Oud-Eskom-hoof: ‘Ek is aangesê om Gupta-broer te ontmoet’

Brian Dames

Brian Dames, voormalige hoof van Eskom, het Woensdag gesê hy is deur ‘n raadgewer van Malusi Gigaba, minister van finansies, aan een van die Gupta-broers voorgestel.

Dames het tydens die parlementêre ondersoek na staatskaping gesê hy is tydens dié ontmoeting gedruk om steenkoolkontrakte aan die Gupta-familie toe te staan.

“Ek is deur ʼn ministeriële raadgewer gevra om met hulle te vergader,” het Dames gesê in antwoord op ʼn vraag van Natasha Mazzone, DA-LP.

Zukiswa Rantho, voorsitter van die portefeuljekomitee oor openbare ondernemings, het hom gepols om die naam van die minister en sy raadgewer te verskaf.

Dames het geantwoord dat dit minister Gigaba was en die raadgewer moontlik Siyabonga Mahlangu was.

“Hy het die vergadering gereël waarvan ek deel was; dit was ʼn baie vreemde vergadering.”

Dames het vertel iemand wat hy “aanneem een van die Gupta-broers is” het drie versoeke tydens die vergadering gemaak ná hy vir hom gesê het: “Ons dink ons kan saam met jou werk.”

Volgens Dames was sy antwoord aan Mahlangu dat hy in die vervolg nie dié tipe ontmoetings sal duld nie. “Ek het gesê: ‘Jy sal nie weer daai mense na my toe bring nie’.”

Dames was van 2010 tot 2014 uitvoerende hoof by Eskom. Gigaba was destyds minister van openbare ondernemings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Eish ·

Want daar is n parlementêre ondersoek na staatskaping by sekere instansies waarvan Eskom een is.

MANIE ·

My ook maar verdag dat hy nou eers vertel van die ontmoetings. Hoekom het hy nie daardie tyd dit bekend gemaak dat hy gedryf word vir kontrakte met guptas. Klink vir my asof hy hiermee homself onskuldig verklaar het.

Genieve ·

Eish te laat neh jy moet aan die begin gepraat het toe jy hulle ontmoet het.

Alida ·

Ja wel ‘n mens met integriteit sou onmiddellik ‘n rot geruik het en dit openbaar gemaak het. Ook seker lekker gespek aan die poeding.

Loeis ·

Dames was die ou wie R1000000 per maand gekry het by Eskom, en voordurend vir sy ‘ongelooflike bestuursvernuf’ geprys is. Dit is bitter ironies gegee dat Eskom soveel beurtkrag ingestel het, asook die feit dat Eskom se skuld met ‘n fortuin onder Dames se bestuur opgegaan het.

Dit klink asof Dames maar net rustig geoes het, en maar stilgebly het.

Nie dat mens eintlik oortuig is dat hierdie engige gevolge vir Dames of die Zuptas gaan he nie.

Lynnette ·

Mmmm… hy het self iets gekry … dis hoekom hy “toe” niks gesê het nie…. En dis die probleem met baie van die “vriende” van Zuma. Niemand kan juis vinger wys nie want sê een iets sê hy ook iets dan sit hulle saam inni tjoekie… EISH WêNA…

MM ·

Ek Verstaan julle mense nie – KLA as daar niks gedoen word nie – KLA as daar iets gedoen word – Dalk is die ou gedreig of voel hy dat hy nou uiteindelik kan praat noudat daar IETS gedoen word – Dankie vir jou eerlikheid – en JA nou verstaan ons ook hoekom Gigaba aangestel is as Minister van Finansies – zumpie ai man jy doen dan baie dinge verkeerd hoor – jou daggie gaan kom maatjie – gouer as wat jy dink – HA ha ha

Simmie ·

High 5 vir jou antw MM. Sy loyalty teenoor Eskom wat sy werkgewer was, sou ook bevraagteken word. Hyt nie in n vis en tjips winkel gewerk waar hy nie n kontrak gehad het om vertoulike inligting op die straat moet deel nie.

Dirk ·

Skip raak vol water die rotte raak benoud spring vroegtydig. Almal besef tyd by krip raak min.So sal ons almal vir ons veronskuldig

Speedguard ·

Hy het geensins erken dat dit inderdaad een van die Gupta broers was nie, hy het oor en oor geuig hy was nie bekend gestel nie maar slegs vermoed en nog steeds nie seker of dit een van die broers is nie, dit maak sy getuies so wyd oop soos die Here se genade!

marous ·

As jy ‘n brood steel omdat jy honger is word jy toegesluit . As jy biljoene by die belasting betaler steel word jy ‘n held .

Eugene ·

Laat ons iewer ons hoed vir die man afhaal wat ten minste die waarheid praat en ook bereid is om dit te sê soos dit is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.