Oud-Eskom-baas se R22 m.-goue handdruk

Brian Dames

Brian Dames

Brian Dames, voormalige uitvoerende hoof van Eskom, het glo ʼn goue handdruk van meer as R22 miljoen ontvang.

Die Vryheidsfront Plus het in ʼn verklaring gesê die inligting is bekend gemaak na aanleiding van ʼn parlementêre vraag van Pieter Groenewald, die party se hoofwoordvoerder van openbare ondernemings. “Dames wat op 31 Maart 2014 bedank het, het R22,775 miljoen vergoeding in sy bedankingsjaar ontvang. Hy het ’n betaling van R5,007 miljoen net vir die beëindiging van sy dienste ontvang. Hy het ook ’n terugbetaling van R1,9 miljoen en ’n langtermyn-aansporingsbetaling van R1,928 miljoen ontvang.”

Volgens Groenewald behoort Dames die bykomstige betalings terug te gee, aangesien die gebrek aan prestasie by Eskom onder sy toesig en leiding plaasgevind het. “Weens sy swak bestuur moet belastingbetalers ekstra opdok vir die voltooiing van die Medupi- en Khuseli-kragstasies en nou nog die ongerief van beurtkrag ook verduur. Die minister moet ook verduidelik hoekom is hy [Dames] R5 miljoen betaal, bloot omdat hy bedank het.”

Groenewald het gesê die jaarlikse salaris van die uitvoerende hoof van Eskom beloop R15,367 miljoen en dat die hoof van Eskom “met so salaris ’n uitnemende bestuurder” behoort te wees. “Eskom is ’n uiters strategiese entiteit en swak bestuur daarvan het negatiewe gevolge vir die ekonomie van Suid-Afrika, soos tans beleef word. Dit word ’n siekte in Suid-Afrika dat die regering topposte, met reuse salarisse, vul met middelmatigheid en nie uitnemendheid nie, terwyl die belastingbetaler daarvoor moet opdok.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Theresa ·

Lekker man. So hardloop almal weg as dinge begin moeilik raak en dan kry hulle nog die goue handdruk ook en wie moet sukkel – ek en jy. Elkeen spin ‘n ander storie en daar is NOOIT genoeg geld vir dit en dat nie, maar wel vir goue handdrukke. Liewe hemel is hier niemand met verstand wat die regte dinge in die land kan doen nie….???????????????????

anet ·

Theresa, hy is nog een van die vetgemaakte skape van die ANC. Die gesegde “Bo Blink maar onder S***k. Lekker lewe hier in suid-Afrika ten koste van die Belastingbetalers. Ek wonder of hy Matiek geslaag het??????

Gerhard Bezuidenhout ·

Ek is verstom Wat het hy gedoen om soveel geld te verdien. Hy het ons land in die gemors gedompel,dit is al.

Drieks ·

Brain Dames, waar is jou trots. Ons kinders leer by jou om die land te sink,,,,,,vir 22 miljoen.

Paul ·

Om die totale vergoeding as ‘n “goue handdruk” te beskryf, is ietwat misleidend.

Boesman ·

Treurige ou die. Het absoluut niks vir sy nageslag gelos nie behalwe krag onderbrekings en nogmaals krag onderbrekings. Iets om op trots te wees? I think not.

Annemarie Basson ·

Skande, skande, skande…..en wie moet ons bedank ……die vrotsige regering wat net kan vat, vat, vat.

Anoniem ·

Een ding is seker hy het ons in die duisternis gelos met ‘n goue handdruk. Hoop die opvolger is meer bekaam en bring lig.

pop ·

Nous ek skoon naar van skok. Gelukkig weet ek van die blinde sambok. Brian jy moet jou geld geniet hoor. At least kan jy nou vir jou n kragopwekker so groot soos n huis loop koop en jou dak laat uitle met sonkrag. Sterkte

pop ·

Lyk my die ANC ken nie van ene, tiene en honderde nie. Net miljoene.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.