Oud-fietsrykampioen aangeval en beroof

Vaughan Cronje. Foto: Facebook

Vaughan Cronje. Foto: Facebook

‘n Voormalige fietsrykampioen is in die intensiewe sorgeenheid van ‘n hospitaal in Durban, KwaZulu-Natal nadat hy van sy fiets beroof en verskeie kere met ‘n mes gesteek is, berig The Mercury.

Volgens die berig is die 59-jarige Vaughan Cronje Sondagaand in Westville aangeval toe hy stilgehou het nadat sy fiets se wiel probleme gegee het.

Cronje, wat in die 1992 die wêreldkampioen in sy ouderdomsgroep was, het verskeie beserings opgedoen. Sy een long is onder andere deurboor.

Michelle Mitchell, Cronje se dogter, het aan die koerant gesê haar pa sal nie meer aan volgende maand se Amateur Wêreldfietsrykampioenskap in Slowenië kan deelneem nie.

Cronje sterk in die hospitaal aan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Drieks ·

Hoekom kan die regering nie betaal vir die onkostes wat ons deur misdaad kry nie. Kan almal in ons land nie die regeering dagvaar nie. Ons gesin sit met duisende rande mediese onkostes en verloor nou inkomste ook tot my man weer kan sy werk doen. Wat sé die wet????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.