Oud-Eskom-hoof Brian Molefe op pad na parlement

Brian Molefe, voormalige uitvoerende hoof van Eskom

Brian Molefe, voormalige uitvoerende hoof van Eskom

Brian Molefe, die voormalige uitvoerende hoof van Eskom wat verlede jaar bedank het, sal binnekort as ʼn LP ingesweer word, het die wetgewer Vrydag bevestig.

“Die parlement erken die nominasie van Brian Molefe, om ʼn vakante pos te vul op die Noordwes-lys van ANC-lede in die parlement,” het Moloto Mothapo, woordvoerder van die wetgewer, gesê.

Molefe het in November bedank kort nadat die voormalige openbare beskermer, Thuli Madonsela, haar sogenaamde staatskapingsverslag bekend gestel het en kontak tussen Molefe en die Gupta-familie aan die lig gebring het. Sy het bevind dat Eskom baie moeite gedoen het om ʼn steenkoolkontrak aan Tegeta te gee, een van die Gupta-familie se maatskappye.

Sy nominasie as ʼn LP volg ná weke van spekulasie dat hy ʼn sitplek op die ANC-banke sal inneem om pres. Jacob Zuma in staat te stel om hom as ʼn kabinetminister aan te stel, moontlik in die plek van Pravin Gordhan, minister van finansies.

Gordhan lewer na verwagting volgende week sy begrotingsrede, maar sy huidige termyn word gekenmerk deur politieke spanning, insluitend ʼn poging verlede jaar om hom van bedrog te beskuldig.

Die Demokratiese Alliansie is gekant teen Molefe se toetrede tot die politiek. “Brian Molefe moet nooit ʼn lid van die parlement wees nie. Hy is ʼn ‘Zupta-maatjie’ wat eties negatief beïnvloed is met korrupsiewolke oor sy kop,” het John Steenhuisen, hoofsweep van die DA, gesê. “Dit gee geloofwaardigheid aan die idee dat Molefe sy oog het op die finansiesportefeulje, en dat ʼn kabinetskommeling om die draai is, ʼn paar dae voor Pravin Gordhan sy begrotingsrede moet lewer.”

Steenhuisen het gesê die nominasie is ʼn bewys dat die ANC nie bemoeid is daarmee om korrupsie te bestry nie. “Om die waarheid te sê, jy sal waarskynlik vinniger in die ANC hoër hoogtes bereik as jy van korrupsie beskuldig word.”

Die DA het strafregtelike aanklagte teen Molefe aanhangig gemaak ná Madonsela se verslag bekend gemaak is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

AL ·

Dis die Uitvoerende Komitee van die ANC se skuld dat Zuma en sy kronies nog in die regering is. Hul moes hom herroep het toe Derek Hanekom dit in Desember voorgestel het. Na dese is hy seker ook n has been!

Oosie ·

Die politiek is ‘n fyn uitgewerkte vuil speletjie. Misleiding op misleiding… Dalk was die agbare Minister deur die binnekring gevra om die ‘sondebok’ te wees net om Jan Alleman te mislei, wel wetend dat daar niks van sal kom nie…

Manie ·

Wonder of die skurk ook n traantjie gaan stort as hy in sy nuwe pos aangestel word soos toe hy uitgevang is by Eskom

andrea van vuren ·

Ek huil in my hart. Molefe is deel van Zuma se analfabetiese kring van sy spotters! En wié gaan betaal wanneer Gordan kru uit sy pos geskop gaan word? Ons armsalige belastingbetalers!

Johann ·

Die blatantheid van die ANC en Zuma om sy Zumaikie Koningkryk met n middelvinger arrogansie uit te brei is skokkend! GEEN keer aan Zuma se selfsangestelde magsbeheptheid en geld grype nie! Hyt homself gepantser om te vat wat hy wil…uit te deel wat hy wil…en weg te kom daarmee!

Johannes van Rooyen ·

Hy kon nog nooit in sy lewe iets suksesvol doen nie hkm sal hy nou lê mos teveel ini biersale

sjebienkie ·

het jy mk en hulle skrikbewind vergeet? raai wie was daar die heerser.
molefe het darem bewys van sy vaardighede gelewer. ha ha ha.

christine ·

Wil Zuma nou die tesourier leeg steel. Keer mense hier kom n ding

Pop ·

My keel trek tke. Hier gaan ons pensioen al weer n duik vat. Laaste keer wat hy parlement kamltig geskommel het toe verloor mense binne 4 dae baie geld. Ons sal moet vat wat ons nog kan red en gatskoonmaak uit hierdie land. Ek gaan kry eerder swaar in vreemde as wat hierdie kraaie ons geld ook vat.

sjebienkie ·

daar is wetgewing oor pensioengeld pop? so raai wat? al gaan jy oorland, bly jou pensioengeldjie net hier.

