Oud-hoofbestuurder van die ANC sterf

ANC-se-vlag-deur-ANA

Foto: ANA

Die ANC het Woensdag die afsterwe van Ignatius Jacobs, die voormalige algemene bestuurder van die party by Luthuli-huis, betreur.

Pule Mabe, nasionale woordvoerder van die ANC, het sy afsterwe bevestig, maar nie verdere besonderhede bekend gemaak nie.

Die party het sy meegevoel met die familie betuig. “Ons hoop dat julle berusting sal vind in die wete dat sy lewe talle van ons aangeraak het en dat hy vir so baie van ons ʼn inspirasie was. Baie sterkte in julle tyd van hartseer en pyn.”

Jacobs laat sy vrou, Amelia, en kinders Olivia, Kaylene en Ernesto agter.

Die familie het versoek dat besoeke aan die huis, in die lig van die afsonderingsmaatreëls, beperk word. Slegs die nabye familie van Jacobs sal by sy begrafnis toegelaat word. ʼn Gedenkdiens sal ná die afsonderingsperiode gehou word.

Jacobs was onder andere tesourier-generaal van die ANC-jeugliga en lid van die Gautengse uitvoerende komitee. Hy het ook as LUR vir onderwys, maatskaplike ontwikkeling en vervoer in die Gautengse wetgewer gedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.