daarvan beskuldig dat hulle ʼn bedrag van R180 000 omkoopgeld gereël het tot voordeel van die voormalige finansiële hoof van die departement van korrektiewe dienste, Patrick Gillingham.

Gillingham was deel van die departement se komitee wat kontrakte ter waarde van meer as R1 miljard aan Bosasa toegeken het.

Vorster en Bonafacio het glo saam met Angelo Agrizzi, Bosasa se voormalige bedryfshoof, saamgewerk om in April 2007 ʼn bedrag van R180 000 aan ʼn motorhandelaar in Roodepoort oor te betaal as ʼn deposito vir die aankope van ʼn Mercedes-Benz ter waarde van R550 000 – vir Gillingham.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Hennie J ·

Dit is darem snaaks hoe die twee, wat uit vrye wil na vore gekom het, nou vanuit alle oorde gepeper word met elke wet op die wetboek, dit terwyl die groot visse heerlik in die see baljaar. Dit is so sprekend van n toesmeerdery om die groot menere te beskerm. SIES !!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.