Oud-Koevoetlid se liggaam dalk gevind

Chris Barnard

ʼn Liggaam wat Dinsdag in ʼn veld buite Pretoria gevind is, is heel moontlik dié van die vermiste oud-Koevoetlid Chris Barnard (54).

AO Johan van Dyk, woordvoerder van die Sinoville-polisiestasie, het bevestig die liggaam is vroeër Dinsdag deur ʼn lid van die publiek in die Wallmansthal-omgewing net buite Pretoria gevind.

Volgens Van Dyk word daar vermoed dat dit Barnard is, maar DNS-toetse sal dit bevestig.

Barnard is in Desember die laaste keer in die Sinoville-omgewing in Pretoria gesien. Sy familie het hom op 7 Desember as vermis aangemeld en ʼn uitgebreide soektog na hom is van stapel gestuur.

Barnard se eksvrou het die private ondersoeker Mike Bolhuis aangestel om die polisie te help met die soektog. Bolhuis het gesê die liggaam is naby die Wallmansthal-weermagbasis gevind. Die liggaam was glo in ʼn duvet toegedraai. “Daar sal nou gewerk word om die verdagtes wat reeds in hegtenis geneem is positief met die liggaam wat gevind is te verbind.”

Die ontdekking volg nadat ʼn reusesoektog na Barnard van stapel gestuur is waartydens daar in bosse, spruite en op kleinhoewes na hom gesoek is.

Chris Barnard

Barnard, wat in Irak in die veiligheidsbedryf gewerk het, het in Desember vir ʼn kort vakansie na Suid-Afrika teruggekeer. Hy het vroeër aanlyn bevriend geraak met ʼn vrou wat nou by sy verdwyning betrek word.

Die ondersoek na Barnard se verdwyning het speurders na Vanderbijlpark gelei, waar ʼn vrou en twee mans sedertdien in hegtenis geneem is. Barnard se voertuig is by hulle gevind, asook sommige van sy persoonlike besittings. Daar is sedert sy verdwyning reeds duisende rande uit Barnard se bankrekening onttrek.

Die drietal verdagtes het reeds in die Pretoria-Noord-landdroshof verskyn op aanklagte van huisbraak en diefstal. ʼn Klag van moord is later ook teen Corné de Beer (33), Richardt Botha (35) en Wayne van der Walt (35) aanhangig gemaak, al was Barnard se liggaam nog nie opgespoor nie.

Die drie het geweier om te sê waar Barnard hom moontlik bevind en of hulle by sy verdwyning betrokke was. Hulle wou ook nie sê waar hulle aan sy voertuig kom nie.

Die verdagtes het tydens hul laaste hofverskyning verlede maand hul borgtogaansoeke laat vaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Agter die skerms..... ·

Wat word van die land – Chris Barnard RIV – die mense is agter tralies. Corne, Richardt en Wayne – wat het julle aangevang? Was als die moeite werd om ‘n mens se lewe te vat. Geld is ‘n euwel ‘n euwel.
Chris het in Irak in die veiligheidsbedryf gewerk het, het in Desember vir ʼn kort vakansie na Suid-Afrika teruggekeer en dit net om vermoor te word. Daar is nie meer plekke oor in die tronk nie ek vries eintlik net as ek daaraan dink.

Pieter J ·

Almal weet dat mense wat in Irak werk baie geld verdien. Dit saam met vroumense wat jy nie ken nie maar wat skielik in jou belangstel is ń dodelike kombinasie. Ek hoop nie hierdie gemors kry borgtog nie.

Branden ·

Ek het vir oom Chris Barnard persoonlik geken. Hy het my so tese groot gemaak. Hy is ‘n goeie man ge wees. Moet my nie verkeerd verstaan nie, gefrees was hy, mar hy het ook’ n goeie hart gehad. Ons sal vir oom ongelooflik baie mis. Sout van die aarde, hart van goud. ????

lollapot ·

Branden, my Hart gaan uit na jou, sy gesin, familie en vriende. Mag Hy in vrede Rus . . . SALUUT!

VanAfrika ·

Hekwag wat baat dit jou om te wil weet, baie dinge wat hy moes doen was dalk hoogs geheim, so dis nie jou besigheid nie.

Hekwag ·

Nou ja, dan’s dit seker maar soos hulle sê: “Live by the sword, die by the sword”

Niklaas ·

Mense moet baie versigtig wees vir “lewensmaats” wat gevind word op sosiale media soos Facebook. Sommige gebruikers het verskuilde motiewe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.