Oud-KPMG-vennoot moet sê oor Gupta-oudits

Ajay en Atul Gupta (Foto: ANA)

Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters (Saica) hou volgende week ʼn dissiplinêre verhoor vir Jacques Wessels, ʼn voormalige ouditvennoot van KPMG. Saica sal sanksies teen Wessels oorweeg.

Hy is deur die dissiplinêre komitee van die Onafhanklike Reguleringsraad vir Ouditeure (Irba) skuldig bevind op verskeie oortredings van die Wet op Ouditeure en die professionele gedragskode. Irba het Wessels in Maart van sy register geskrap ná hy skuldig bevind is aan wangedrag.

Wessels was die geregistreerde ouditeur vir KPMG wat verantwoordelik was vir die oudits van Linkway Trading, ʼn projekbestuursmaatskappy in die Oakbay-groep maatskappye wat die berugte Gupta-troue in 2013 gereël het. Linkway Trading was deel van ʼn groep maatskappye genaamd Islandsite Group wie se belangrikste aandeelhouers die Gupta-familie was. Wessels was die KPMG-vennoot vir Linkway Trading en meeste van die maatskappye in die Islandsite Group.

Aanklagte teen Wessels sluit in ouditwerk wat verband hou met transaksies vir die Gupta-troue wat in 2013 by Sun City gehou is. Dit sluit aanklagte in van dat hy die familie gehelp het om belasting te ontduik tot geldwassery.

Dit is die eerste saak wat spruit uit die Gupta Leaks om tot ʼn dissiplinêre verhoor en sanksie te lei ná Wessels in Julie 2018 voor Irba se dissiplinêre komitee verskyn het.

Wessels het skuld beken op al ses aanklagte van onbehoorlike gedrag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Johan ·

Wessels het groot foute gemaak. Maar hy is nou ten minste eerlik rondom dit. Dit het my beïndruk

Petro ·

Nee wat. Hy beïndruk my nog steeds nie. As hy nie destyds met sy hand in die koekie blik gevang is nie, sou hy nooit so ‘eerlik’ gewees het nie. Dis omtrent tyd dat hierdie klomp skelms aan die pen begin ry. Hoeveel werklike eerlike mense het hulle werk verloor by KPMG…?

Tino ·

Eerlik nou maar in my oë is dit so goed soos veraai.
Veraaier van die land wat af geteken het op plundery en nou is hy jammer. Moes nie by nou sê jammer uitgekom het nie, moes in 2013 gesê het jammer mnr Gupta ek kan nie die oneerlikheid afteken en goedkeur nie.

DV ·

Ons samelesing is heeltemal korrup. Edel inbors bestaan nie meer nie. Alles gaan oor geld.
Dis Ek en Ek alleen. Ek mag net nie uitgevang word nie.

Johanna Botha ·

Kan die mense asb terugkom en in n hof kom getuig en dan tronk toe gaan !

pvt ·

wat het JW met sy gedeelte gedoen.
Watter kerk is hier betrokke?

Servaas ·

Vat hul uit…ek dink aan die Mossad en soortgelyke instansies. SAkaners egter te ruggraatloos, want mamma wag tuis met n dop.

Ruiklont ·

Nou wat van die vele ander wat ook skuldig is, hoekom word net due een uitgelug?

Foxi ·

Arme man, met n volle verstand het hy geweet wat hy doen. Wat n verleentheid! Maar hoekom net hom stenig? Wat van die ander sticky fingers wat net niks oorgekom het nie?

Charl ·

Een vir een jy sal nie almal gelyk kan stenig nie. Gee kans ?

Lord Oom Piet ·

Wanneer begin die ondersoek teen Multichoice oor hul korrupte staatskaping verhouding met die Guptas?

Charlie ·

Daar gaan niks van kom nie.
Dit is reeds in die.openbare domain bekend dat bestuur van Multichoice bloedbande het met n baie hoog geplaaste, “korrupte” lid van die regerings elite.
“No names – No pack drill” maar die info is bekend.

KP ·

Sover is dit 90% net wit persone wat al aangekla word, verhoor of geskors word.
WAT VAN DIE ANDER???????

Gert van Wierdapark ·

Watse sanksies kan teen die Gupta-wasser ingestel word? Mag hy dan nie meer Lotto speel nie, of by Sun City en Waterkloof verbied word? Dit klink na n erge tugmaatreel, sjoe!

Leslie ·

Stem saam met Foxi. … Wat van die ander ook met sticky fingers. .. kom hul skotvry hiervan af …. of het hul “net in tyd ” bedank?

Leslie ·

Ek stem saam met Foxi. Wat van die ander wat sticky fingers het. Of het hul net intyd bedank?

lewies ·

Wanneer Mommon (geldgod) jou in sy mag kry, vernietig hy jou as individu. Hierdie keer is dit nie die afgod sport wat verhoudinge in SA gaan vernietig nie.

Paaries ·

…en die Guptas ? Wat van hulle? Gaan hulle dan ongestraf bly? Ek vermoed hulle het ‘n deuntjie te sing oor CR en dit is waarom hulle in vrede gelaat word met ‘n deel van die Staatspensioen fonds en goud en geld en steeds nog hulle kloue in SA se geldsakkie het. Maak ‘n mens woedend!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.