Selfbeskikking ·

Ons moet ophou toekyk hoe hulle die rasionele mense die finger wys en begin onderhandel vir selfbeskikking. Ons kan nie so aangaan nie

Johann ·

Sodra die mense in hogere poste beland, dan neem die moreel oor.

Ouvrou ·

Zuma kry se mense in n ry in parlement. Hy gaan nie nou of oor n jaar of oor 10 uit tree nie. Hy is n volgende Mugabe. En enigeen wat dìt nie glo nie is naief

Kobus ·

Ouvrou….dit se ek ook….hy gaan nie ry…daarvoor sal sy weermag sorg…met die Parlementsopening het ons n voorsmakie gekry….so gaan hy nog die regbank inpalm ens ens…al wat hier te redde is…is dat ALMAL let wel ALMAL in hierdie land wat moeg is vir korrupsie saamstaan en n AFRIKA LENTE tot gevolg het…kan net nie sukses waarborg…

M'Lady ·

Ek lees in die “Huffington Post” hy gaan die volgende Minister van Finansies wees. Ons is gedoem. Die markte val en ons beleggings vat ook n “dip”.

Piket ·

Versigtig.
Om hier so opruiend te raak dien regtig geen doel nie.

James ·

Kyk – jy moet soms bietjie terugstaan en dink. Die ANC het klaar die staatsinstellings gebreek waar hulle geld kan verkwis, maar die staatsinstelling in stand gehou waar die diefstal plaasvind om die verkwisting mee te befonds. Sal dit nie wonderlik wees as SARS ook gebreek word nie? Dan draai hulle sommerself die kraantjie toe waardeur die witmens sy eie ondergang maandeliks finansier met sy pligsgetroue belasting? Bring vir Brian so gou moontlik, maak hom minister van finansies, en los hom om dit te breek. Sal WONDERLIK wees.

Justice ·

Zuma het met hierdie selferkende Saxonworld shebeen aanstelling bewys dat hy nog steeds `n Gupta pion is. Hy bestuur saam met die ANC hierdie land in `n afgrond van ongekende dieptes in. Die val van die rand en aandelebeurs wanneer Min. Gordan ontslaan gaan word is `n gegewe feit. Hierdie gaan nog die jaar van rekord brandstof en voedsel prys verhogings wees.

nieBAFUnie ·

Ontmoet piesangrepubliek se nuwe mister van Finansies. Dit is numba One , wat terloops belowe het dat korrupsie, nepotisme,kaderaanstellings,tenderbedrog(alles diefstal gedrewe) ens. uitgeroei gaan word se volgende stap tot selfverryking sonder teëspraak. En daar is niks wat aan hierdie oormagverswelging gaan keer nie. He,he, he,he.

henk ·

en so word dit weereens bewys, elke keer as jy as anc kader vir skelmstreke uitgevang word, word jy ontslaan daar waar jy uitgevang is en beloon met ‘n pos hoer op tot jy in die parlement sit. Die kriminele organisasies wat in Suid Amerika heers, is besig om soos lammertjies teen die ANC in SA te vertoon!

Piet Pille ·

Brian moes eers bewys het by Evkom dat hy ‘n pos in die ANC regering verdien. Evkom was sy “vakleerling” toets, wat hy met luide gejuig (asook ‘n traantjie) geslaag het.

w ·

Wie glo vir Zuma as hy se korrupsie moet uitgeroei word. Nog n korrupte pel van hom oppad na die parlement. Nogal die huilende nar

Pensioenaris ·

Volgende wat LP word is seker die rooi-oog-skelm van SABC? Nog een van nr 1 se pelle. En so volg hulle een vir een. Net die Liewe Vader kan ons van hierdie vrtval red.

John ·

Dis meer as interessant om ann7 dop te hou. Die breinwerking van die regering is daar ‘n ope boek… ietwat erger as slapband-pornografie. Ou koeie verrys uit die slote soos tydens massa-histerie om die gebroeders se saak te sterk en die kinders gooi die heeltyd die bure se ruite stukkend (dit sal ons ook nie help om die polisie te bel nie). Lees 1984 (free books gutenberg pdf download) hoe Big Brother se mense voltyds die geskiedenis herskryf; alle geskrifte word verander en herdruk… Klink dit bekend?

andrea van vuren ·

Jaaaa!!! Ek kan net nie verstaan hoekom die Guptas so ‘n sterk houvas op Stortkop het nie?

PMB ·

Wat n grap….. ou cry baby! Die ANC sukkel om kwaliteit mense te werf. Hulle vervang een mislukking met n ander.

Hannalie Jonker ·

Die man is so onbevoeg soos zuma en amper die hele parlement. Skelm op skelm

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.