Oud-koerantredakteur in hof vir laster

Ferial Haffajee

Ferial Haffajee

Ferial Haffajee, voormalige redakteur van City Press, moet Donderdag in die hooggeregshof in Johannesburg verskyn op aanklagte van laster.

Vier voormalige City Press-joernaliste, Mawande Mvumvu, Khanyiso Tshwaku, Muntu Vilikazi en Denvor de Wee, het reeds in Januarie 2014 die aanklagte teen haar aanhangig gemaak.

Die aanklagte hou verband met ’n voorval in Oktober 2013 toe Haffajee verlof geneem het nadat sy ’n brief aan personeel gestuur het waarin sy gesê het sy sal “nie langer op eierdoppe rondloop nie”. Sy het ook beswaar gemaak teen “naakte rassisme” by die koerant.

Die brief is op sosiale media versprei en die koerant se bestuur het aangekondig dat daar ’n interne ondersoek sal wees na die bewerings van rassisme.

Haffajee het destyds ook op Twitter uitgevaar. “Ek duld nie wit rassiste nie, so wat maak swart rassiste enigsins anders? Vandag trek ek ’n streep in die sand,” het sy gesê. “Dit is wat ek gister gesien het. Regte rassisme, vernietiging en kulturele meerderwaardigheid. Ek sal dit nie duld nie. Ek sal nie saam met rassiste werk nie.”

Die vier joernaliste beskuldig Haffajee daarvan dat sy haar aan laster skuldig gemaak het deur hulle rassiste te noem. Al vier dring aan op vergoeding van R3 miljoen elk van Haffajee en Media24 wat City Press besit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Chris ·

Klink vir my hier is iemand wat wil geld maak. Blankes loop gedurig deur onder swart rassiste en niks word daaraan gedoen nie terwyl blankes baie onregverdig beskuldig word dat hulle rassiste is

Kaufman ·

Die berig gee te min info oor omstandighede om n opinie hieroor te vorm.

jaco ·

Die vrou moet asseblief wakker word vir die onveranderbare realiteite van. SA. Een daarvan is dat swartes nie rassisties kan wees nie. Dis OK en reg vir hulle om lelik te wees met ander rasse. Indiërs, Kleurlinge en wittes moet dit maar net insluk en aanvaar want dit gaan NOOIT verander nie.

Denise ·

Dit klink vir my ook of die mense wil aftree en hoekom so kleinlik wees oor iets wat iemand se ag nee die howe gan besig bly met die rassisme wat nou sy kop uitgesteek het en wie het dit begin ? Kill the boer ek wonder nou net wat noem jy dit en dit word gereeld gese!!! Without prejudice!!!!

Ansie ·

Ek stem daar is te min inligting sou graag wou weet wat hulle haar aangedoen het of gese het. As sy grond het om op te staan wens ek haar voorspoed toe.

Gatvolverby ·

Ek kan nie glo wat ek lees nie..mens word aangekla as j rasisties is teenoor hulle maar hulle kan rasisties wees teenoor ons. Nou word mens aangekla net omdat mens hul rasisties noem?????!

Twakkie ·

Haar kop is reg aangeskroef, mens kan maar glo wat sy se. Lees gerus haar boek om kykie te kry in haar wereld. Die verwagtinge is verstommend onrealisties.

T ·

Ek ondersteun haar ek voel selfde. As mens net se moet asb nie melk by werk vat nie dan is jy rasisties en word aangekla, as hulle praat van ONS wit mense dan is dit ok, nie reg nie rasisme is rasisme either kant toe

poot ·

Verf jouself pers en dan jy ‘n rassis. hoe belaglik het hierdie aspek nie geraak nie. As ek sy is maak ek ‘n teen saak van kwaadwillige vervolging.

Tina du Toit ·

Hulle mag sê wat hulle wil, maar jy moet jou woorde sluk, want dit gaan jou kos. Skool kinders wat my kind uitskel as wit gemors, pak die onnies, val die ander kinders aan, maar daar word niks aan hulle gedoen nie. Dreig hulle gaan die witkinders met bomme opblaas in skool. Hulle kom absoluut weg met als en dit los `n bitter smaak in my mond.

Theresa ·

Sou my kinders summier daar weg gevat het na ‘n ander skool waar dit nie geduld sal word as enige kind ‘n ander so en spesifiek daarmee dreig en verneder nie.

Cherokee ·

As die berig die werklike basiese feite weergee is ek verbaas dat die hof toelaat dat tyd daarmee vermors word. Dan behoort die ‘klagtes’ nie eens ‘n hof te gehaal het nie.

Basson ·

Ek het baie respek vir Ferial Haffajee. Alles van die beste met die saak Ferial!

Mooi Skryf ·

Ek vermoed dat sy dalk eerder die verweerder is in ‘n sivielregtelike lasteraksie. Ek sal baie verbaas wees as sy in die Hooggeregshof op “aanklagte” van laster verskyn ( hoewel iets soos strafregtelike laster wel bestaan). Lê die probleem nie by die beriggewing nie?

Theuns ·

Ek kry nou idee. Hou jou sel- foon kamara byderhand. En as dit met jou gebeur dat jy uitgeskel word as n rassis strike jy dalk die jackpot!

You go girl ·

Alles van die beste wys die klomp, GEEN Rasisme sal geduld word nie. As jy so sterk voel het jy die regte bewyse, hier gaan vir die 3 narre lekker gelag word!!!! Laster nogal hehehe

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.