Gerald Morkel, voormalige premier van die Wes-Kaap en burgemeester van Kaapstad, is Dinsdag in die ouderdom van 76 oorlede.
Garth, Morkel se seun, het dié nuus Dinsdag bevestig.
Volgens Garth is sy pa vreedsaam ná ʼn siekte oorlede.
“Hy het vandag om 13:00 by die huis gesterf, omring deur gesinslede,” het hy gesê.
Morkel was ʼn Wes-Kaapse raadslid van die Demokratiese Alliansie. Hy het in 2011 amptelik uit die politiek getree. Meer inligting is nie in dié stadium bekend nie.
Innige meegevoel met jou gesin en vriende. Sterkte