Oud-landdros neem strydbyl op vir mishandelde baba

Baba M. Die foto is digitaal gemanipuleer om haar identiteit te beskerm.

Baba M. Die foto is digitaal gemanipuleer om haar identiteit te beskerm.

Die verhaal van ʼn dogtertjie van 18 maande wat glo seksueel mishandel is en deur die “stelsel gefaal is”, het ʼn oud-landdros van Johannesburg genoop om die strydbyl op te neem om vir haar en ander kinders se regte te veg.

Karin Duffey, deesdae ʼn regsdosent, het aan Maroela Media gesê Baba M, ʼn skuilnaam wat gebruik word om die kind se identiteit te beskerm, is glo verlede jaar tussen die ouderdom van ses en nege maande deur ʼn kêrel van haar 23-jarige biologiese ma verkrag terwyl hulle in Middelburg in Mpumalanga gewoon het.

Sy vertel die ma het in die moeilikheid beland en het verlede jaar by ʼn  gesin in Kempton Park in Gauteng ingetrek. Die gesin het haar gehelp om ʼn werk te kry sodat sy weer op die been kon kom.

“Baba M se ma het haar op 6 Maart met ʼn plastiekhanger aangerand dat die houe merke op haar beentjies gelaat het,” het Duffey gesê. “Die polisie is ontbied, die ma is aangesê om die huis te verlaat en Baba M is in die sorg geplaas van die gesin wat toe al amper ʼn jaar lank na haar omgesien het. Die ma is egter nooit in hegtenis geneem nie. Baba M het ook geen behandeling of terapie ontvang nie, selfs nadat die seksuele molestering en aanranding onder die aandag gebring is van maatskaplike werkers wat met die saak werk.”

Baba M se been nadat sy aangerand was.

Baba M se been nadat sy aangerand was.

Ná die ma se eerste hofverskyning in die Kempton Park-kinderhof in Junie is Baba M eers in Julie deur ʼn mediese dokter ondersoek. Die dokter se verslag het bevestig dat daar voorheen penetrasie was.

Duffey het gesê die biologiese pa het eers in Augustus van die situasie gehoor nadat die ma uiteindelik sy naam aan die maatskaplike werkers gegee het. Sy het in Oktober van Middelburg na Kempton Park verhuis sonder dat sy hom daarvan ingelig het.

“Die pa het op 28 Augustus vir eerste keer in die kinderhof verskyn en die saak is tot 11 September uitgestel sodat hy regsverteenwoordiging kon bekom. Op 11 September het die landdros sonder enige vooraf waarskuwing aangedui sy gaan Baba M verskuif na wildvreemde mense, uit die sorg van die mense wat sy al die afgelope jaar lank ken.”

Duffey het gesê sy en ʼn prokureur het vir uitstel baklei, waarna die landdros die biologiese pa meegedeel het dat, met of sonder regsverteenwoordiging, Baba M op 15 September in ander mense se sorg geplaas gaan word.

“Ons wou dit keer want die kind is reeds erg getraumatiseer en dit is glad nie in haar beste belang om nou na wildvreemde mense geskuif te word nie. Ons kon eers op 14 September geld bymekaar kry om adv. Frik Swart van Pretoria se Balie aan te stel om namens die pa op te tree. Baba M is egter steeds die volgende dag in onbekende mense van Benoni se sorg geplaas.”

Duffey en Swart beplan om binne die volgende twee dae ʼn dringende aansoek in die hooggeregshof te bring om Baba M terug te plaas in die sorg van die gesin wat na haar omgesien het.

Duffey en talle ondersteuners, waaronder motorfietsklubs, is besig om fondsinsamelingsprojekte van stapel te stuur om geld in te samel vir regskostes wat nie net vir Baba M kan help nie, maar ook ander kinders in die land wat so iets oorkom. Meer inligting oor die fonds sal bekend gemaak word sodra alle nodige reëlings getref is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Landie ·

Pateties, mens kan dit nie ‘n regstelsel noem nie!! Hoe faal jy so kleinding wat alreeds so baie deurgemaak het. Mag daardie mense vergeet om asem te haal, sodat hulle vining van die aardbol verwyder word!!

Van ·

Watse monsters doen sulke goed aan kindertjies. dit breek my hart om die klein poppie te sien en te weet sys reeds verkrag. Ek het nooit kinders gehad nie, maar gee my diere die beste lewe en hier kom die gemors en verkrag so klein onskuldige dogtertjie. Hoop jy brand in die hel jou gemors. Wens ek kan haar vat en haar beskerm en die liefde gee wat sy verdien. Net God kan nog hierdie siekspul red.

anet ·

NEE Sny af wat hom pla. Hoe kan hy dit aan so ‘n ou klein dogtertjie doen? Gee hom aan ‘n klomp mammas, ons sal sy gal vir hom werk.

Magda ·

Dis siek verby, hoekom kry sulke mense kinders. Daar is so baie liefdevolle ouers wat smag na ‘n klein mensie
Ek sal graag ‘n tweede enetjie wil he maar dis nie altyd moontlik nie. Ek bid dat hierdie dingetjie in ‘n liefdevolle ourerhuis beland
Sluit daardie monsters toe en gooi die sluetel weg vir altyd

professioneel ·

Maklik om kritiek te gee, maar se my hoe gee ‘n mens terapie aan ‘n 18 maande oue kind? Jy moet hiper gespesialiseerd wees om dit reg te kry.

Theodeen ·

Ek het n knop in my keel soos ek hier deur lees. Daai arme kindjie. Hoe kry jy dit oor hart sonder om skuldig te voel om sulke wreedheid aan jou eie kind te doen. Al wat ek kan se is mag God met daai dingetjie wees.

ddt ·

Die landdros wat die arme baba in vreemde mense se sorg plaas is net so versteurd soos die ma en stiefpa. Ag nee sies man

Winston ·

Stem saam. Waar was sy? Moet aangekla word as medepligtige en verwaarlosing. Siek morsige ding. Dis nie n mens nie

Geraldine Dicks ·

Die maatskaplike regstelsel faal baie kinders. Dit kom net nooit in die lig nie. Hierdie is ‘n baie goeie voorbeeld. Ons sukkel al vanaf 2009 om ‘n kind wat nou 14 is geplaas te kry by die regte instansie. Vandag sit hy met soveel probleme en niemand doen iets daar omtrent nie. Hoop daarkom meer mense na vore met soortgelyke gevalle dalk sal iemand wel wakker skrik. GD

HEVW ·

Professioneel, baie maklik. Gee maar net geborgenheid, versorging en oorvloedige liefde.

Berhalet Beukes ·

In sulke gevalle sal dit werklik kosbaar wees as die regstelsel voorsiening maak om die kostes tersyde te stel sodat die belang van die kindjie werklik eerste kom!

Elmarie Pretorius ·

Ek is so DANKBAAR die is die beste Nuus. Ek soveel kinder verkragting en mishandeling sake wat mens alles groot ondersoek kom Hof dan word saak uitgegooi oor kinders TE JONK IS OM TE GETUIG IN MY OPINIE – Dit gee verkragters en molisteerders die “go ahead ” tot die misdaad – wat van die kinders wat so seer gemaak is. Hul sit met letsels en die skuldig is terug op straat SO DIE IS DIE BESTE NUUS OOIT EK IS 100% AGTER HUL. hoop ek kan hul kontak detail kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.