Oud-KP-leier oorlede

(v.l.n.r.) Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, Ferdi Hartzenberg en Pieter Mulder (voormalige leier van die VF Plus) (Foto: VF Plus/Facebook)

Die voormalige leier van die Konserwatiewe Party, dr Ferdi Hartzenberg, is Vrydag in die ouderdom van 85 in Lichtenburg in Noordwes oorlede.

Die VF Plus het sy innige meegevoel met Hartzenberg se afsterwe betuig. “Dr. Hartzenberg was onder andere oudminister en leier van die KP. Hy was ook ʼn uitstekende boer en dinamiese man. Hy het wedersydse respek afgedwing en was ‘n ongelooflike nederige man wat in billikheid en regverdigheid geglo het. Mag sy geliefdes vertroosting vind by ons Hemelse Vader,” het die party in ʼn verklaring gesê.

Hartzenberg het in 1982 saam met dr. Andries Treurnicht en ander NP-lede die Nasionale Party in 1982 verlaat om die KP te stig. Hy is as adjunk-leier van die nuwe party verkies. Hy het die leier van die KP geword ná Treurnicht se afsterwe in April 1993. Aan die einde van 2003 het die KP saamgesmelt met die Vryheidsfront en die Afrikaner Eenheidsbeweging om ’n nuwe party bekend as die Vryheidsfront Plus te stig. Hartzenberg het egter in daardie stadium uit die aktiewe politiek getree.

Hartzenberg laat sy vrou Judy, hul twee seuns en vier kleinkinders agter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Dries ·

Aag uiteindelik word sy dood oor berig. Nerens op TV was daar n enkele woord oor sy dood nie. Dit is n skande. Groot Godvresende nederige leier van die Afrikaner volk. RIV doktor die Afrikaner sal jou tenspyte van die liberale miskenning van jou grootheid , vir ewig onthou. Daar stap n man verby. N groot seder het geval

Albert Willem ·

Stem slegs Pretoria FM het dit uitgeaaai so ook onderhoud met Dr Pieter Mulder. Het hom leer ken toe ek in Lichtenburg werk lsaam was

Cherokee ·

Ek onthou Ferdi Hartzenberg en het hom ontmoet toe hy en ek (as voorsitter van ‘n tak van die HNP) in ‘n woord-wisseling betrokke geraak het op ‘n verhoog in ‘n klub in Blyvooruitzight. Al het hy die opposisie verteenwoordig (jý was, ek dink, nog NP gewees daardie tyd, Pieter) het dit my nie daarvan weerhou om hom as ‘n dinamiese spreker te beskou. As blote mens is dit reg om te simpatiseer met sy heengaan, maar wanneer dieper gedink word, weet ons hy slegs verhuis na dààr waar ons almal wil wees. Daar waar die woord ‘dood’ nie meer bestaan. Daar waar vir ons voorberei is deur die God van Liefde.

Cherokee ·

Terloops, aan gewese lede van die gewese KP-Party, my strikvraag was:
“Waarom het julle nà die stigting van die HNP, ‘n party (KP) gestig wat woordeliks, alhoewel anders verwoord) die HNP-konstitusie herskryf.” Die vaag bly onbeantwoord. Die moeiliker vraag is waarom nuwe lede niè dit wat ek vra, kon raaksien nie? Dit bewys weereens (wat ek oor die jare herhalend gesê het) mense lees nie konstitusies nie maar vertrou op die buurman om vir hulle te sê, waar en vir wat te stem.

pestilensie ·

Teen daardie tyd het die media reeds die geveg teen die HNP gewen. Geen doel daarin om by verloor party aan te sluit

annie ·

Dr Ferdi het geweet wanneer om uit te tree en ander weer ‘n kans te gee. Miskien, nee, beslis, is nuwe jong gesigte in Afrikaner-geledere nou nodig om die wa deur die rivier te stoot. Maar die ou ooms klouu…

Annatjie ·

Een van die min leiers met integriteit wat absoluut opreg en vir geregtigheid was. ‘n Groot boom het geval.

Nico ·

My innge simpatie aan die familie met die afsterwe van Dok. Hartzenberg, nog een groot stryder, Dok jy het hard gewerk om hierdie mooi land van ondergang te red, rus in vrede.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.